Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Heer lê die tweede hoofstuk van Jesaja uit

171 Na hierdie aanwysing van My staan elkeen op, en ons gaan vinnig na benede na die dorp, en wel na die huis van Nikodemus, om dit volgens sy heimlike wens te seën. Toe Ons Onsself in sy huis bevind, hoor Ons baie gou `n groot lawaai op die markplein, en ons Agricola vra dadelik op `n diktatoriale driftige toon wat daar buite op die mark aan die gang was.

[2] Ek sê: “Vriend, solank Ek by jou is, is daar nouliks rede vir jou om so-iets te vra! Weet jy dan nog nie welke mag My altyd ten dienste staan nie?! Bowendien weet Ek immers alles wat daar in die hele oneindigheid gebeur; maak jou daarom nie meer oor sulke dinge bedruk nie, in elk geval nie in My teenwoordigheid nie!”

[3] Agricola sê: “O Heer, ek dank U vir hierdie teregwysing! Ek sal in die vervolg baie goed daarop let; want daardie opvlieëndheid in sulke gevalle is en bly nog steeds my vernaamste fout. Ek dink, o Heer, nou baie gereeld aan die deur U aangeprese geduld, en ek wil my dit dan ook heeltemal eie maak; maar wanneer ek so opeens in versoeking gebring word, steek my ou sonde dadelik weer die kop uit. Maar van nou af aan moet vir altyd `n einde daaraan kom!”

[4] Ek sê: “Dit is baie goed! Die bedoeling is goed, hoewel jy nog `n aantal keer in jou ou sonde sal verval.

[5] Maar bring nou die boek van die profeet Jesaja hier; daaruit moet Ek julle `n belangrike gedeelte duidelik maak!”

[6] Daarop bring Nikodemus die boek na My toe en Ek slaan dadelik in Jesaja die tweede hoofstuk op en lees dit as volg vir alle aanwesiges hardop voor:

[7] "Dit is wat Jesaja, die seun van Amos, oor Juda en Jerusalem gesien het: In die laaste tyd sal die berg waarop die huis van JaHWeH staan seker hoër wees as alle berge en hy sal bo alle hoogtes verhewe word, en alle heidene sal daarheen gaan."(Jesaja 2:2)

[8] Toe vra Nikodemus en beide fariseërs: “Majesteit en Heer, waar is dan die berg van die Heer waarop Sy huis staan?”

[9] Ek sê: “O kyk net hoe wêrelds en sintuiglik ingestel en hoe vol materie julle nog is! Is Ek nie die berg van alle berge waarop die ware huis van God staan nie? Maar wat is die baie gerieflike huis? Dit is My Woord, wat Ek reeds deur al die profete tot julle, Judeërs, gedurende `n aantal eeue gespreek het en nou Self deur die mond van `n Menseseun spreek. Ek is dus die berg, en My woord is die gerieflike huis op die berg, en daar om Ons heen staan die heidene uit alle dele van die aarde, wat hierheen gekom het om die berg te sien en in sy baie ruim huis te gaan woon.

[10] Maar vir die Judeërs, netsoos wat hulle nou is, is dit werklik die laaste tyd, omdat hulle die berg en sy huis vermy en die leiers selfs gedreig om dit te vernietig. - Begryp julle nou dié vers?”

[11] Almal sê: “Ja, Heer, dit is nou volkome duidelik vir ons; maar die hoofstuk het nog meer verse, wat vir ons nog lank nie duidelik is nie! Heer, lê ons dit nog verder uit!”

[12] Ek sê: “Wees maar geduldig; want `n boom val nie met die eerste slag nie!

[13] Maar Jesaja spreek as volg verder: “Vele volkere sal (dit wil sê in die toekoms) hulle op weg begeef en sê: Kom, laat ons die berg van JaHWeH opgaan na die huis van die God van Jakob, sodat Hy ons Sy weë sal leer, waarna ons dan op Sy bergpaaie gaan; want van Sion sal die wet uitgaan en van Jerusalem Sy woord!”(Jesaja 2:3)

[14] Dat hier onder Sion (Z”e on - Hy wil) eweneens die berg, dus die Heer of Ek, en onder Jerusalem die huis van God op die berg, dus My woord en My leer verstaan moet word, vir nou en altyd, sal daar tog nou wel geen twyfel meer daaroor bestaan nie.

[15] Maar wie is nou die volkere, wat sê: “Kom, laat ons op die berg van die Heer, dit wil sê na die Menseseun of goddelike Mens gaan en na die huis van die God van Jakob, sodat Hy ons Sy weë leer en ons dan op sy bergpaaie wandel!”?

[16] Kyk, hierdie volkere is die mense, wat hulle in die toekoms tot My sal bekeer, hulle wat My woord hul eie sal maak en My wil sal doen; want My woord toon immers die weë tot die lewe, en die bergpaaie is My wil wat deur die woord aan die mense meegedeel word, waarvan die streng opvolging beslis veel moeiliker is as maar net die suiwer luister na My woord, netsoos dit ook beslis veel makliker is om op `n breë en gladde weg te gaan, as op smal en dikwels baie steil bergpaaie.

[17] Maar wie in homself op die hoogste van alle berge wil kom en daar in My lewende woord, wat God se huis op die berg is, moet nie maar net die vlak weg wat na die berg lei volg en daarop bly staan nie, maar moet ook die smal, dikwels baie steil bergpaaie opgaan; want slegs daarlangs kom hy heeltemal op die berg en daar in God se lewende huis.

[18] Wat dit beteken, het Ek al vir julle uitgelê, netsoos ook wat die profeet eintlik onder Z”e on en onder Jerusalem begryp wil hê; daarom sê hy ook dat uit Z”e on die wet, dus My wil kom, en uit Jerusalem, of natuurlik gesien uit My mond, My woord.

[19] Wie dus My woord, wat Ek te alle tye deur die profete tot die mense gespreek het, hoor, aanvaar en daarvolgens leef, die kom daardeur tot My en dus ook tot die lewende woord en sy krag; want Ekself is immers die lewende woord en die krag daaruit, en alles wat die oneindige ruimte bevat, is immers ook slegs My lewende woord en die ewige krag en mag daaruit. - Het julle dit nou ook goed begryp?”

[20] Hierop sê daar één uit die groep van die fariseërs, wat op die Olyfberg na My toe gekom het, en wat `n skrifgeleerde was: “Majesteit en Heer, U uitleg van hierdie twee verse was so helder soos die son op die middag, en vir my word alles duidelik en begryplik; maar nou kom die vierde vers en dit lui aldus:

[21] “En die Heer sal regspraak spreek onder die heidene en die volkere straf. Dan sal hulle van hulle swaarde ploegskare en van hulle spiese sekels maak; want geen enkel volk sal teen die ander `n swaard ophef, en die mense sal voortaan nie meer leer oorlogvoer nie.” (Jesaja 2:4)

[22] Wie is die heidene en wie die volkere wat, nadat hulle eenmaal gestraf is, geen oorlog meer teen mekaar sal voer nie? Die volkere moet wel in `n baie verre toekoms gebore word; want die huidige generasies met hulle trotse heb- en heerssugtige konings sal tot aan die einde van die wêreld oorlog voer.”

[23] Ek sê: “Jy is weliswaar wel `n skrifgeleerde, sodat jy die wette en alle profete nog baie goed in jou geheue het, maar om dit in die ware gees te verstaan, daarvan was by jou nog nooit enige sprake nie! Jy loop op die breë en vlak weg; maar op die smal bergpad, wat na die top van die berg van die ware kennis vaar, het jy nog nooit `n voet gesit nie.

[24] Wie nie, deur volgens die wet te handel, bo-op die berg van die Heer en in God se huis kom nie, of wel tot die innerlike lewende woord uit God en in die lewende woord van God in homself kom nie, herken ook nie die ware, innerlike, lewende gees van die wet en die profete nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205