Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 201

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Heer kalmeer die volk

201 Na My niksontsiende toespraak, begin die volk weer opnuut te juig: “As hierdie Mens nie werklik die Messias was en in Homself nie die volste goddelike krag sou besit nie, sou Hy nooit die moed gehad het om hierdie tiranne sulke koeie van waarhede in die gesig te slinger nie! Enige ander een sou hulle al lankal vasgegryp en in woede verskeur het; maar voor Hom staan hulle soos skuldbewuste, growwe misdadigers voor `n onverbiddelike regter. Ja, ja, so is dit! Hy het hulle niks anders as die volle waarheid onverbloemd voor die voete gewerp en hulle, as hulle Heer, ook die reeds lank welverdiende loon voorgehou. Die tempelgespuis verdien dan ook niks beter as om sonder pardon vasgegryp, na die Jordaan gedryf en daar verdrink te word as die egste sondebokke van die hele, groot land van die Judeërs!”

[2] Ek sê aan die volk: “Oordeel nie asof dit aan julle gegee is om reg te spreek en te straf nie, maar wees ook geduldig met die sondaars! Want daar staan geskryf, volgens die woord uit God se mond: “Aan My kom toorn en wraak toe!”Julle mense moet daaraan dink dat JaHWeH God as enigste die ware regter is, wat op die regte tyd al die goeie weet te beloon en die kwade te bestraf! Aan julle is dit gegee om ook met die sondaars geduld te hê. Want as iemand liggaamlik baie siek is, sou dit tog wel baie vreemd wees wanneer hy dadelik gestraf word, omdat dit deurgaans sy eie skuld is dat hy so ellendig en siek geword het. As daar dan `n ervare arts kom, wat aan die sieke sê dat hy nog goed gehelp kan word as hy hom deur `n goeie arts laat behandel en doen wat hy sê, maar as die sieke die raad van die arts dan in die wind slaan, is dit natuurlik wel sy eie skuld as hy op ellendige wyse te gronde gaan, omdat hy vasgehou het aan sy starheid.

[3] En sien, presies so gaan dit met hierdie blinde skrifgeleerdes en fariseërs! As `n ware arts het Ek hulle nou die groot tekortkominge van hulle siel laat sien en daarby ook die geneesmiddele voorgeskryf; maar as hulle dit na die kant toe skuif en nie wil toepas nie, is dit nie Ek deur wie die oordeel kom nie, maar dit kom deur die gevolge van hulle starheid, waardeur hulle in ellende en verderf gestort sal word.

[4] Daarom het God die mens gebooie gegee vir die heil van sy siel. As hy dit sal opvolg, sal hy lewe en ewig gelukkig wees; maar as hy dit gladnie wil opvolg nie, sal slegs hyself daarvoor gestraf word. Want God het eenmaal `n heeltemal vaste en onveranderlike orde ingestel, sonder welke die bestaan van geen enkele skepsel denkbaar is nie. Hierdie orde het Hy die vrye mens deur vele openbarings getrou bekend gemaak en die mens moet hom volgens sy geheel vrye wil daarna rig, laat lei en ontwikkel. Doen die mens dit, dan sal hy homself vervolmaak volgens God se wil en `n vry, selfstandig, op God gelykende wese word, wat toegerus is met alle goddelike liefde, wysheid, mag en krag; en daardeur sal hy dan die ware kindskap van God erf. Dit kan hy onmoontlik op `n ander manier verwerf as langs die weë wat hom te alle tye hoogs getrou meegedeel is, ten behoewe van die allerhoogste doel.

[5] Nou kom dit by die mens suiwer op die ware geloof en dan op sy eie geheel vrye wil aan. Glo hy en handel hy daarvolgens, dan word hy die gelukkigste wese in God se hele oneindigheid; maar as hy nie glo en nie daarvolgens handel nie, dan het hy dit aan homself te wyte, as sy siel steeds ellendiger en blinder word, en steeds minder lewe in hom het.

[6] En daarom het Ek nou Self as mens gekom om julle die regte weë te wys, omdat julle alle bodes wat Ek gestuur het, nog nooit geheel en al geglo het nie en derhalwe ook nie volgens hulle woorde gehandel het nie!

[7] Maar as julle nou ook nie vir My wil glo nie en nie wil lewe volgens My leer nie, dan vra Ek julle, wie nog na My na julle toe moet kom, sodat julle hom sal glo en handel volgens sy leer. As julle My, die Heer van al wat leef, nie wil glo nie, - wie wil julle dan na My glo, daarvolgens handel en salig word?

[8] Dat mens My nie glo en ook nie wil lewe volgens My leer nie, daarvan gee die dienare van die tempel julle tog seker die duidelikste bewys!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205