Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Heer lê die toekomsbeelde van Jesaja uit (Jesaja 2:1-5)

172 Die skrifgeleerde sê: “Maar waarom het alle profete so dan verhuld gespreek en geskryf? Dit moes tog die belangrikste vir hulle gewees het dat hulle woorde deur die mense verstaan sou word!”

[2] Ek sê: “Daardie soort bedenkings is ook `n paar dae gelede op die Olyfberg geopper, en Ek het julle die ongegrondheid daarvan aangetoon; dus hoef Ek hier nie meer, wat al `n keer gesê is, te herhaal nie.

[3] Watter Elohimswoord moet dit wees, wat geen innerlike betekenis het nie? Of kan jy jou dalk `n mens voorstel sonder ingewande, of één wat so deursigtig sou wees soos `n waterdruppel sodat mens sy hele inwendige liggaam kon sien, wat ondanks die kunstige daarvan, ons seker in hoë mate sou teenstaan?

[4] O, leer almal tog eens werklik om wys te dink! Ek sal julle nou egter die voor die hand liggende ware betekenis van die vierde vers van Jesaja uitlê, let dus goed op!

[5] “Die Heer, wat Ek is in die woord, sal die heidene rig en vele volkere straf.”

[6] Wie is die heidene en wie die volkere? - Die heidene is al diegene wat die enigste, ware God nie ken nie en in Sy plek dooie afgode en die Mammon van hierdie wêreld aanbid en die meeste vereer. Deur sulke mense word die Judeërdom aan alle kante omring, en waarheen julle nou ook in die wêreld wil gaan - na die môre, die middag of die aand - Julle sal niks as allerlei verskillende heidene aantref nie! Julle weet egter, dat daar nou van alle kante van die wêreld heidene van hoë en lae stand en van digby jou van ver na My toe gekom het. Hulle het My woord gehoor en My tekens gesien, word van geloof vervul en het My leer aangeneem, en My woord rig en bereg nou onder hulle, waardeur hulle opgehou het om heidene te wees en oorgegaan het tot die getal van die gesalfdes van God en die getal van die ware volk van God.

[7] Maar ook hulle sal nie bly netsoos hulle nou onderrig en gevorm is nie; want weldra sal daar valse gesalfdes onder hulle opstaan, wat ook tekens sal doen, konings en vorste mislei, hulle weldra `n groot wêreldse mag toeëien en met vuur en met swaard die mense vervolg wat hulle nie sal wil volg nie, en hulle uiteindelik in vele sektes en partye splits, en dit is dan die vele volkere wat Ek as Heer sal straf vanweë hulle liefdeloosheid, hulle onwaarheid, hulle egoïsme, hulle hoogmoed, hulle starheid, hulle heerssug en hulle kwade getwis en wedersydse vervolgings en oorloë. Vóór dié tyd egter sal kom, sal daar nog net soveel tyd verstryk as van Noag tot nou. (Noag sterf in 2145 voor Messias volgens die Groot Johannes Evangelie deel 8:hoofstuk 86:3: Genesis 5 en Genesis 9:29)

[8] Netsoos dit egter ten tye van Noag was, toe die mense getrou en uitgehuwelik was, groot feeste en feesmaaltye gehou het, hulle hoog laat vereer en verwoestende oorloë gevoer het teen hulle wat hulle nie voor hulle afgode wou buig nie, sodat toe weldra die groot vloed gekom het waarin alle daders van die kwaad verdrink het, so sal dit ook in die toekoms gaan. Maar dan sal die Heer met die vuur van Sy ywer en Sy toorn kom en al die boosdoeners van die aarde wegvee.

[9] Dan sal dit gebeur dat die gespaarde suiwer en goeie mense en die egte vriende van die waarheid en die lig uit God, van die swaarde ploegskare, van die spiese sekels sal maak en die krygskuns heeltemal sal opgee; dan sal geen egte gesalfde volk meer daarna teen die ander die swaard ophef nie, behalwe nog moontlikerwys die heidene wat in die woestenye van die aarde oorgebly het; maar ook hulle sal vermaan word en daarna van die aarde gevee word.

[10] Dan sal die aarde opnuut geseën word. Haar bodem sal honderdvoudige vrug dra van alles, en aan die oudstes sal die mag gegee word oor alle elemente.

[11] Kyk, so is geestelik gesien die vierde vers vir hierdie aarde te begryp, wat jy as skrifgeleerde so baie onbegryplik vind!

[12] Maar agter hierdie natuurlik ware, geestelike betekenis lê nog `n dieper suiwer geestelike en hemelse betekenis verborge, wat julle egter nou met julle nog suiwer wêreldse verstand nie kan begryp nie, en dit ook nie in woorde uit te druk is nie. As julle egter op die berg van die Heer in die huis van God sou binnegegaan het en dan uit die huis van Jakob kom, netsoos die profeet daaroor spreek in die kort vyfde vers, dan eers sal julle in die ware lig van die gees uit God wandel. (Jesaja 2:5) Sê nou eers of jy dit alles nou beter verstaan het as voorheen!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205