Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die sug na aansien. Hoogmoed en deemoed

177 Ons gaan nou die groot herberg van Nikodemus binne, waar reeds `n goed toebereide aandmaaltyd op ons wag. Maar omdat daar onder My volgelinge nou `n taamlike groot aantal tempeldienaars was, wat heimlik nog veel waarde geheg het aan hulle ou tempelrangorde, ontstaan daar onenigheid onder hulle oor wie meer bo - of meer onderaan die groot tafel sou plaasneem. Ten gevolge daarvan beset dan ook ons skrifgeleerde en die twee op hierdie middag bekeerde fariseërs, uit gewoonte dadelik die belangrikste plekke en let daarby nie op dat Ekself nog nie plaasgeneem het nie, netso min die Romeine, die drie towenaars uit Indië en die manne uit Opper-Egipte, wat Nikodemus en ook Lasarus duidelik nie baie aangestaan het nie.

[2] Ek gaan na hulle toe en sê: “Luister, in My ryk bestaan glad geen rangorde nie, daar geld maar net: wie homself verhoog sal verneder word; wie homself egter baie beskeie opstel, sal verhoog word!

[3] As jy as gas uitgenooi is en aan tafel gaan vir die gasmaal, gaan dan nie dadelik op die vernaamste plek sit nie, wat die gasheer miskien vir iemand bestem het wat nog vernamer is! As dit dan sou kom en die gasheer aan jou sou sê: “Vriend gaan bietjie meer onder aan die tafel sit, want ek het hierdie plek vir nog vernamer mense bestem!”, sou jy dit dan nie baie onaangenaam vind, as die gasheer jou noodgedwonge voor die hele geselskap beskaamd moes laat staan nie? (Lukas. 14:7-9)

[4] Wanneer jy egter as gas uitgenooi is en beskeie aan die onderend gaan sit, en die gasheer kom en sê aan jou: “Vriend, gaan boaan sit op die vernaamste plek; want die plekke daar benede is bestem vir die meer gewone gaste!”, dan sal dit jou seker veel genoeë doen. En één van die vernaamste lesse en lewensgrondslae van julle moet dan ook bly: wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder sal verhoog word! (Lukas.14:10-11)

[5] So sal dit eens ook in My ryk wees. Wie daar die kleinste en minste sal wees, sal ook die grootste wees. Want in die hemel is alles teenoorgestel aan die wêreldorde hier; wat in die oë van die wêreld belangrik en luisterryk is, is in die hemel baie klein en gering en sonder enige prag of praal.

[6] Hierdie les moet opgeskryf word, en waar My evangelie gepredik word, moet ook dit getrou aan alle mense gepredik word!

[7] Ek is tog die Heer Self, en kyk eens, Ek is van ganser harte sagmoedig en deemoedig! Wees almal netso, dan sal veral daaruit blyk dat julle waarlik My leerlinge is!”

[8] Toe staan die fariseërs, sigbaar pynlik getref, van hulle plekke af op en wil dadelik heeltemal onderaan gaan sit.

[9] Maar Ek sê: “Bly sit waar julle nou sit! Want by ons maak dit nie saak waar iemand sit nie; want die aansien van die plek hang af van die persoon wat dit inneem. As Ek Heer is, dan is Ek dit op elke plek wat Ek inneem, en `n ander sal deur so `n plek nooit Heer word nie.

[10] Wat sou jy byvoorbeeld daaraan hê as jy nou na Rome sou gaan en op die troon van die keiser sou gaan sit, en hy sou hom die grap laat welgeval en naas jou op `n gewone houtbank gaan sit? Jy sal daardeur tog nooit keiser wees nie, en hy sal ook op die houtbank die magtige keiser bly. Daarom hang die aansien van `n plek nie van die plek self af nie, maar altyd slegs van diegene wat hom beset; dus bly julle nou maar op julle eerste plekke!”

[11] Daarop gaan Ek met My leerlinge en met RafaEl, Lasarus en Nikodemus heeltemal onderaan sit, en Agricola sê: “O Majesteit en Heer, nou sien ek maar al te goed in, wat vir elke mens die werklike eerste plek is! By elke waaragtige mens is die eerste rang verborge in die diepte van sy ware deemoed! Ook ons Romeine het daarvoor `n ou en goeie spreekwoord - die lui: Laus propria sordet (eie roem stink), - en ek ontdek nou deur U woorde dat dit so is, en dit is vir my deugdelik dat ons Romeine, sonder openbaring, tog deur denke en ondervinding `n waarheid ontdek het wat nou in die lig van U wysheid veel beter blyk te wees as al die nuwe instellings in julle tempel, wat die mees wyse van alle konings van die aarde gebou het!”

[12] Ek sê: “Sien, daarom sal die lig ook van die Judeërs weggeneem word en aan julle heidene oorgedra word, netsoos dit in die profete geskryf staan!”

[13] Die een fariseër sê: “Wat sal daar dan met die Judeërs gebeur?”

[14] Ek sê: “Dit het Ek al vir julle vertel en voldoende omskryf, en in die nagtelike teken kon julle dit gelees het! Want julle het nou duisend maal meer heiden geword as wat daar êrens op aarde bestaan. Daarom sal die Judeërs soos kaf deur die storm verstrooi word onder alle volkere van die aarde en hulle sal nooit meer self `n land en `n koning besit nie.”

[15] Die skrifgeleerde sê: “Maar die Heer het aan Dawid tog `n ewige troon belowe!”

[16] Ek sê: “O ja, dit wel, en dit sal ook so wees, maar nie stoflik netsoos julle dit stellig dink nie, maar geestelik.

[17] Volgens My woord sal elkeen in homself `n Dawid word vir ewig in My ryk, - maar Ek sê vir julle, wees op hierdie wêreld voortaan gehoorsaam aan elke wêreldlike owerheid, of dit nou sleg is of goed; want die mag wat hulle het, is hulle van bo gegee!

[18] Laat niemand van julle egter daarna strewe om ooit `n heerser op aarde te word nie; want wie op een of ander wyse oor die mense moet heers, sal van bo daartoe geroep word, en aan hom sal in sy hart gegee word hoe hy sy volkere moet regeer. Trotse en hoogmoedige mense moet deur `n trotse en hoogmoedige koning geregeer word, en goeie en deemoedige sal ook soortgelyke heersers kry en onder hulle septer gelukkig en goed lewe. In die toekoms sal dit dus heeltemal van die mense afhang, hoe hulle heersers sal wees. Onthou dit baie goed!

[19] Maar, omdat die ete al opgedien is, sal Ons nou eet en drink en Ons versterk!”

[20] Daarna word alles rustig en elkeen eet en drink wat voor hom staan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205