Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 205

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Uit die jongelingsjare van die Heer.

Josef weier sy dienste aan `n Griek

205 Na ongeveer `n uur kom die tonge deur die wyn los en word dit gou baie lewendig in die saal.

[2] Ekself vertel die gaste die een en ander uit My jeug, wat alle aanwesiges in hoë mate geniet. Die aanwesige, bekeerde fariseërs en skrifgeleerdes bevestig dit alles; een van hulle vertel selfs in die kort van die gebeurtenis, dat Ek op twaalfjarige leeftyd alle hoëpriesters, oudstes, skrifgeleerdes en fariseërs in die tempel met My wysheid tot opperste verbasing gebring het en hy voeg nog die opmerking daaraan toe, dat mens reeds in die tyd gedurende enkele jare selfs in die tempel stellig die mening toegedaan was, dat Ek moontlikerwys tog die beloofde Messias was. Maar daarna het mens niks meer van My gehoor nie en meen dat Ek as `n geestelik te vroeg gewekte seun of wel gesterf het, of dat die Essene My leer ken het en in hulle skole opgeneem het, natuurlik met toestemming van My aardse ouers. En so was hierdie aangeleentheid by die tempel toe langsamerhand ingesleep en eers nou, die laaste tyd, weer wakker geroep.

[3] Toe die fariseërs die verhaal beëindig het, vertel ook Johannes, Jakobus en ook die ander leerlinge die een en ander uit My jeug, en Jakobus gee selfs die verhaal ten beste oor die wonderbaarlike wyse waarop Maria (Maria) swanger geword het, oor My geboorte en vlug na Egipte en My driejarige verblyf aldaar, en ook baie van wat alles daar afgespeel het, waaroor almal hoogs verbaas was. Vele beny nou Jakobus die geluk dat hy al die tyd by My kon gewees het.

[4] Hierop sê Lasarus dan ook: “Majesteit en Heer, dit verheug my nou weliswaar onbeskryflik dat ek my met heel my hart `n vriend van U mag noem; maar ek sou nog gelukkiger gewees het as ek Jakobus was, wat U gewoonweg uit die geopende hemel na die aarde sien kom het en steeds aan U sy is. As ek tog ook Jakobus kon gewees het!”

[5] Ek sê: “Jakobus is inderdaad `n geheel en al gelukkige mens en is ook gereeld self deur die engele van die hemel beny, maar wel in hoogs edele sin; maar daarom het hy nie iets voor op `n ander mens nie. Sy waarde lê ook enkel en alleen in die feit dat hy My woord hoor, glo en uit liefde tot My daarvolgens handel; en wie dit doen, het geheel dieselfde voorreg as My dierbare broer Jakobus.

[6] Maar luister nou na `n seldsame gebeurtenis uit die tyd na My twaalfde jaar, waarin mens niks besonders van My verneem het nie!

[7] Ek het My pleegvader Josef as timmerman steeds vlytig en vreugdevol met die werk gehelp, en waar Ek saamgewerk het, het die werk ook altyd goed verloop en selfs uitstekend.

[8] Op `n keer egter kom daar `n Griek, wat `n heiden was, na Josef toe om `n voordelige ooreenkoms met hom te tref in verband met die bou van `n baie nuwe huis en `n groot varkstal.

[9] Maar Josef was `n suiwer en streng Judeër en sê aan die ryk Griek: “Kyk, ons het `n wet wat ons verbied om met heidene om te gaan en hulle op watter manier dan ook dienste te bewys! As jy `n Judeër was, sou ek maklik sake met jou kon gedoen het; maar omdat jy `n duistere heiden is, kan ek vir alle skatte van die wêreld jou versoek nie tegemoet kom nie. En `n varkstal kan ek glad nooit en te nimmer aanneem nie, selfs as jy `n Judeër was!”

[10] Toe sê die heiden baie opgewonde aan Josef: “Nou, jy is tog wel `n eienaardige man! Ek is weliswaar `n Griek, maar ekself en my hele familie het ons vele gode al lankal oorboord gegooi, die see in, en glo nou aan dieselfde God as jy en het van Hom ook al menige onmiskenbare barmhartighede ontvang. Maar dat ons die besnydenis nie aangeneem het nie, is omdat ons onsself nie wil onderwerp aan julle onversadigbare tempel nie, maar slegs aan JaHWeH God, wat nou nêrens erger ontheilig en onteer word as in julle tempel, waarvan ons heidene die snode inrigting beter ken as julle Judeërs, wat al heeltemal deur julle tempel afgestomp is. En as julle enige ware God ook oor ons heidene Sy son laat skyn, waarom verag julle ons dan?”

[11] Toe sê Josef: “Jy vergis jou as jy dink dat ons Judeërs julle verag; maar ons het `n gebod van Moses wat ons die omgang met heidene verbied en ook verbied om met hulle handel te dryf. As `n suiwer Judeër dit doen, verloor hy vir `n lang tyd sy suiwerheid en sien, ek is nog `n Judeër wat die wet heel van kind af aan streng in ag geneem het en nou nie meer op sy oudag sal begin om daarteen te sondig nie!”

[12] Die Griek sê: “Goed, my vriend, ek sal jou ook nie daartoe verlei nie; want ek is ook al so oud soos jy en ek ken jou al langer as wat jy jou kan voorstel. Maar as jy hierdie wet met betrekking tot ons heidene vandag nog so streng in ag neem, - hoe is dit dan dat jy dit nie nou so geneem het, toe jy vanweë die vervolging van die kant van jou geloofsgenote, met jou jong vrou en jou kinders na ons heidene in Egipte gevlug het nie?

[13] Kyk vriend, julle wette is almal goed en waar - maar hulle moet ook in die gees van die innerlike waarheid opgevat word en dan eers in die lewe toegepas word! Wie hom slegs aan die letter van die wet bind, bevind hom nog ver van die weg van die waarheid. Toe jy in Egipte was, het jy wel vir ons heidene gewerk, terwyl jy desondanks `n baie suiwer Judeër gebly het. Waarom sou jy dan nou onsuiwer word?

[14] In dié tyd het jy `n hoogs wonderbaarlike Seuntjie gehad, wat ons heidene vanweë sy wonderbaarlike eienskappe byna as `n God vereer het. Wat het van daardie Kind geword? As die Kind nie intussen gesterf het nie, moet die Kind nou al `n volwasse jongeling wees!”

[15] Omdat Josef die Griek nou wel herken het, sê hy ietwat verleë: “Ja, luister my vriend! Jy het my in Ostrasine inderdaad `n groot vriendskap bewys en dit sou nou onredelik van my wees as ek jou versoek nie sou tegemoet kom nie; maar omdat ek `n streng Judeër is, sal ek tog eers met die oudste van hierdie stad hieroor spreek en dan handel ooreenkomstig sy advies.”

[16] Toe sê die Griek: “Maar vir sover ek weet het jy altyd in Ostrasine met jou seuntjie oorleg gepleeg as jy van plan was om iets te onderneem! As die seun nog leef, sal hy verseker nog wyser wees as wat hy toe was! Vra jy hom nou nie meer om advies nie, dit wil sê as hy netsoos gesê nog leef nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205