Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 191

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

`n Nuwe plan van die tempeldienaars om die Heer gevange te neem

191 Deur enkele spioene wat hulle onder die volk verskuil het, kom dit die fariseërs ter ore dat Ek die volk aldus onderrig. Hulle beraadslaag toe onder mekaar wat hulle teen My kon onderneem om My gevange te neem en te gronde te rig.

[2] Maar die meer gematigdes sê: “Julle kan weliswaar doen wat julle wil, maar ons kan julle by voorbaat verseker dat julle niks teen Hom kan uitrig nie. Want ten eerste het hy baie aanhangers onder die volk en ten tweede besit Hy `n towermag wat vir ons onbegryplik is, waardeur alle kragte van die natuur en die geesteswêreld Hom skyn te gehoorsaam. En ten derde is Hy so goed tuis in die skrif dat ons, vergeleke met Hom, almal knoeiers is; ten vierde staan die hooggeplaaste Romeine aan Sy kant, want hulle beskou Hom seker as `n halfgod. Ook die ou, wonderlike Egiptenare, Perse, Arabiere, Indiërs en nog ander Oosterlinge het Hy om Hom heen en daarom sal dit baie moeilik word om op suksesvolle wyse iets teen Hom te onderneem. En ingeval dat julle ons nie wil glo nie, moet julle na buite gaan om julleself van alles op die hoogte te stel en julle daarvan te oortuig!

[3] Het die twee uiters betroubare fariseërs met twee van ons slimste leviete nie gistermiddag na Emmaus gegaan nie? Waar is hulle nou? Ons weet dit nie. Eergister het ons ons mees betroubare spioene en agtervolgers daarop uitgestuur en daarop aangedring dat hulle ons nog voor die aand sou meld wat hulle te wete gekom het, maar tot op die uur het niemand nog teruggekom nie! Waar bly hulle? Hoe ontsettend het die verskynings van eergisternag ons in verleentheid gebring! Deur wie het dit anders gekom as deur Hom en Sy handlangers?!

[4] Vandag het drie opgaande sonne ons en die hele volk in groot verwarring gebring! Ook dit skyn deur Hom veroorsaak te wees! Alles wat ons elders oor Hom en Sy dade te wete gekom het, lyk deur Hom bevestig te word, en daarom is dit vergeefse moeite wanneer ons planne maak om Hom geweld aan te doen. As Hy ook maar die minste vrees vir ons sou gehad het, sou Hy dit wel uit Sy kop gekry het om openlik met Sy leer in die tempel op te tree; want Hy weet netso goed as onsself hoe streng ons teen sulke mense optree. So is dit ons nugter mening; maar julle kan vanweë die groot meerderheid van julle stemme nog altyd doen wat julle goeddink, ons sal julle niks in die weg lê nie.

[5] Maar as ons netsoos altyd nugter nadink, glo ons die volgende: Wanneer Sy sending miskien tog in die geheim deur God verorden is, sal ons nie in staat wees om dit teen te hou nie; maar is dit slegs die werk van mense, dan sal dit ook vanself weer in die stof van die vergetelheid verdwyn. As ons woord nou niks teen Hom kan uitrig nie, dan sal ons dade dit nog minder!”

[6] `n Aartsfariseër van Kajafas se party sê nou: “As dit dan alles so is soos wat julle nou welmenend na vore gebring het, wat is die beste wat ons volgens julle dan kan doen? Want ons kan hierdie dinge, wat ons ondergang sal bewerkstellig, tog nie somaar sonder om in te gryp, laat gebeur nie!”

[7] Daarop sê die gematigde: “As ons hom in die teenwoordigheid van die volk en die Romeine nie deur verstandige en goed uitgekiesde vrae en woorde kan ontmasker en verdag maak nie, is ons so goed as uitgepraat. Deur dade sal ons Hom absoluut geen skade kan toebring nie! Dit is ons vaste en goedgefundeerde mening.”

[8] Daarop sê die aartsfariseër: “Die advies klink goed en ons kan inderdaad `n poging waag; want slim, verstandige en goeie redenaars het ons nog genoeg, ofskoon ons die laaste tyd al `n aansienlike aantal uiters bekwame sprekers kwytgeraak het, wat ons waarskynlik aan die berugte Nasarener te danke het. Wie van ons dink daaraan om hierdie taak dan vir `n groot beloning op hom te neem?”

[9] Hierop neem `n skrifgeleerde en `n fariseër, wat die Romeinse wette ook goed ken, die woord en beide sê: “Laat ons hierdie taak uitvoer, dan sal ons Hom gou en maklik gevange kan neem; want vir ons was niemand nog te slim gewees nie!”

[10] Die hele raad was dit daarmee eens en Kajafas sê met groot erns: “Goed, verklee julle julleself dan, sodat die volk julle nie herken nie! Gaan die tempel deur die groot volkspoort binne en kwyt julle goed van julle taak, dan sal my en God se welbehae julle ten deel val!”

[11] Nou verklee beide hulle en gaan netsoos Kajafas hulle opgedra het, die tempel binne, waar Ek die volk nog oor die liefde tot God en die naaste onderrig. Maar die hoëpriesters (owerstes), fariseërs en ook nog `n paar skrifgeleerdes vertrou nie die tweetal heeltemal nie, verklee hulle ook en gaan hulle agterna die tempel in om self getuie te wees, hoe die twee met My te werk sou gaan; in die tempel voeg hulle hulleself by hulle.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205