Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die taak van die sewentig uitgestuurdes

167 Toe die fariseërs en ook die bekende Judese Grieke dit sien, kom hulle na My toe en sê: “Heer, ons glo tog net so vas in U as diegene wat U nou uitgestuur het, en ons ken U leer nou ook volkome! Wil U ons dan nie ook so vir U in die wêreld uitstuur nie?”

[2] Ek sê: “Julle sal ook nog wel aan die beurt kom; maar vir die oomblik is hierdie sewentig voldoende. As Ek verhoog is en opgevaar het, sal ook julle en nog vele ander uitgestuur word om aan alle mense die evangelie van God se ryk te verkondig; bly nou egter as getroue getuies van My woorde en dade by My, want hier is julle netso nodig as die uitgestuurdes nou elders.

[3] Die nagtelike teken van eergisternag is in die verre omtrek deur baie mense gesien en hulle sit nog in groot angs omdat hulle nie die betekenis van die magtige verskynsel ken nie. Wanneer die uitgestuurdes by hulle sal kom, sal hulle die bedroefdes en bekommerdes ware troos bring. En kyk, dit is `n belangrike rede waarom Ek reeds vandag die sewentig manne uitgestuur het! Begryp julle nou die groot, wyse planne van die Vader in die hemel?”

[4] Toe hulle dit gehoor het, was hulle tevrede en vra daarna op die heuwel verder niks meer nie.

[5] Daarop kom Lasarus na My toe en vra My: “O groot, mees geliefde Vriend, Majesteit en Heer van alle mense, kyk, die son sal al taamlik vinnig ondergaan! Wil U gedurende hierdie nag hier bly of gaan U tog weer terug na my Olyfberg? Mog, wat my hartewens is, die laaste die geval wees sodat ek dadelik iemand daarheen stuur om my mense te sê dat hulle maatreëls vir ons moet tref.”

[6] Ek sê: “Ons sal almal eers gedurende die nag na jou Olyfberg terugkeer; want nou by daglig sou Ons aankoms maar al te vinnig en maklik deur die tempeldienaars ontdek word. Wat egter Ons liggaamlike versorging aangaan, sal Ons hier nog wel baie goed versorg word; want ons vriend Nikodemus het immers ook `n groot herberg en `n groot woonhuis. Daarom sal Ons eers teen middernag in alle stilte na jou Olyfberg gaan, sodat niemand hom vir Ons sal vererg nie!”

[7] Met die antwoord was Lasarus tevrede.

[8] Ek gee RafaEl egter opdrag, om nou vir ons jong mense te sorg, omdat hulle al bietjie hongerig was.

[9] Toe opper Nikodemus, of dit nie makliker was om hulle in die herberg `n behoorlike maaltyd te gee nie.

[10] Ek sê: “Laat dit maar; My dienaar weet wel wat hy nou moet doen! Dit sal alles baie goed gaan en so is dit dan ook!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205