Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die fariseërs vra na die ryk van God

194 Een van die twee sê: “Wat se godslasterlike onsin kraam jy nie alles uit nie! Is ons nie dalk die bouers wat deur Moses en Aäron aangestel is om aan God se huis op aarde te bou nie, netsoos dit ook geskryf staan nie?”

[2] Ek sê: “Ja, ja, dit staan weliswaar geskryf; maar daar staan ook nog iets anders geskryf en omdat julle nou tog oor die bouers begin het, sal Ek julle sê wat dit is. Wat daar geskryf staan en wat seker ook aan julle bekend sal wees, omdat julle dit ook in die skrif gelees het, lui as volg: “Die klip wat die bouers verwerp het, het tot hoeksteen geword. Aan die Heer het dit geskied en is nou wonderbaarlik sigbaar voor julle oë!.” Daarom sê Ek aan julle: Die ryk van God sal julle ontneem word en aan die heidene gegee word en sal by hulle sy vrugte afwerp.”

[3] Toe sê die tweetal: “Wat sal dan verder gebeur met die hoeksteen, waarvoor Jy Jouself skyn te beskou?”

[4] Ek sê: “Met die steen wat deur julle verwerp is, wat nou desondanks tot hoeksteen geword het, sal dit voortaan as volg gaan: wie oor die hoeksteen sal val, netsoos julle nou, sal te pletter val; op wie die hoeksteen egter sal val - wat julle te wagte staan, - die sal daardeur vermorsel word! - Het julle dit nou begryp?”

[5] Nadat Ek hierdie uitleg gegee het, begin ook die ander aanwesige hoëpriesters en fariseërs eers te begryp dat hulle diegene was wat vermorsel sou word deur die hoeksteen wat op hulle sou val. Hulle word toe baie versteur en gaan met mekaar oorleg pleeg hoe hulle My miskien tog kon gryp en ten gronde rig.

[6] Maar die meer gematigdes raai hulle af en wys hulle op die volk wat My as `n groot profeet beskou, en dat Ek om die rede al voldoende duidelik gemaak het wat die hoëpriesters en die fariseërs altyd met die profete gedoen het. Hulle vind dit daarom raadsaam om My eers in My eie woorde te vang, My daardeur voor die volk volledig as vir `n leuenaar en bedrieër uit te maak en My dan eers gevange te neem en aan die gereg oor te lewer, waarop die volk dan niks meer aan te merk kon hê nie. Maar solank Ek nie met woorde te vang kon word nie, was dit tog wel uiters gewaag om My juis nou, in die tyd waar die volk nog deur die nagtelike teken te opgewonde was, gevange te neem.

[7] Die hoëpriesters en fariseërs sien dit weldra in, onderdruk hulle woede en besluit om My verder met listige woorde te vang.

[8] Nadat hulle die besluit geneem het, rig hulle hulleself weer tot My, in `n soort goedmoedigheid, omdat hulle baie bevrees was vir die volk, en vra (die fariseërs) My: “Van `n meester, wat so buitengewoon goed tuis is in die Skrif, sou ons ook nog graag wil hoor, waaruit die ryk van God eintlik sal bestaan, wat van ons ontneem en aan die heidene gegee sal word en by hulle die gewenste vrug sal dra. Wat is die ryk van God eintlik? Wat verstaan Jy daaronder? Is dit die hemel, waar alle gelowiges hoop om te kom na die dood van hulle liggaam of bestaan dit al êrens op hierdie aarde, wat volgens Jou woorde die geval skyn te wees, omdat dit anders nie aan die heidene gegee sou kan word nie. Daar kan van hulle in die ware geestelike hemel tog geen sprake wees nie, want daar staan nêrens geskryf dat ook die duistere heidene ooit in God se hemel opgeneem sal word nie? Hierdie woorde kom vir ons, uit jou profetemond, `n bietjie raaiselagtig voor, waarom ons Jou versoek om ons dit van naderby te verklaar!”

[9] Hier juig hulle al heimlik; want hulle dink dat Ek My al met hierdie woorde vasgepraat het en hulle op so `n slim vraag `n goeie antwoord skuldig sou bly. Ook die volk kyk hier en daar al bedenklik en wag vol spanning hoe Ek My uit hierdie val sou red.

[10] Maar Ek rig My op soos `n held en op My gesig was geen enkele verleentheid te erken nie en begin as volg nogmaals in gelykenisse met hulle te spreek: “Omdat julle vol traagheid, vol wellustigheid en selfsugtige hoogmoed is, is dit vir julle ook onmoontlik om die geheim en die waarheid van die ryk van God te begryp! Julle stel julle die hemel voor as een of ander oorheerlike en groot ruimte bo die sterre, waar die vrome siele na die dood van hulle liggaam opgeneem word of - volgens `n nog dwaser en onsinniger mening wat sommige van julle het - eers na vele duisende jare op die deur julle nog nooit begrypte Jongste Dag, waarna hulle dan voortaan ewig sal swelg in die mees genotvolle lewe. En van so `n hemel, wat nêrens bestaan as net in julle meer as dom fantasieë nie, moet heidene dan volgens julle hoogs selfsugtige geloof uitgesluit wees! Ja, sê Ek vir julle, van so `n hemel soos wat julle dit vir julleself voorstel, sal hulle ook ewig uitgesluit wees, omdat dit onmoontlik is om in `n hemel opgeneem te word wat in waarheid nêrens bestaan nie!

[11] Maar sodat niemand hom ooit sal kan verontskuldig deur te beweer dat hy nie geweet het waarin die ware hemel dan wél bestaan nie, sal Ek julle terwille van die volk in beelde toon, waarin die ware hemel oral in die hele oneindigheid en hier op hierdie aarde, in en bo alle sterre, oral op dieselfde manier bestaan. Luister dus na My!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205