Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 190

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die ewige lewe van die siele

190 Met `n ernstige uitdrukking op My gesig sê Ek: “Jy durf My baie onbillike en onware dinge reg in My gesig te sê, waar die volk by is. As Ek netso tot toorn geneig sou gewees het soos julle Jode en fariseërs, sou Ek jou hierdie brutale, onware, sinnelose en hoogmoedige woorde nou sodanig terugbetaal het dat die hele volk daardeur ontstel sou wees, omdat hulle daardeur vinnig tot die insig sou kom dat alle mag en seggenskap in die hemel en op aarde aan My gegee is; maar Ek is met heel My hart sagmoedig, is Self vol deemoed en Ek sal jou ter wille van die volk slegs met My woord straf!

[2] Jy het My beskuldig van waansin, omdat Ek leer dat diegene wat in My glo en volgens My leer leef, die ewige lewe in hom sal hê, en wie nie in My glo en nie volgens My woord leef nie, die oordeel in hom sal hê en daarmee die ewige dood.

[3] Dom en blinde fariseër! Wat is dan volgens jou hoogs materiële voorstelling die ewige lewe van die siel in My ryk, wat nie van hierdie wêreld is nie, en wat is dan die oordeel en daarmee die ewige dood?

[4] As jy hierdie misterie sou begryp het, sou jy anders gespreek en geoordeel het; maar omdat jou siel blind is en jou hart vol duisternis, oordeel jy oor geestelike dinge soos iemand wat vanaf sy geboorte blind is, oordeel oor die glans van die kleure.

[5] Is die ewige dood van die siel en haar - laat ons sê – onmoontlike totale ewige vernietiging vir jou dan één en dieselfde? Kyk, jy en al jou kollegas is, wat julle siel betref, al lank geheel en al dood; maar is julle daarom ook vernietig? Julle sal ook ewig nooit vernietig word nie, maar netsoos julle nou is sal julle bly, in julle sonde, wat die dood van julle siel is, omdat sy in so `n toestand nooit tot `n hoër en suiwerder bewussyn kan opstyg nie, maar in haar duisternis moet bly en in haar ou wêreldse twyfel, waar julle siel vol van sit.

[6] In hierdie wêreld gaan julle minder daaronder gebuk, omdat julle baie goed weet om julleself te troos met alle dinge van die wêreld; maar as julle siel haar weldra sonder aardse liggaam, in die geestelike wêreld in haar eie sfeer sal bevind, wat uit haarself voortkom en wat sonder liefde en sonder lig in haarself is, - hoe sal dit dan met haar gaan?!

[7] Ek weet dit baie goed en weet ook maar al te goed hoeseer julle almal geheel en al afgewyk het van God se woord, - en daarom het Ekself nou in die vlees van `n mens, netsoos belowe, na hierdie wêreld gekom, Ek, wat in die gees Dieselfde is, wat op Sinai aan Moses die wette gegee het, netsoos eens aan Adam en later na die sondvloed aan Noag, Abraham, Isak en Jakob, en netsoos na Moses ook aan die vele profete. Ek het gekom om julle almal deur My leer en dade uit julle oordeel en dood te verlos, omdat julle, ondanks alle vaders, ondanks Moses en alle profete, in die harde gevangenskap van die sonde en die dood beland het.

[8] As Ek julle nou Self onderrig, omdat al My bodes wat Ek vroeër na julle mense gestuur het, niks kon uitgerig het nie, is Ek daarom dan `n waansinnige? O, julle slang- en addergebroedsel, hoe lank sal Ek julle nog in julle oordeel en julle dood moet verdra?

[9] Jy dink dat die mense wat vóór My geleef het die woord wat Ek nou aan julle rig, nie kon hoor en daarom ook nie aan My kon glo en derhalwe die ewige lewe ook nie kon verkry nie, netsoos diegene wat nou in verre lande lewe en meestal heidene is. O jou blinde fariseër! Kyk hier eens, hierdie sewe manne uit die verre Opper-Egipte ken My, lewe ooreenkomstig My wil, en hulle siele het reeds lank die ewige lewe en sy onuitputlike krag en mag verkry. Hulle sal jou `n teken gee!”

[10] Nou tree die eerste Opper-Egiptenaar na vore en sê: “Luister, ellendige hoereerder en egbreker, tien voorvaders uit wie jy voortgekom het, sal verskyn om jou te vertel dat hulle hulleself wel allerellendigs aan die anderkant bevind, maar nie vernietig is nie!”

[11] Toe staan die geroepenes, wat vreeslik daar uitsien, skielik om die fariseër heen en sy vader, wat hy baie goed herken, sê: “Omdat ek so was soos wat jy nou is, is ek nou so ellendig daaraan toe soos wat jy my nou sien; en jy sal netso ellendig daaraan toe wees soos ek en netsoos alle voorvaders nou daaraan toe is en ook seker so sal bly; want geloof nóg hoop werp hulle lig op ons!”

[12] Die fariseër vra baie verbaas: “Kan julle dan nooit meer gehelp word nie?”

[13] Die gees sê: “Ja wel, as ons dit wil; maar ons het nie die wil daartoe nie, netsoos ook jy dit nie in hierdie wêreld het nie en Hom vervolg wat jou sou kan help, - en ons doen dieselfde!”

[14] Toe verdwyn die geeste en Ek sê: “Wat dink jy hiervan?”

[15] Toe sê die fariseër: “Julle is almal towenaars en magiërs, en hierdie verskyning het julle te voorskyn getower! Daarom wil ek my nie meer met julle inlaat nie en my terugtrek!”

[16] Die volk sê egter: “Sy wysheid is ontmasker, daarom trek hy hom nou vol skande terug.”

[17] Die tempeljode berispe nou die rumoerige volk, maar hulle word nog baie luidrugtiger en begin te sis en te fluit. Toe trek die fariseër hom haastig terug.

[18] Maar die volk vra My of Ek hulle wil onderrig.

[19] Ek maan die volk Self tot rus en hulle word weldra rustig. Toe begin Ek die volk te onderrig oor die liefde tot God en tot die naaste en waarsku hulle teen die dwaalleer van die fariseërs.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205