Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

`n Snelheidswonder van RafaEl

164 Die fariseërs sê: “Ons dank U, o Heer, vir hierdie besonder suiwer, ware les; dit was vir ons beter as die vreeslike teken wat ons gemoed met te groot angs vervul het. Ons sal U heilige raad opvolg, sover ons krag reik. Maar omdat die dag vanaf nou nog maar enkele ure sal duur, sal ons onsself nou na die stad begeef en vandag nog ons sake in orde kry, wat ons skatte en ons families betref, sodat ons môre op die Sabbat reeds by U kan wees.”

[2] Ek sê: “As dit julle volkome erns is, bly dan maar hier, dan sal dit nog baie anders gereël word! Ek sal My jeugdig uitsiende dienaar opdrag gee om alles vir julle te reël en julle families na Betánië na die huis van Lasarus te bring en al julle skatte hierheen; hy sal dit baie vinnig uitstekend in orde bring. - Is julle dit daarmee eens?”

[3] Die fariseërs sê: “Ja, Heer, as dit moontlik is, dan sal dit wel baie goed vir ons uitwerk!”

[4] Ek sê: “By God is alle dinge moontlik! En waartoe My dienaar in staat is, het hy julle al vroeër laat sien. Maar gaan praat self met hom!”

[5] Die fariseërs sê: “O Majesteit en Heer, praat U liewer met hom, dan sal alles baie beter gereël wees as wanneer ons hom moontlikerwys onhandige, onverstandige raad sou gee!

[6] Ek sê: “Nou goed dan, omdat julle dit in julle hart insien en wens, sal Ek dit ook doen.

[7] Ek roep Rafael nou en gee hom innerlik `n aanwysing om alles uit te voer.

[8] RafaEl vra aan die fariseërs binne welke tyd hulle dit gedoen wil hê.

[9] En die fariseër sê: “O beste dienaar van JaHWeH, dit laat ons heeltemal aan jou oor! As dit egter voor vanaand sou kan gebeur, sou dit natuurlik baie goed vir ons uitwerk; want môre is die Sabbat, waarop mens niks kan en mag reël nie.”

[10] RafaEl sê: “Wat sou julle daarvan sê as ek julle saak nou al nougeset gereël het?”

[11] Die fariseërs sê: “Hoe sou dit kan? Jy was immers geen oomblik afwesig gewees nie! En hoe sou ons families nou al in Betánië kan wees? Hulle het meer as `n uur nodig om deur die groot stad te loop en vanaf die stad neem die weg vir mense wat geen sterk bene het ook ruim twee uur in beslag, volgens Romeinse tyd! So-iets kan dus wel as suiwer onmoontlik beskou word!”

[12] RafaEl sê: “Ek het egter al `n paar uur gelede geweet dat dit sou gebeur, en ek het julle families reeds met korrekte aanwysings gelei, en hulle is nou al ongeveer `n halfuur gesond en wel in Betánië; julle skatte is reeds in hande van hulle wat julle self op raad van die Heer daarvoor aangewys het, en sodoende is alles al gereël.

[13] Om julle self egter vir `n deel daarvan te oortuig, kan julle met my na die hut gaan en kan julle die gedeelte in oënskou neem waarvoor Nikodemus gaan sorg!”

[14] Daarop gaan beide fariseërs en die twee leviete saam met RafaEl na die hut en vind hulle welbekende skatte in goeie orde op `n tafel wat daar was.

[15] Toe hulle dit sien, slaan hulle hulle hande van verbasing ineen en sê (die fariseërs en Leviete): “Ja, ja, hier heers God se krag! Dit is dinge wat geen mens kan doen nie! Maar, aanvallige dienaar van die enigste ware, almagtige God, sê ons eens op welke manier dit moontlik was?”

[16] RafaEl sê: “Op presies dieselfde manier as wat ek julle al vroeër baie duidelik en goed laat sien het! Want deur my gedagte, verenig met my wil, wat weer heeltemal God se wil is, gelyk te stel met myself; kan ek daardeur oral werkend aanwesig wees. Wie dit kan, is Elohimgelykend volmaak in sy innerlike lewe.

[17] So is God ook, persoonlik as wese in persoon slegs Eén, nou hier in die persoon van die Heer volkome aanwesig, en bevind Hom verder nêrens in die hele oneindigheid nie. Maar Hy is deur Sy wil en deur Sy kristalhelder gedagtes tog in die hele oneindigheid volledig werksaam verteenwoordig. As dit nie so was nie, was daar geen aarde, geen maan, geen son en was daar geen sterre en dus ook geen ander skepsele daarop en daarin nie. Want alle hemelliggame en hulle skepsele is van die alfa tot die omega, gedagtes en idees wat deur Sy wil vas en onveranderlik vasgehou word, wat hy in die mens tot selfstandige wesens omvorm, en wel so, dat hulle in alles volledig aan Hom gelyk sal wees, - wat natuurlik `n werk van Sy Liefde en Sy ewige Wysheid is. Nou het ek julle vertel hoe die sake staan, en gaan ons hier weg!”

[18] Daarop kom al vyf weer na benede, en `n fariseër gaan na Nikodemus en deel hom mee wat daar in die hut is.

[19] Maar Nikodemus antwoord hom: “Vriend, ek het dit al gehoor, en volgens die raad van die Heer sal alles sekerlik op die beste manier gebeur! Maar laat ons nou almal weer rustig wees; want die Heer gaan nogmaals iets doen wat Hom binne Sy orde vir vandag noodsaaklik skyn!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205