Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 215

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die opvoeding van die mensdom

215 (Die Heer): “Nou sê die hoë raadsheer weer: “Maar waarom sou dit dan by name vir die hoëpriesters skadelik wees, wanneer hulle deur die almag en die wysheid van jou God gedwing sou word, altans vir enkele jare, om die afgodery te laat val en vir die volk die waarheid te onderrig? As hulle dan, as God se almag hulle weer vrylaat, opnuut tot die ou afgodery wil terugkeer, dan sou die verligte volk hulle sekerlik sodanig teregwys dat hulle hulle nooit weer met die ou afgodery sou inlaat nie! Het ek gelyk of nie?”

[2] Ek sê: “As dit raadsaam sou wees en heilsaam vir die mense, sou God die priesters nie nodig gehad het nie, maar sou Hy ook die bome en die klippe kon laat praat, wat nog meer teweeg sou bring by die volk. Maar in beide gevalle sou dit nie net geen nut gehad het vir die vrye wil van die mense nie, maar dit sou die vrye ontwikkeling van die innerlike selfstandige lewe van die siel maar net skaad; want as al julle priesters nou opeens vir die nog grotendeels bygelowige volk, wat hulle oortuigings op onwaarhede baseer, luidkeels sou begin te predik teen die ou gode en afgodsbeelde, sou die volk hulle as vyande van hulle ou gode aansien, hulle gryp en wurg. Maar wanneer bome en klippe die volk sou onderrig, sou `n enorme dwang daardeur uitgeoefen word op hulle bewussyn en hulle wil en dan sou die volk ook baie gou alle afgodsbeelde en hulle priesters te lyf gaan en hulle vernietig.

[3] Sê nou self wie daarmee gehelp sou wees! Nie die volk nie; hulle sou dan `n onvry en geheel en al opgedringde geloof, bewussyn en wil hê, waardeur hulle siele netso min vry sou kan word as deur hulle ou bygeloof, wat nou tog al by vele onder julle baie deursigtig geword het as gevolg van die eie ondersoek en denke.

[4] `n Geloof wat aan die mense deur wonderwerke opgedring is, sou - netsoos so juis bespreek - geen sin hê nie, omdat dit netsoos die oue `n bygeloof sou wees, en vir die priesters sou dit netso min nut hê en vir julle ook nie. Of kan jy bewys, dat jy werklik `n wyse is as jy alleen die vraag wat jy jouself stel, beantwoord?

[5] Wanneer Ek nou byvoorbeeld die pilare in die paleis sou laat spreek, en hulle dan allerlei uiters diepsinnige en wyse vrae sou stel, waarop die pilare My dan sulke wyse en ware antwoorde sou gee as wat vir geen mens ter wêreld en ook vir geen engelegees in die hemel moontlik sou wees nie, wat sou jy dan daarop sê?”

[6] Die hoë raadsheer sê: “Enersyds sou dit wel baie wonderbaarlik wees; maar die pilare sou uiteindelik tog maar net in ooreenstemming met U wil en volgens U insig die wyse antwoord kan gee, en dit sou dan eintlik dieselfde wees as wanneer U vir Uself vrae sou stel en dit dan sou beantwoord.”

[7] Ek sê: “Dit het jy baie goed ingesien en goed beantwoord. En sien, presies dieselfde sou dit ook wees wanneer God die lewensorde, wat Hy vir ewig bepaal het, vir die mens deur Sy almagtige wil sou laat inprent. Dan sou God Self wil en handel in die mens! Maar as dit so sou gaan, wat sou daar dan gebeur met die volkome vrye selfstandige lewe van die mens?

[8] Maar God het die mense nie geskape as sogenaamde speelpoppe vir Homself nie, maar as volledig aan Hom gelyke ewebeelde, wat Hy uit Homself in die lewe geroep het, nie as skepsele van Sy almagtige willekeur nie, maar as ware kinders van Sy ewige vaderliefde; en Hy het hulle die geheel aan Hom gelyke kreatiewe eienskappe geskenk om hulle volkome vry vanuit die eie lewenskrag self volgens die eie totale vrye wil te ontwikkel totdat hulle heeltemal aan God gelyk is. En sien, daarom mag by die ontwikkeling van die mense, hulle vrye wil deur geen enkele goddelike dwang gerem word nie, maar mens moet hulle selfs onder die ergste omstandighede hulle volkome vrye wil laat behou, selfs ook wanneer dit Myself My aardse lewe aan die kruis sou kos!

[9] Sien, so baie liefde het die Wysheid van God vir die mense, wat hulle as Haar kinders in hierdie wêreld geplaas het ter beproewing van die volstrekte vrye wil wat aan hulle gegee was. Begryp dit daarom goed en stel verder geen sinnelose vrae aan My nie; want God het uit Homself vir ewig `n orde bepaal en sal ook ewig daarby bly! En laat Ons nou oor iets anders praat, as julle dit wil!

[10] Hier sê Cyrenius: “Maar, my Majesteit en Heer in alle dinge, is U tog nie boos daaroor nie? Ons is netsoos ons is: nog sterk aardse mense wat traag van begrip is en daarom vra ons U om geduld.”

[11] Josef sê nou: “Dit duur by Hom nooit so lank nie! Dit is nou verstandiger om Hom met rus te laat; want Hy het nou werklik wel baie gepraat en onderrig. En as Hy eenmaal so optree, is dit maar die beste om Hom te laat gaan en te doen wat Hy aangeraai het. Daar kan ek, as te ware sy vader, ook niks aan doen nie. Opeens word Hy dan stil en laat ons praat wat ons wil. Laat Hom daarom, eerbiedwaardige vriende en beskermhere, maar `n tydjie met rus; dan sal Hy self wel weer met iets kom!”

[12] Cyrenius sê aan Josef: “Maar sê my tog of Hy Homself ooit wel eens teëgespreek het?”

[13] Josef sê: “Nog nooit nie! Wat hy eenmaal sê, dit is so goed soos vir die hele ewigheid gesê, en dit gereeld by die kleinste en onbeduidendste dinge! Dit kan ek geheel na waarheid getuig.”

[14] Cyrenius sê daarop: “Ja, dan is dit inderdaad maar verstandiger om ons so te gedra soos wat Hy dit wens; want Sy innerlike is vervul van God se Gees en wat Hy wil, gebeur. Ons swak mense moet dan maar liewer geen geveg met Hom aangaan nie, waarvan ek al twintig jaar gelede oortuig was. Maar nou is dit die vraag oor watter ander dinge ons nou dan nog sal praat, omdat Hy tog die mees gedenkwaardige fenomeen van hierdie tyd is, netsoos ook van alle ander tye en dit ook tot aan die einde van die wêreld sal bly."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205