Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die werk van die natuurgeeste by die vorming van metale. Die geheim van die wonderwerk

16 (RafaEl): “Kyk, jy sien die stof waaruit volkome suiwer goud bestaan, beslis nie as onderdeel van hierdie lug daarin rondswewe nie, maar ek sien die stof wel en kan dit heel goed onderskei van die talloos vele, ander stowwe. Omdat ek dit egter wel kan en ook my wil ooreenkomstig op dieselfde manier na alle rigtings kan uitbrei, daarom kan ek ook die suiwer goudstof wat in die lug aanwesig is, ineens tot `n sigbare hoop saamtrek, of ek kan ook net so maklik bewerkstellig dat dit sigself tot `n willekeurige vorm, netsoos byvoorbeeld `n drinkbeker, saamvoeg en dan sal jy onmiddellik `n willekeurige groot goudhoop of `n goue beker voor jou sien en daardie goud sal nie `n sogenaamde waardelose, wonderbaarlike goud wees nie, maar netso natuurlik as die goud wat die mense uit die berge delf, van vreemde stowwe skei en vervolgens in die vuur smelt en dan allerlei kosbare dinge en voorwerpe daarvan vervaardig.

[2] Want bepaalde natuurgeeste, in die materie van die berge wat die meeste verwant is met die goudstof wat vry in die lug aanwesig is, is in staat deur hulle baie geringe intelligensie en die daarmee verbonde wilskrag - wat die aptekers aantrekkingskrag noem - die vrye goud uit die lug na hulle toe te trek en as dit `n paar honderd jaar agtereenvolgens gebeur, sal daar op so `n plek baie goud sigbaar word.

[3] Dat so `n opeenhoping van goud in die natuur maar baie langsaam plaasvind, word veroorsaak deur die baie geringe intelligensie en die net so geringe wilskrag van die bergnatuurgeeste, wat hulle in `n noodsaaklikerwys, geoordeelde toestand bevind.

[4] Maar ek, as volkome vrye en volmaakte gees, voorsien van ontelbare en onmeetbare hoogste intelligensies, met daarby die volledige wilskrag uit God, kan dit nou binne `n oomblik bewerkstellig - netsoos ek dit al laat sien het - wat die eensydige swak intelligente en netso in hulle wil beperkte natuurgeeste slegs geleidelik tot stand kan bring.

[5] Let nou goed op hoe ek so `n wonderwek vir jou tot stand bring! Terwille van jou, sal ek die wonderwerk stadig laat gebeur, sodat jy makliker kan konstateer hoe die goud homself uit die vrye lug presies op jou hand sal versamel. Kyk, ek wil dit nou en reeds sien jy op jou handpalm `n dun lagie goud! Let maar op hoe die goud homself vermeerder! Nou word jou handpalm reeds deur `n aansienlikee skyf goud bedek. Daarbo begin hom nou `n sierlik gevormde rand te verhef. Hy bly groei en kyk, jy het nou binne enkele oomblikke al `n kant en klaar beker van suiwer en - sê maar - baie natuurlike goud in jou hand, wat alleen deur die mag van `n volmaakte gees weer in sy oerstof ontbind kan word, wat `n ander krag in die natuur nie so maklik mee sal slaag nie. Ek sal hierdie beker by jou laat netsoos hy is en jy kan hom verkoop of deur `n goudsmid in iets anders laat verander, of ook bewaar.

[6] Jy het nou gesien hoe ek op `n stadige manier vir jou `n wonderwerk gedoen het, maar strek nou jou ander hand uit, dan sal ek in `n oogwenk net so `n wonderwerk vir jou doen! Kyk, ek wil en nou het jy oombliklik `n heeltemal identiese beker in jou linkerhand!

[7] Netsoos ek dit deur my innerlike krag kan, so kan ek ook al die ander, wat ek vir al die gaste geskep het. Maar daarom hoef jy hierdie gaste nie die maaltyd te skenk nie, want dit is almal ryk handelaars en hulle moet betaal vir wat hulle geëet en gedrink het. Daarna sal hulle baie gou weer na hulle kraampies gaan, wat nou nog afgesluit is, en die kopers deur hulle geskreeu lok. Laat jou dienare nou die geld insamel!”

[8] Daarop roep Lasarus sy dienare en sê dat hulle van elke gas nie meer as `n silwerstuk moes neem nie. Die dienare doen dit en elke gas betaal graag die verlangde muntstuk en bedank bowendien nog vir die goeie versorging en almal vra toestemming om vanaand en ook die volgende twee dae te mag terugkom, wat hulle natuurlik heel vriendelik deur Lasarus toegestaan word.

[9] Toe die vele gaste hulle daarna vanaf die berg na die stad begewe, wil die dienare netsoos altyd die tafels afdek. Maar RafaEl sê vir hulle dat hulle die werk nie hoef te doen nie, want as dieselfde gaste vanaand sou terugkom, hoef hulle niks anders te doen as om die rekening na die aandmaaltyd vir hulle aan te bied en daarna weer alle tafels net soos nou gedek te laat staan. Daarby bly dit dan ook en die volgende twee dae word al die vele gaste van spys en drank voorsien, sonder dat Lasarus ook maar `n vis, `n stuk brood of `n beker wyn van sy voorraad hoef te gebruik.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205