Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die vraag na die belastingpenning

196 Toe die hoëpriesters, skrifgeleerdes en fariseërs dit van My verneem, wis hulle nie wat hulle nog verder teen My sou moet onderneem om My in My woorde te vang nie. Want met die vraag oor die ryk van God het hulle geen sukses gehad nie, omdat hulle niks daarteen kon inbring nie en omdat alle mense uit die volk luid te kenne gegee het dat Ek die volledige waarheid gespreek en onderrig het.

[2] Ook die gematigder aanwesiges sê: “Ons het julle al vroeër gesê dat julle met vrae uit die Skrif nie teen Hom opgewasse is nie, omdat Hy daarin beter tuis was as onsself! Julle sou Hom alleen om Sy raad en om Sy mening moet vra oor Romeinse wette, wat hy, as sogenaamde profeet, met die oog op die wette van Moses, nie kan goedkeur nie! Daarmee sou ons Hom nog die beste kan vang! Maar dan moet die vraag wel deur baie deskundiges aan Hom gestel word!”

[3] Daarmee gaan almal akkoord en hulle beraadslaag heimlik hoe hulle dit moes aanpak om My in My eie woorde te vang op die manier wat aangeraai was.

[4] Enkeles gaan na buite, na leerlinge van die Romeinse reg en ook na juridiese adviseurs van Herodus en hulle beloof hulle `n groot beloning as hulle in staat sal wees om My op My woorde te vang.

[5] Baie spoedig kom hulle met `n geveinsde vriendelike blik en sê (dienare van Herodus): “Heer, ons weet dat U waaragtig is en God se weg op juiste wyse bekend maak en nie daarna vra of iemand dit miskien nie eens is met U leer nie! Want slegs die waarheid tel vir U en nie die aansien van `n persoon nie, sodat U ook altyd `n vry oordeel kan uitspreek. Kyk, ons is juriste en vind dit altyd baie merkwaardig dat ons as Judeërs, wat volgens die wet van Moses vry moet te wees, nou tog belasting moet betaal aan die keiser van Rome. Wat is U mening oor hierdie kwessie? Is dit korrek dat ook ons Judeërs, die keiser nou belasting moet betaal, ofskoon ons `n oorkonde het op grond waarvan ons ons ondanks die Romeinse oorheersing, vry mag beweeg volgens die Mosaïse wet. Wat het u daarop te sê?”

[6] Maar omdat Ek dadelik al by hulle binnekoms duidelik hulle arglistigheid opgemerk het, kyk Ek hulle ernstig aan en sê hardop: “Huigelaars, waarom wil julle My op die proef stel? Laat My eers so `n belastingpenning sien!”

[7] Hulle laat My onmiddellik `n Romeinse muntstuk sien.

[8] Ek sê vervolgens: “Wie se beeltenis staan daarop en wie se opskrif?”

[9] Hulle antwoord: “Netsoos U sien, die van die keiser!”

[10] Ek sê: “Wel, gee dan aan die keiser wat die keiser toekom en aan God wat aan God toekom!”

[11] Toe hulle dit hoor verbaas hulle hulleself oor My wysheid en sê aan die priesters: “Hierdie wyse moet julle maar self op die proef stel, want ons is nie opgewasse teen sy wysheid nie!”

[12] Toe gaan hulle weg van daar af.

[13] En Ek spreek nogmaals vryelik met die volk oor die onsterflikheid van die menslike siel, wat `n paar Sadduseërs, wat daar aanwesig was, aangetrek het; en na `n kort tyd het Ek met hulle in aanraking gekom, wat dadelik volg.

[14] Na hierdie onderhandelings het dit natuurlik al middag geword. Daarom vra `n paar leerlinge My of dit nie raadsaam was om die tempel te verlaat en na `n middagmaal uit te sien nie, noudat Ek die fariseërs so goed as geheel oorwin het en die hele volk op My hand was en in My geglo het.

[15] Ek sê: “Dit kan nog wel `n rukkie wag; want die mens leef nie van brood alleen nie, maar ook van elke woord wat uit God se mond kom. Ek moet werk solank dit dag is; wanneer die nag kom, kan daar nie met die volk goed omgegaan en gewerk word nie. Die fariseërs het nou wel weggegaan om opnuut oorleg te pleeg of Ek miskien nie tog nog op een of ander manier te vang is nie. Daarom sal hulle vinnig weer terugkom om dit vir My lastig te maak. Maar daar staan `n hele groep Sadduseërs, wat dit ook al op My gemunt het en so dadelik `n gesprek met My gaan begin. By die geleentheid sal dit ook nie ontbreek aan die nodige fariseërs en skrifgeleerdes nie. Daarom bly Ons in die tempel, omdat ook die volk hulle immers hier ophou. Maar as iemand van julle weg wil gaan om sy liggaam te versorg kan hy dit ook doen; maar Ek wil hê dat julle eerder hier bly.”

[16] Toe die leerlinge dit van My verneem het, bly hulle en niemand van hulle verlaat die tempel nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205