Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Heer en Sy teenstander

(Johannes9)

Die blindgeborene word voor die tempel genees (Johannes 9:1-34)

186 Toe Ons op die groot, ruim plein buite voor die tempel aankom, sien Ons al dadelik `n nog baie jong bedelaar op `n klip sit; hy was iets ouer as twintig jaar en by sy geboorte heeltemal blind. (Johannes 9:1)

[2] Toe My leerlinge hom sien, het hulle al geweet dat dit nou die blindgeborene was, van wie Ek reeds op die berg gespreek het; hulle vra My daarom: “Majesteit en Heer! Wie het daar nou gesondig - hyself of sy ouers, - dat hy blind ter wêreld gekom het?” (Johannes 9:2)

[3] Ek sê: “Hoe kan julle tog nie nog onsinnige vrae stel nie! Hoe kan hy nou in die moederskoot gesondig het en daarom vir straf blind ter wêreld gekom het? Ek sê julle egter: “Nóg hierdie blinde nóg sy ouers het gesondig, maar dit was toegelaat sodat God se werk aan hom openbaar sou word voor die mense. (Johannes 9:3) Want Ek moet nou die werk verrig van Hom wat My gestuur het, solank die dag duur op aarde naamlik deur die persoonlike aanwesigheid van JaHWeH. Ook die bepaalde nag waar Ek met julle al oor gespreek het sal kom, maar dan sal niemand iets kan uitrig nie. (Johannes 9:4) Omdat Ek in hierdie wêreld is, is Ek duidelik die Lig van die wêreld. (Johannes 9:5) Na My kom die nag.”

[4] My leerlinge kyk mekaar aan en sê: “Watter sin het die huidige geestelike dag vir die mense as dit na Sy terugkeer weer nag sal word, erger as nou?”

[5] Ek sê: “Wil Ek dan dalk hê dat dit daarna nag moet word? O nee, maar die traagheid van die mense sal dit wil en die wil van die mens moet vrygelaat word, ook dan nog, wanneer hy daardeur `n tienvoudige duiwel sou word; want sonder die totaal vrye wil, hou die mens op om mens te wees, en is hy niks anders as `n masjien nie, - wat Ek julle al gereeld duidelik laat sien het.”

[6] Hier sê niemand iets op nie, omdat hulle My erns voel.

[7] Toe Ek dit aan My leerlinge sê buig Ek My na die aarde, neem `n bietjie leem, spuug daar bietjie van My speeksel op en maak modder daarvan, wat Ek toe op die oë van die blinde vryf. (Johannes 9:6)

[8] Daarop sê Ek aan die blinde: “Gaan nou na die vywer Siloam (dit wil sê, Ek stuur hom daarheen en hy word gelei deur sy gids) en was jouself!”

[9] Hy gaan daarheen, was hom en kom siende weer terug. (Johannes 9:7)

[10] Sy bure en diegene wat hom tevore gesien het, het geweet dat hy `n blinde bedelaar was, en sê: “Is dit nie die blinde wat daarstraks op die klip gesit en bedel het nie?” (Johannes 9:8)

[11] Sommiges sê: “Ja, ja, dit is hy!”

[12] En weer sê ander: “Hy was blind gebore en dit het nog nooit gebeur dat so iemand ooit siende gemaak is nie! Maar hy sien verder presies so daaruit as die blinde!”

[13] Maar die voorheen blinde sê eindelik self: “Wat staan julle oor my te praat? Ek is hy wat tevore blind was en nou kan sien!” (Johannes 9:9)

[14] Die omstanders vra: “Hoe het dit gebeur dat jou oë geopen was en jy kon sien? Wie het dit gedoen?” (Johannes 9:10)

[15] En hy (die blinde) antwoord hulle: “Die man wat in stilte aan my gesê het dat hy Jesus (Bemiddelaar, Verlosser) heet, het modder gemaak, dit op my oë gevryf en sê toe dat ek na die vywer Siloam moes gaan om my oë daar te was. Ek het dit gedoen, daarheen gegaan, my oë gewas en het siende geword.” (Johannes 9:11)

[16] Voorts sê hulle aan hom: “Waar is die Jesus dan nou?”

[17] Hy sê: “Dit is tog wel `n merkwaardige vraag van julle! Julle was tog siende toe hy die modder op my oë gevryf het en julle het Hom nie opgemerk nie, - hoe moes ek hom dan opgemerk het terwyl ek blind was? Omdat dit onmoontlik was, kan ek nou ook nie weet waar hy is nie, ofskoon ekself graag sou wou weet waar en wie Hy is, om Hom my volste dank te kan betuig.” (Johannes 9:12)

[18] Toe hierdie man die vraestellers `n dergelike antwoord gee, sê die omstanders : “O, dit is `n egte wonder en die Man wat jou siende gemaak het, moet `n groot profeet wees! Dit moet ons aartsjode en die fariseërs hoor, wat beweer dat daar in hierdie tyd, vanweë die heidene, geen profeet meer sal opstaan nie, totdat die Judeërs alle heidene die land uitgedryf het. Hulle moet hoor dat daar nou tog, netsoos vroeër, groot profete is, ondanks die feit dat die heidene in ons land is! Laat jou daarom deur ons na die fariseërs bring; ons almal sal vir jou getuig!”

[19] Dit vind die jong man, wat voorheen blind was, goed en hy laat hom na die fariseërs in die tempel bring. (Johannes 9:13)

[20] (Hier moet nog eers spesiaal opgemerk word dat dit nie maar net `n Sabbat was waarop Ek hierdie blinde genees het nie; dit was die Sabbat na die fees, wat nog veel strenger gevier moes word as welke gewone Sabbat dan ook. (Johannes 9:14)

[N.B. Dit was toe by die Judeërs netso ongepas soos wat dit nou by julle tydens die zogeheten octaven na die groot son- en feesdae sou wees.] Op `n dergelike Sabbat was dit by die fariseërs `n des te groter vergryp as mens een of ander werk verrig het.)

[21] Toe die geneesde jong man nou voor die fariseërs staan, vertel diegene wat hom daarheen gebring het al die wonderbaarlike wat hom afgespeel het.

[22] Nadat die fariseërs dit te hore gekry het, rig hulle hulle tot die geneesde jong man en vra homself, ofskoon hulle reeds alles van die getuie gehoor het, tog nog `n keer hoe hy siende geword het; en om die saak nogeens ekstra te bevestig, vra hulle dit ook nog eens aan die getuie.

[23] En hy sê: “Hy het modder op my oë geplaas; daarna het ek my op Sy raad met die water van die vywer Siloam gewas en het siende geword, netsoos ek ook nou siende voor julle staan!” (Johannes 9:15)

[24] Daarop sê enkele fariseërs: “Die mens wat hierdie blinde genees het, kan nie deur God (tot profeet) opgewek wees nie, omdat Hy Hom nie hou aan so `n verhewe Sabbat en dit nie wy nie!”

[25] Maar die getuie en ook sommige intelligenter Judeërs en fariseërs vra daarenteen: “Maar hoe is dit moontlik dat `n sondige mens sulke tekens kan doen?”

[26] Daardeur ontstaan daar tweedrag en stryd onder hulle. (Johannes 9:16)

[27] Toe hulle so `n tydjie met mekaar redetwis en nie eensgesind kon word nie, rig diegene, wat My as `n sondige mens verklaar het, homself weer tot die geneesde jong man en vra hom nogmaals (die fariseër): “Wie sê jy dan self wie diegene is wat jou die oë geopen het?”

[28] En hy sê: “Ek sê wat diegene wat my hierheen gebring het van hom sê: Hy is `n profeet!” (Johannes 9:17)

[29] Toe sê diegene wat My as `n sondige mens verklaar het (die fariseërs): “Maar ons glo gladnie dat hy ooit blind was nie, maar julle het dit onderling afgespreek om `n geskil met ons uit te lok!”

[30] Daarop sê die getuie, en dit baie nadruklik: “Hierdie man het ook nog ouers! Hy sal weet waar hulle woon. Laat hulle kom en vra dit aan hulle! Hulle sal wel die beste weet of hierdie man ooit kon gesien het!”

[31] Toe laat hulle sy ouers kom, wat nog nie daarvan geweet het dat hulle seun siende geword het nie. (Johannes 9:18)

[32] Die kom al spoedig en die fariseërs stel hulle onmiddellik `n paar listige vra (die fariseërs): “Is dit julle seun, van wie julle sê dat hy blind gebore is? En as dit so is, hoe het hy dan nou siende geword?” (Johannes 9:19)

[33] Die ouers antwoord baie eenvoudig: “Dat hierdie jong man waarlik ons seun is en dat hy blind gebore is, dit weet ons (Johannes 9:20); maar hoe hy nou siende geword het en wie hom die oë geopen het, dit weet ons nie! Maar hy is tog oud genoeg, laat hom daarom vir homself spreek!” (Johannes 9:21)

[34] Die ouers, wat My reeds geken het en vermoed het dat Ek hulle seun siende gemaak het, gee dié antwoord in die teenwoordigheid van die fariseërs en Judeërs, omdat hulle bang vir hulle was. Want hulle het geweet dat die hoof- en aartsjode dit lankal daaroor eens was dat elkeen wat My as die Gesalfde van God sou erken, ten strengste in die ban gedoen moes word. (Johannes 9:22) En daarom was dit verstandig van die ouers, dat hulle aan die fariseërs en aartsjode sê: “Hy is oud genoeg - vra homself!” (Johannes 9:23)

[35] Toe roep hulle die jong man wat blind was nogmaals en sê aan hom (die fariseërs): “Gee God alleen die eer; want ons weet dat die mens wat jou siende gemaak het, `n sondaar is!” (Johannes 9:24)

[36] Maar die geneesde jong man antwoord hulle: “Of die mens `n sondaar is al dan nie, weet ek werklik nie; maar wat ek wel baie goed weet is dat ek vanaf my geboorte volslae blind was en nooit die dag van die nag kon onderskei het nie en dat ek nou alles geheel en al kan sien netsoos julle!” (Johannes 9:25)

[37] Toe sê hulle weer aan hom (die fariseërs): “Sê ons dan reguit: wat het die Mens by jou gedoen en hoe het Hy jou die oë geopen? (Johannes 9:26)

[38] Die geneesde jong man antwoord met duidelike ongeduld: “Ek het julle dit so pas gesê, - het julle dan nie na my geluister nie? Waarom wil julle dieselfde nou nog `n keer hoor? Wil julle dalk leerlinge van Hom word, - dit sou julle werklik nie skaad nie!” (Johannes 9:27)

[39] Nou word die fariseërs en aartstempeljode kwaad, vervloek die man onmiddellik vanweë hierdie vraag en sê toe vol woede: “Miskien is jy `n leerling van Hom, - maar ons is leerlinge van Moses. (Johannes 9:28) Ons weet dat God met Moses gespreek het; maar van hierdie Mens, wat jou siende gemaak het, weet ons nie waar Hy vandaan kom nie!” (Johannes 9:29)

[40] Die geneesde jong man kyk hulle egter almal met `n ondersoekende blik aan en sê toe: “Dit is tog wel baie merkwaardig, dat julle nog nie weet waar hierdie Wonderdoener vandaan kom nie! En tog sien julle onmiskenbaar aan my dat Hy vir my, wat blind gebore was, die lig in die oë gegee het. Hierdie Mens het vas en seker al meer van hierdie tekens gedoen en tog sê julle nog dat julle nie weet waar Hy vandaan kom nie?!” (Johannes 9:30)

[41] Die fariseërs en aartstempeljode sê daarop met heftige stem: “Ons weet dat God die sondaars nie verhoor nie! God verhoor alleen `n godvrugtige mens wat sonder sonde is en in alles die wil van God doen.”(Johannes 9:31)

[42] Daarop sê die geneesde jong man: “Hmm, vreemd! Nêrens ter wêreld het mens ooit gehoor dat iemand `n - sê maar - blindgeborene die oë geopen het nie! (Johannes 9:32) As hierdie Mens nie vanuit God vervul was met so `n mag en krag nie, waarlik, dan sou Hy so-iets nie tot stand kon bring nie (Johannes 9:33), netsoos ook julle sekerlik nie in staat is om `n blindgeborene die oë te open, ofskoon julle sê dat julle leerlinge van Moses is; as julle dit naamlik sou kan, dan sou die hele wêreld dit al lankal geweet het en dan sou julle huise van onder tot bo tot barstens toe vol met goud gevul wees!”

[43] Op dié antwoord van die geneesde jong man, word die fariseërs en aartstempeljode nog rasender en skreeu letterlik van woede: “Wat, wil jy ons hierin les gee, terwyl jy behep met alle sonde ter wêreld hierheen gekom het?”

[44] Hulle kry hom beet en stoot hom met sy ouers en getuie na buite. (Johannes 9:34)

[45] Toe hulle almal buite was, roep die geneesde jong man nog hardop terug: “Laat God julle dit maar vergeld, oormoediges, en laat Hy lig bring in die blindheid van julle siel!”

[46] Maar hulle gooi die deur toe en hou hulle nie verder meer besig met die geneesde man, wat hulle die waarheid reguit in hulle gesig gesê het nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205