Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Uitleg van Jesaja 2:6-22. Die barmhartigheid. - Openbarings van die nuwe lig

174 Ek sê: “Goed dan, luister dus verder na die woord! Die woorde van die profeet lui:

[2] “U, Heer, het egter toegelaat dat U volk die huis van Jakob losgelaat het; want U volkere is nou erger as die vreemdelinge uit die Ooste! Hulle bedryf nou ook towery netsoos die Filistyne, en van die kinders van die vreemdelinge neem hulle daar veel as hulle eie aan. Hulle land is vol silwer en goud, en aan hulle skatte kom geen einde nie; en hulle land is ook vol perde en aan hulle waens kom geen einde nie. Ook is hulle land vol afgode, en hulle, die mense, aanbid die werk van hulle hande, wat hulle vingers gemaak het. Daarvoor buig die volk en daarvoor verdeemoedig die Edelman hom. Dit sal U, Heer, hulle nie vergewe nie. Trouelose volk, gaan dan na die rotse van die berge en verberg julle in die aarde uit vrees vir die Heer en vir Sy heerlike majesteit!”(Jesaja 2:6-10)

[3] Hierdie vyf verse hoort bymekaar, omdat hulle die miserabele toestand van die gemeente of God se huis op aarde aantoon, en dit sowel by die Judeërs wat daar vóór hierdie tyd was as by diegene wat na ons sal kom.

[4] Die traagheid in die uitvoering van God se gebooie is egter die rede waarom Ek toelaat dat My volk Jakob se huis op die berg van die Heer verlaat en presies nadoen wat die ruuste en mees lui volkere doen, wat in die oostelike lande soos die wilde diere woon.

[5] En wat die fariseërs en die Judeërs eweneens nou doen, dit sal ook hulle nakomelinge doen: Hulle sal baie dae instel wat hulle `n besondere krag en invloed voor sal toedig, en wie daarteen sal ingaan, sal hulle met vuur en met swaard vervolg. Hulle sal ook wiggelaars word, vir geld geluk en ongeluk voorspel vir die mense en hulle daarvoor buitengewoon laat eer en betaal; want sulke nuttelose werk bring uiteindelik tog meer in as die ploegskaar en die sekel.

[6] Om hulle inkomste te vergroot, wat hulle deur hulle nuttelose werk verwerf het, sal hulle, netsoos die fariseërs nou, hulle sendelinge deur die hele wêreld uitstuur en die vreemdelinge tot hulle kinders maak. Hulle was as duistere heidene al vir niks goed nie; maar wanneer hulle dan die egte wêreldse filistynedom gaan aanhang, sal hulle nog honderdmaal erger word as wat hulle reeds was! Daardeur sal hulle duistere land gevul word met silwer en goud, en hulle honger na die skatte van hierdie wêreld sal geen end kry en geen doel hê nie en netso min hulle heerssug en oorlogsug, - wat die profeet in die beeld van die perde en die ontelbare waens uitgedruk het. Maar ook die territorium (gebied) waaroor hulle heers, sal vol afgodsbeelde en tempels wees, netsoos Salomo die wyse ook reeds daarmee begin het, ondanks die persoonlike waarskuwing van God; hy het rondom Jerusalem vir sy vreemde vroue afgodstempels laat oprig. Voor die afgodsbeelde sal die blinde dwase hulle buig en die werk van hulle eie hande en vingers aanbid in die domme mening, om God daarmee welgevallig te wees. En wie dit nie sal doen nie, sal op lewe en dood vervolg word. Want baie konings sal, om hulle troon meer glans te gee, die onsin van die wêreldse filistyne steun en die vriende van die lig en die lewende waarheid, waar daar altyd maar weinig van sal wees, met vuur en met swaard vervolg.

[7] En sien, dan sal die Heer kom en die volkere straf, wat in Sy Naam soveel mense verlei het!

[8] Dan sal opeens van alle kante die ware, lewende lig opduik, en die vriende van die nag sal vir altyd verslaan word. Hulle sal weliswaar na die rotse vlug (na die grotes en magtiges van die aarde) en hulle begrawe onder hulle onvrugbare grond, uit vrees vir die waarheid en die majesteit van die Heer; maar dit sal hulle weinig help.

[9] Want nou spreek die profeet weer verder en sê luid: “Want alle hoë oë (heerserstrots) sal verdeemoedig word, en alle hoë here sal hulle moet buig; want in die tyd sal slegs die Heer hoog wees en vervolgens ewig vir altyd en altyd

1). Want die dag (lig) van die Heer Sebaot sal oor al die hoogmoedige en hoë en veral wêrelds verhewenes gaan om die te verneder (Jesaja 2:11)

2); so ook oor alle trotse seders van die Libanon (priesters) en oor alle eike in Basan (vernaamste steunpilare van die afgodepriesterdom in alle tye) (Jesaja 2:12)

3); oor alle hoë berge (regente) en oor alle verhewe heuwels (alle howelinge) (Jesaja 2:13)

4); oor alle hoë torings (veldhere) en oor alle sterk mure (leërs) (Jesaja 2:14)

5); ook oor alle skepe op see (hulle, wat aan die staatsroer sit) en oor al die, volgens aardse norme, belangrike arbeid (die groot nasionale industrieë) (Jesaja 2:15)

6). En dit sal gebeur om alles te laat buk wat hoog is by die mense, en alle hooggeplaaste mense baie te verdeemoedig, sodat slegs die Heer in die tyd hoog sal wees.(Jesaja 2:16)

7) Met die afgode sal dit in dié tyd heeltemal uitgeloop wees.(Jesaja 2:17)

8) Ja, dan sal mens ook nog wel in die rotsspelonke gaan en in die ravyne van die aarde (verborge plekke van die Mammon), en wel uit angs vir die Heer en vir Sy heerlike majesteit (die lig van die ewige waarheid), wanneer Hy Hom gereedmaak om die aarde te verskrik (straf) (Jesaja 2:18)

9) Ja, in dié tyd sal elkeen sy silwer en goue afgodsbeelde wegwerp in die gate van die molle en vlermuise (Jesaja 2:19)

10) - welke afgodsbeelde hy vir homself laat maak om te aanbid, - om des te makliker weg te kan kruip in die rotssplete en ravyne uit vrees vir die Heer en vir Sy heerlike majesteit, wanneer Hy Hom sal gereedmaak om die aarde te verskrik (Jesaja 2:20)

11); maar dit sal niemand iets baat nie. (Jesaja 2:21) 12) Laat staan tog die mens, wat asem in die neus het (asem in die neus bedui die wêreldse hoogmoed); want jy weet nie hoe hoog hy wêrelds gesien kan wees (Jesaja 2:22)!”

[10] Wel, hier het jy nou die hele, goed begryplike uitleg van die tweede, baie opmerklike hoofstuk van die profeet Jesaja! Die laaste verse kan jy vanself verklaar as jy die betekenis van die eerste goed begryp het.

[11] Maar Ek sê julle dat dit werklik binne `n kort tyd sal gebeur en dan na ongeveer negentien honderd jaar opnuut geheel en al; want as die mens volledige wilsvryheid gelaat sal word, dan bestaan daar in My raadsbesluit geen ander middel om van tyd tot tyd met vrug die menslike traagheid te lyf te gaan as maar net die een, want die traagheid is die wortel van alle sonde en ondeugde! - Het julle dit alles goed begryp?

[12] In jouself sal dit jou nou wel minder vreugde verskaf, - maar die toekomstige volkere `n des te groter, wanneer hulle hierdie boodskap opnuut gegee sal word in hulle groot ellende en in die tyd waarin die een volk hom teen die ander sal verhef om die te vernietig. - Maar daaroor sal die volgende hoofstuk ons nog meer lig verskaf!

[13] Maar sê My nou eers hoe julle hierdie baie belangrike saak opgeneem het! Ek sê “baie belangrik”, omdat Ek julle, as My toekomstige volgelinge, veral op die hart wil druk om julleself en al julle leerlinge vir traagheid te behoed. Spreek julle dus nou maar oor die gees wat julle in Jesaja teengekom het; daarna gaan Ons sonder moeite oor na die derde hoofstuk!”

[14] Die leerlinge en ook die ander aanwesiges sê eenstemmig: “Heer, wat U beveel, wil en toelaat is beslis goed, wys en regverdig; want U as Skepper en Heer van die mense en van alle dinge in die wêreld, weet immers die allerbeste wat vir die mense die beste is. As silwer, goud, edelstene en pragtige pêrels volkome nadelig vir U mense sou wees, dan het U sulke kwade sake nie geskape nie!

[15] Wie, behalwe U, weet of die mense sonder die prikkelende sake nie nog veel traer sou geword het as hulle met al hierdie ontelbare prikkels al is en mettertyd nog meer sal word nie? As egter baie vele uit te groot liefde vir hierdie prikkels ware duiwels onder die mense word, omdat hulle hulleself deur die valse glans van die goud laat verblind het, dan het U immers `n oneindige hoeveelheid tugmiddele wat U ten dienste staan, en dus is ons van mening dat aan die einde van die tye van die wêreld alles volgens U geheime, ewige raadsbesluit nog goed sal afloop.

[16] Ons, as U uitverkore leerlinge, sal seker ons uiterste bes doen om die mense volgens U raadsbesluit op die korrekte wyse werksaam te laat wees en hulle daarvoor te besiel en aan te spoor. Of hulle in die verdere verloop van die tyd by hulle nakomelinge ook so daarop sal let, is natuurlik wel `n ander baie belangrike vraag! Maar dan sal U Self alles wel so laat gebeur soos wat dit vir die beswil van die mense die meeste geskik is, hetsy oorloë, epidemies, dure tye, hongersnood of vrede, gesondheid en geseënde vrugbare jare en tye! En hiermee het ons nou ons mening teenoor U, o Heer, openlik uitgespreek en ons vra U om verder te gaan met die uitleg van die profeet.”

[17] Ek sê: “Dié keer is Ek heeltemal tevrede met wat julle gesê het, en omdat julle die uitleg van die tweede hoofstuk van die profeet goed begryp het, kan Ons nou dan ook sonder meer oorgaan tot die derde hoofstuk. Luister dus na My!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205