Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Wonderwerk op wonderwerk

21 Toe Lasarus met RafaEl by Ons kom, hoor hy nog hoe mense aan alle kante met verwondering spreek oor My leer - oor die wonders, oor die oorloë van JaHWeH, oor die sewe oergeeste in God en oor die sogenaamde val van die engele; Agricola, die Romein, vind dit jammer vir Lasarus dat hy nie by so `n heilige en buitengewoon belangrike onderrig van My aanwesig was nie.

[2] Daarop antwoord Lasarus: “Ek dank jou vir jou spesiale belangstelling! Maar presies dieselfde wat die Heer julle deur Sy oorgrote barmhartigheid hier in huis so vriendelik uitgelê het, het hierdie meer as wyse en deur die wil van die Heer ook bykans almagtige jong man my buite verklaar en duidelik gemaak.

[3] As bewys het ek hier hierdie twee bekers van suiwer goud, waarvan - om my die werk van `n volmaakte gees aanskouliker en verstaanbaar te maak - die een op my hand langsaam vanaf die bodem tot die boonste rand geskape was en die tweede in `n oogwenk ontstaan het! Die aanleiding daartoe was die wonderbaarlike en skielike verskyning van die vele banke, tafels, tente en die tafelgerei, die tafeldoeke en die uiteenlopende spyse en drank. Daar word ongeveer agt- tot nege honderd mense uit alle windstreke volgens hulle eie gewoonte uitstekend bedien en tog is die vreemdelinge geen krummel uit my voorraad voorgesit nie! Omdat dit alles voor my eie oë gebeur het, was dit wel te begryp dat ek gevra het hoe hy dit alles tot stand kon bring. En hy het aan my alles so goed en suiwer uitgelê, dat ek alles wat hy my duidelik gemaak het, volkome verstaan het.

[4] Vervolgens het die gesprek op die ou boek van die oorloë van JaHWeH gekom, op die sewe geeste van God en op die val van die engele met hulle engelevors Lucifer. En sien, hierdie skynbare jong man het aan my alles onthul en het bowendien gesorg dat sy hele, meer as `n uur durende toespraak oor hierdie baie belangrike dinge in `n boek opgeskryf word, wat ek jou dadelik sal laat sien, as `n tweede bewys vir die feit dat ek alles wat julle gehoor het, ook gehoor het, en dan kan julle dit self ter vergelyking daarin nalees!”

[5] Agricola sê: “Daarmee het jy egter baie goed gedoen en dit was baie verstandig en wys van jou dat jy die wonderbare jong man daartoe oorgehaal het, want hierdie les was te belangrik om nie woordeliks opgeskryf te word nie. Hier het twee leerlinge van die Heer ook geskryf, maar slegs, na verneem word, die hoofpunte van die groot toespraak. Gaan haal daarom jou boek en bring dit hier, sodat ons dit almal kan sien en vergelyk!”

[6] Toe wend Lasarus hom tot My en sê: “O Heer, sê U vir my of dit nou die oomblik is om die Romeine die boek te laat sien!”

[7] Ek sê: “O natuurlik, gaan haal dit maar! Dit sal niemand skaad as hy die belangrike les nog `n keer hoor nie.”

[8] Toe gaan Lasarus na sy vertrek en bring self vol verbasing en groot vreugde die boek, lê dit voor die Romein op tafel en sê daarby: “Kyk, vriend, hier is die wonderbaarlik geskryfde boek! Lees dit van die begin tot die einde hardop voor, sodat alle aanwesiges nog `n keer kan hoor watter belangrike dinge RafaEl en die Heer aan ons geopenbaar het!”

[9] Agricola sê: “Dit sal ek ook dadelik doen, as die skrif maar goed leesbaar is!”

[10] Daarop open die Romein die boek, vind die geskrewene in die Griekse taal uiters helder en duidelik en lees die geskrewe woord aan alle aanwesiges van die begin tot die einde voor, wat dan ook byna `n uur duur en almal wat hier merendeels die Griekse taal magtig was, kon nie daaroor uitgepraat geraak dat My vroeëre les heeltemal woord vir woord daarin gestaan het nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205