Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 179

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

`n Klein evangelie aan die Damaskeners

179 Die woordvoerder vra My nog spesiaal waarmee hy My kon beloon, omdat Ek regverdigerwys so `n uitstekende oordeel ten gunste van hulle uitgespreek het; want hulle beskou My nou as `n ware regter van hierdie plek.

[2] Maar Ek sê aan die woordvoerder: “Ek neem nooit van iemand `n beloning aan vir My leer en vir My oordeel nie! Maar Ek sê julle nou dat afgesien van die reg in julle saak wat julle hier ten deel geval het, dat ook julle voortaan redelik en regverdig moet wees aan elkeen met wie julle waar dan ook omgaan; want onredelikheid en ongeregtigheid onder die mense op aarde is die grootste kwaad op die wêreld wat tweedrag saai tussen broers en susters en vyandskap veroorsaak. En waar dit eenmaal bestaan is daar geen heil meer onder die mense nie, maar afguns, haat, roof, doodslag, moord en oorlog.

[3] Binnekort sal My leerlinge na julle toe kom; neem hulle op en aanvaar wat hulle julle sal leer en handel daarvolgens! Wat julle vir hulle sal doen, sal Ek beskou asof julle dit vir My gedoen het. Dit is die loon wat Ek vir My regverdige oordeel van julle verlang! - Het julle My goed begryp?”

[4] Die woordvoerder sê: “Ja seker, ja seker, regverdige Regter, ons het U begryp; want as handels- en ambagsliede van oudsher het ons met ons goeie produkte immers omgang met byna alle volkere van die bekende aarde en verstaan daarom ook alle tale van die aarde, ofskoon ons nou veral die sin van U woorde bedoel. En as U leerlinge ons in Damaskus sal besoek, vra ons U hier nou slegs om die kenmerk, sodat ons nie uiteindelik die valse in plaas van die egte opneem nie!”

[5] Ek sê, terwyl Ek na al My leerlinge van die oomblik wys: “Daar sit hulle, bekyk hulle maar! Die een of ander van hulle sal na julle toe kom en julle die leer van die heil vir julle siele verkondig. En na enkele jare sal daar deur My `n apostel in julle stad vir die heidene gewek word om julle die volle waarheid te toon. Maar vóór die tyd sal hy `n vyand wees van My lig, maar na die opwekking die grootste yweraar daarvoor. Maar vóór hom sal nog `n paar ander na julle toe kom, wat hy sal vervolg; neem dit goed op, dan sal julle loon daarvoor nie klein genoem kan word nie!

[6] Want wie `n profeet gelowig opneem in My Naam, sal ook die loon van `n profeet oes. My leerlinge en apostels sal ware profete wees en derhalwe knegte van God die Heer, deur Wie ook Ek na hierdie wêreld gestuur is vir die heil van alle mense wat in My glo en volgens My leer sal lewe en handel. - Het julle dit ook nou begryp?”

[7] Die woordvoerder sê: “Ja seker, ja seker, wyse en buitengewoon regverdige Regter! Maar netsoos ons uit U woorde so terloops buitengewoon goed begryp, is U nie net `n buitengewoon wyse regverdige regter nie, maar ook `n ware Profeet van die Judeërs, - en dit betreur ons voor U met heel ons hart; want die Judeërs, netsoos hulle nou is, het deur hulle onversadigbare hebsug die grootste vyande van die ou en nog meer van die nuwe profete geword. Die herders (fariseërs), oudstes (priesters) en skrifkenners mag volgens die voorskrifte van Moses niks besit nie, maar slegs van die tiendes en kleiner offers lewe; maar die fariseërs, oudstes en skrifkenners wil nou gewoon die hele land hulle eie noem en dit as sodanig ook handhaaf en gebruik, en geheel die volk moet slegs vir hulle werk en daarby tot steeds groter eer vir God niks hê en honger en dors ly totdat hulle wanhopig word daarvan.

[8] Wel, ons Damaskeners was en is vir `n deel nog baie goeie en egte Judeërs; maar daar moet geen sendeling uit Jerusalem kom om ons vir hierdie slegte en bedrieglike stad te stem nie! Wie dit sou doen, moet liewer nie na ons toe kom nie; want kom daar so iemand, dan sal hy dadelik die stad uitgesit word, waar hy dan op die vlug kan slaan. Maar wanneer profete en regters, netsoos U daar een is na ons toe sal kom, neem ons die altyd graag op, ook al is ons grotendeels Grieke, Oud-Siriërs en Babiloniërs; want van die ware profete kan elke mens iets waars en derhalwe ook goeds te hore kry. En so sal ook almal wat U na ons as U ware leerlinge sal stuur, goed deur ons opgeneem word!”

[9] Ek sê: “Omdat julle nou nog tyd het, kan julle ook nog hier bly, dan sal julle nog so die een en ander te hore en te siene kry! Hier is nog brood, vis en wyn. Neem plaas en eet en drink; want in hierdie herberg sal mens julle seker nie honderd muntstukke daarvoor vra nie!”

[10] Toe neem die koopliede, daar was enkeles, plaas en begin lewendig te eet en te drink en was vol lof oor die kwaliteit van die wyn, die brood en die goed toebereide vis.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205