Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 214

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die vrye wil van die mens

214 (Die Heer): “Toe almal hierdie woorde uit My mond verneem het, was hulle verbaas oor My wysheid en Cyrenius self sê: “Ja, ja, dit is geen woorde netsoos mense hulle spreek nie, maar hierdie woorde is waaragtig van God; want uit elke woord kom die stralende waarheid soos die lig uit die son, waarteen selfs die mees skerpsinnige menslike verstand niks kan inbring nie.

[2] Kyk net na ons gode en ons priesters, wat `n onsin sien ons dan en wat `n bose dwaasheid! En hier straal die waarheid soos `n son! Daarom sê ek nou niks meer nie as: Heer, help ons spoedig uit ons groot nood!

[3] Onder ons is daar baie mense wat fisiek arm is en vir wie ons, rykes en in aardse opsig, magtiges, wel altyd kan help as ons dit maar net wil; maar ons is almal arm in geestelike opsig en hierdie armoede is baie erger as fisieke armoede, omdat niemand van ons die ander kan help nie. Want wat mens self nie het nie, kan mens ook nie vir `n ander gee nie. Maar U is in U gees oneindig ryk en kan ons van U eindelose groot oorvloed wel soveel laat toekom as wat nodig is om ons te help.

[4] Laat veral die volle waarheid in die hart van die mense deurdring en laat ons sien hoe ons kan afkom van die ergste plaag vir ons siele op hierdie wêreld!

[5] Hierdie ergste plaag is egter ons afgodedom en ons priesters. Hierdie duisend maal duisend bevoorregte bedrieërs van die mense het verstand van toorkuns en towery, of liewer gesê, hulle pleeg allerlei soorte bedrog, imponeer daardeur die met blindheid geslaande volksmenigte en is, deurdat hulle vernaamlik met die volk omgaan, in die volle besit van die mag oor die volk, wat dit vir ons eindeloos moeilik maak om die volk voor te lig; want as uiteindelik selfs die keiser beter skole sou wil oprig vir die volk, sou die vreeslike priesters die hele volk maar al te gou teen die keiser opsteek en sou hy met leër en al verlore wees.

[6] Daarom ly ons, Romeine en Grieke wat beter en helderder van gees is, groot nood waarvan ons onsself nie met alle skatte van die wêreld kan bevry nie. Wys U ons op `n middel daarteen, - dan sal dit ook by ons lig word, - en dan sal ons en vele duisend maal duisende mense gehelp wees!”

[7] Ek sê: “Dit is `n goeie gedagte van jou en wat jy wens sal ook geskied. Maar so skielik as wat Ek die storm op see laat bedaar het, gaan dit nie met die geestelike hulp nie; want daarby het Ek maar net met geeste en kragte te make wat nog lank geen eie vrye wil het nie en My derhalwe ook onvoorwaardelik moet gehoorsaam.

[8] Maar elke mens het `n volkome vrye wil waarvolgens hy vrylik kan doen wat hy wil en daarom is sy gehoorsaamheid logies gewys daarvan afhanklik. God Self kan en mag hom nooit en te nimmer deur Sy almag dwing nie, maar Hy kan die mens slegs in sulke situasies bring dat hy deur middel van ervarings, as te ware uit homself, tot `n suiwerder insig kom en dan ook sodat hy sy wil deur sy eie verstand kan lei.

[9] Maar sou God deur Sy almag, vanuit Sy wysheid die wil van die mens lei, dan sou die mens niks hoër staan as `n dier nie; hy sou selfs nog enigsins daaronder staan, omdat selfs aan die dier al `n klein vryheid van wil verleen is in soverre hulle, netsoos die ervaring julle leer, ook `n verstand en `n geheue het, honger, dors en pyn voel en daarom ook, al is dit hoe vaag, iets kan dink, kan oordeel en deur sy geluid, gesigsuitdrukking en bewegings te kenne kan gee wat hy nodig het en wil hê.

[10] Maar `n mens, wat sy wil aanbetref, wat suiwer afhanklik is van God se almag, sou byna wees soos `n boom, wat so moet groei en bestaan soos wat God se wil hom neergesit het.

[11] Daaraan kan jy al sien dat dit baie anders met die korrekte ontwikkeling van `n mens gaan, as met die skielik laat bedaar van `n storm op see. Wanneer die mense ook op die manier behandel sou moet word, sou dit wel dwaas van My wees om nou met julle vanuit My wysheid te spreek en julle volgens die waarheid te onderrig; dan sou Ek julle naamlik ook wel dadelik die ligste gedagtes in julle siel kan lê en dan julle wil met My mag kan dwing om nie anders te wil en te handel as net soos wat Ek dit Self wil. Maar sou iemand iets daaraan hê, as Ek hom tot `n pure masjien van My almagtige wil sou maak?

[12] Maar die nog so boosaardige en selfsugtige priesters van julle is ook heeltemal mense met `n volledige vrye wil en kan daarom doen wat hulle wil en dit des te meer, omdat julle wêreldse wette hulle nie aan bande lê nie en julle hulle andersyds netsoos hulle is, goed vir die volk kan gebruik.

[13] Maar wie hom van hulle juk wil bevry, moet die waarheid soek en hom daarby hou; want elke mens kan maar net deur die in homself gevonde waarheid volledig vry word van die juk van die duisternis, wat `n uitwas is van die duisendkoppige bygeloof.

[14] Wanneer julle dit begryp het, moet julle ook daarvolgens handel, dan sal die priesters julle ten eerste geen skade kan berokken nie en ten tweede self daarmee ophou, wanneer hulle op julle terrein van die waarheid van die lig, geen reaksie meer vind op hulle dwaashede nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205