Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 158

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Oor die korrekte wysheid en versigtigheid

158 Een fariseër sê: “Majesteit en Heer, ons mag by die verdeling van ons skatte onder die armes dus wel, netsoos U sê, die korrekte wysheid en versigtigheid gebruik?”

[2] Ek sê: “Wat Ek eenmaal gesê het, is vir die ewigheid gesê; want hierdie hele sigbare hemel en hierdie aarde sal vergaan, maar My woorde ewig nooit.

[3] Ook al sou iemand iets buitengewoon goeds doen, maar op `n dom manier, dan het die daad geen waarde nie, omdat die goeie nie daardeur bereik word nie. As iemand iets goeds vir sy naaste wil doen, moet hy dit nie rugbaar maak en homself openlik daarvoor laat loof en prys nie, maar dit moet hy sodanig geheim hou, dat sy regterhand bykans nie weet wat sy linker doen nie, dan sal God, wat ook die mees verborgene sien, daardie werk met Sy seën beloon!

[4] Sou dit verstandig wees as julle jul skatte aan die tempel sou gee om dit onder die armes te laat verdeel? Die tempel sou julle daarvoor wel in die openbaar voor elkeen salig prys, maar die armes sou egter nie daarmee gehelp wees nie!

[5] Soek egter `n regverdige tussenpersoon, dit is vir julle die beste manier; julle naam bly onbekend, julle systap die lof en eer van die wêreld, en die armes is die beste gehelp! Want dit is beter om by `n regverdige tussenpersoon `n voorsiening in die lewe te roep vir baie armes, vir die korrekte doel, in die korrekte maat en volgens die korrekte behoefte, as om `n arme op één slag baie geld in hande te gee; want dit sou die arme, reeds baie deemoedig geworde mens baie maklik hoogmoedig maak en sy geduldige en aan God heilige siel bederf.

[6] Maar so `n tussenpersoon kan julle baie maklik vind. Ek kan julle hier wel vyf aanwys. Neem byvoorbeeld Nikodemus of Josef van Arimatea, of vriend Lasarus of die herbergier uit die dal van Benede Bethanië of die naas hom staande herbergier van die groot herberg aan die grootpad by Bethlehem.

[7] En so het Ek julle nou ook hierdie weg gewys; as julle familie dit te druk kry, dan sou ook hulle die beste by hulle `n noodsaaklike en Myself welgevallige onderdak vir liggaam en siel vind.”

[8] Die fariseërs sê: “Majesteit en Heer, ons dank U dat U ons ook hierdie raad gegee het! Vandag nog ten dele, maar baie seker op die eerste dag na die Sabbat sal dit uitgevoer word! O, deur hierdie raad van U het `n swaar klip van ons hart geval! Ja, nou is dit vir ons nie moeilik om alles uit te voer nie!

[9] Wat dink U daarvan, Majesteit en Heer, as ons elkeen van die genoemde vriende `n deel van ons skatte gee, sodat één persoon nie te swaar belas word met die werk vir die armes nie?”

[10] Ek sê: “Dit hang nou van julle af; die één is netso goed soos die ander!”

[11] Daarmee was beide nou heeltemal bekeerde fariseërs volledig tevrede, hulle gaan na die vyf wat genoem was en pleeg oorleg met hulle.

[12] Toe kom ook beide Leviete na My toe en sê: “Majesteit en Heer, wat sal ons nou doen? Ons vermoë is nog klein, en wat ons besit het ons geërf en is sodoende `n regmatige besit. Maar as ook ons U mag volg, dan sou ook ons wil doen wat beide owerstes doen.”

[13] Ek sê: “Dit staan julle vry. Maar kyk na hierdie eerste leerlinge van My, hulle het ook `n baie regmatige besit tuis en hulle het vroue en kinders, - hulle het terwille van God se ryk alles verlaat en het My gevolg! Dit kan julle ook doen!

[14] Maar Ek sê tewens vir julle: Die voëls het hulle neste, en die vosse het hulle gate; maar Ek, wat op hierdie aarde liggaamlik ook `n Menseseun is, het nie soveel in eie besit dat ek daarop My hoof sou kan neerlê nie.”

[15] Beide Leviete sê: “En tog is die hemel U troon en hierdie aarde die voetbank onder U voete!”

[16] Ek sê: “Dit het nie julle vlees, maar julle innerlike gees julle ingegee! Bly in die besef en die geduld, dan sal julle maklik die innerlike vervolmaking van die lewe bereik! Gaan julle dus ook maar, en pleeg net met Lasarus oorleg!”

[17] Die raad volg beide leviete dadelik op en gaan na Lasarus.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205