Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die uitstuur van die sewentig arbeiders as bodes van die Verlosser.

Evangelie van Lukas, Hoofstuk 10

166 Nikodemus roep dadelik sy aanwesige dienare en stuur hulle na benede om voldoende brood en wyn te bring. Hulle gaan so vinnig moontlik na benede en bring voldoende brood en wyn, netsoos wat aan hulle opgedra was.

[2] Toe daar op hierdie wyse voor gesorg was, roep Ek die nog steeds aanwesige sewentig arbeiders na My toe (Lukas. 10:1) en sê aan hulle: “Hier is brood en wyn! Neem, eet en drink en versterk julle; want hierna sal Ek julle voor My uitstuur na stede, markte en dorpies om die mense voor te berei op My koms! Maar eers moet julle eet en drink; dalk sal Ons verder spreek oor hierdie belangrike saak!”

[3] Die geroepenes neem brood en wyn en versterk hulle.

[4] Toe hulle daarmee klaar was, bedank hulle en één uit hulle midde sê: “Nou, Majesteit en Heer, is ons gereed om van U die aanwysings te ontvang wat U ons barmhartig sal wil meedeel! U wil geskied; dit alleen sal voortaan die enigste krag wees van waaruit ons sal handel!”

[5] Ek sê: “Wel goed dan! Kyk, die oes is groot, die veld met ryp vrugte strek hom oor die hele aarde uit; maar daar is altyd nog maar weinig arbeiders! Vra daarom aan die Heer van die oes of Hy vele arbeiders in Sy oes wil uitstuur.” (Lukas 10:2)

[6] Die spreker sê: “Ja, Heer, daarom vra ons U ook; want U alleen is Heer van die oes.”

[7] Ek sê: “Gaan dan twee twee na alle plekke van die Judese land, en ook na die land van die Samaritane!

[8] Ek stuur julle as lammers onder die wolwe, wat julle egter nie hoef te vrees nie; want My krag sal julle moed gee teenoor hulle. (Lukas 10:3) Dra daarom geen beursie, geen sakke, geen stokke, geen skoene aan die voete, en ook sal julle nie twee oorklede dra nie! Wees ernstig en daarby tog sagmoedig! Groet ook niemand op straat nie, verlang egter ook nie dat iemand julle groet nie *(het betrekking op die uitgebreide begroetingsritueel wat in dié tyd as eerbetoon vereis was); want julle is immers almal gelyke kinders van één en dieselfde Vader in die hemel! (Lukas 10:4) Slegs één is julle Majesteit en Heer, maar julle is almal broers. Laat julle groet die ware wedersydse broer- en naasteliefde wees; wat minder of meer is as dit, is uit die bose! Mense sal kan sien dat julle waarlik My leerlinge is weens die feit dat julle mekaar wedersyds liefhet, netsoos ook Ek julle liefhet.

[9] As julle in `n stad of dorp `n huis binnegaan, sê dan: “Vrede is in die huis!”(Lukas 10:5) As `n kind van die vrede homself daar bevind, dan sal ook julle vrede op hom rus; waar dit egter nie so is nie, sal julle vrede weer na julle toe terugkeer. (Lukas 10:6) Waar julle vrede sal vind, in daardie huis moet julle bly, en eet en drink sonder angs of gewetensbesware wat mense julle sal voorsit! Want as julle as arbeiders vir God se ryk in `n huis is, dan is julle ook, netsoos elke ywerige arbeider, julle loon werd.

[10] Waar twee van julle êrens in `n huis opgeneem is, bly dan ook in daardie selfde huis en gaan nie vanweë die versorging van die een huis na die ander nie; want dit is nie passend nie, want julle kom nie as één of ander arbeidsku bedelaar in `n plek of in `n huis nie, maar as `n ryk begiftigde oorbringer van My woord en daardeur as die bringer van die ware ryk van God en Sy ewige seën. (Lukas. 10:7)

[11] Selfs as julle in `n stad kom waar merendeels heidene woon en mense sou julle daar in `n heidense huis gasvry opneem, dan moet julle ook daar bly en eet wat mense op tafel sit! Want wat die mond ingaan, verontreinig die mens nie, maar wat die mond uitgaan dit verontreinig die mens, - netsoos Ek julle al op die Olyfberg duidelik laat sien het waaruit dit bestaan, wat die mond uitgaan en die mense verontreinig. (Lukas. 10:8)

[12] As julle egter in `n stad of in `n ander plek kom waar julle in geen enkel huis onderdak gegee word nie, gaan dan na buite in die vrye stegies en op die strate en sê: “Ook die stof wat hom in julle stad aan ons voete geheg het, skud ons op julle terug! Maar weet wel dat die ryk van God, deur ons, naby aan julle was!”(Lukas. 10: 10-11)

[13] Ek sê egter vir julle, dat dit op die dag wat Ek julle op die Olyfberg getoon het, die stad Sodom draagliker sal vergaan as so `n stad wat julle nie sal wil aanneem nie! Wee, Gorasin, wee Betsaida! As dit wat daar by julle gebeur het, in Tirus en Sidon gebeur het, dan sou hulle in sak en as boete gedoen het; daarom sal dit vir Tirus op die dag van die oordeel draagliker gaan as met julle! En jy, Kapernaum, tot in die hemel verhewe, sal in die hel neergestoot word!” (Lukas. 10:12-15)

[14] Toe sê sommige van my eerste leerlinge onder mekaar: “Hoor tog eens hoe Hy nou weer ywer teen die stede wat Hy reeds eenmaal in Kis by Kisjonah ook al met soveel vuur gedreig het! Dit is wel waar dat Hy daar, wat die hele plek betref, die minste geloof gevind het; maar sommige het Hom tog aangeneem en as te ware Seun van God en bemiddelaar van die Judeërs wel erken! Onsself hoort tog ook by Kapernaum! Dit is tog merkwaardig wat Hy op sommige dae met Kapernaum het!”

[15] Ek sê aan die leerlinge wat hulle so verwonder: “Wat mompel julle tog onder mekaar? Wat is Gorasin, wat Betsaida, en wat Kapernaum? Dit is hulle wat My leer nie wil aanneem nie, en ondanks alle tekens nie glo dat Ek die beloofde Messias is wat in hierdie wêreld gekom het nie! Ek het julle tog ook al `n keer voor My uitgestuur na die stede en ander plekke, en hoe het hulle julle in die plekke opgeneem? Julle het vuur uit die hemel oor hulle afgeroep! Kan julle jul dan nou daaroor verbaas dat Ek by hierdie geleentheid, nou Ek ook weer leerlinge voor My uitstuur in die wêreld van die gruwel, juis weer daardie gesegde herhaal, sodat ook hulle sal weet hoe hulle hulleself teenoor sulke mense moet gedra wat Ek nou aandui met die name van die stede, waar dit gladnie met julle goed gegaan het nie?!

[16] Daarom sê Ek nou aan julle almal, en nie alleen aan hierdie sewentig nie: Wie julle hoor, hoor ook vir My; wie julle verag, verag ook vir My. Wie My egter verag, verag seker ook Hom wat My in hierdie wêreld gestuur het; want Ek en Hy is één.”

[17] Daarop strek Ek My hande uit oor die sewentig en sê: “Neem aan die mag van My wil! As julle by allerlei siekes en gebrekkiges sal kom, lê hulle dan die hande op in My Naam, dan sal dit beter met hulle gaan! As julle by mense kom wat deur duiwels (onreine geeste in die vlees) besete is, gebied hierdie dan ook in My Naam, dan sal hulle die liggame van hulle wat gepla is, verlaat en daarheen gaan waarheen julle wil dat hulle gaan!

[18] Ek gee julle ook mag oor die kwade geeste in die lug, oor die in die water en oor die bose geeste in die spelonke van die aarde. Verder gee Ek julle mag om op skerpioene te trap en oor slange te gaan, en ook om elke vyand van julle te verdryf, en niks sal in staat wees om julle kwaad te doen nie.

[19] Wees ook nie bang om in die nag onderweg te wees nie, en moet geen angs vir storms hê nie, vir bliksems en donder; want ook daaroor kan julle gebied, en die kwaadaardige gediertes van die bosse en die woestyne sal voor julle oë vlug. En so toegerus kan julle nou wel van hier af weggaan, gekleed netsoos julle nou is.

[20] Maar onthou ook nog die volgende: Vir niks het Ek julle dit alles nou gegee, netso moet julle dit aan die mense wat waardig daarvoor is, weer uitdeel; maar aan menslike varke moet julle hierdie pêrels nie toewerp nie! En staan nou op en gaan waarheen die Gees julle sal lei!”

[21] Daarop bedank al sewentig My vir die groot barmhartig­heidsgawe en vertrek twee twee in alle rigtings.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205