Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die weetgierigheid van die jong Judeër met betrekking tot die Heer

22 Nou eers begin die jong, mooi Judeër meer indringend aan Agricola te vra wie Ek en die wonderbare jong man wel eintlik was en waarom almal My steeds as “Majesteit en Heer” aanspreek. Sy het al goed begryp dat Ek `n groot wyse was, maar sy wis tog nie waar Ek vandaan gekom het en wie Ek was nie.

[2] Toe antwoord Agricola haar en sê: “Mooi dogter! Let maar by alles goed op en laat ook jou ouers en jou broer dit doen, dan sal jy wel agterkom wie die verhewe Man is en waar Hy vandaan gekom het en dit geld ook vir hierdie jong man!”

[3] Die Judeër sê: “Weet julle dan ook nog nie heeltemal seker wie die verhewe Man eintlik is nie? Maar as julle dit wel weet, waarom sê julle dit dan nie vir my nie?”

[4] Agricola sê: “O, my beste dogter, julle wyse koning Salomo het eens gesê: “Alles in hierdie wêreld het sy tyd en van tyd tot tyd moet die mens geduld hê, want solank die druif nie ryp is nie, moet mens haar nie van die wynstok afhaal nie!” En sien, so sal jy ook nog nie volledig ryp wees om meer oor die verhewe Man te hoor nie; as jy egter ryp geword het, sal jy ook wel meer te hore kry. Maar netsoos gesê, let goed op alles wat die verhewe Man sal sê en doen, dan sal jou hart wel vir jou sê wie Hy is! - Het jy my nou goed begryp?”

[5] Die Judeër sê: “Ja, ja, ek het u baie goed begryp! `n Arm mens is nog altyd op sy geduld aangewese om beter te word; `n ryk en deur die hele wêreld geagte mens kan hom wel die een of ander hulpmiddel verskaf in plaas van `n te langdurige geduld. Ja, dit is al taamlik lank aan my bekend! Wel, wel, hoë meester, ek sal u vriendelike raad wel heeltemal opvolg, maar of ek iets daaraan sal hê, is `n heel ander vraag!”

[6] Toe vra die vader van die dogter vir Agricola eerbiedig om vergewing en sê: “Heer, meneer, vergeef hierdie arme kind, want sy is ondanks al haar goedhartigheid soms `n bietjie te weetgierig en word, as mens `n slag goeie redes het om nie iets vir haar te sê nie, nogal gou onwillig. Maar wanneer die klein voorgestelde storm van nuuskierigheid dan verby is, word sy dadelik weer geduldig en sagmoedig en voeg sy haar baie gewillig by alles, al is dit ook nog hoe bitter. Goeie verhewe meester, neem ons kind daarom nie vir hierdie geringe wangedrag kwalik nie!”

[7] Agricola sê: “Ag, wat `n gedagte?! Wat julle liewe dogter sê, geval my juis so goed, omdat sy volkome openhartig en onbevange die waarheid spreek. Ek bly van nou af aan nog meer julle vriend as wat ek al was. Julle kan dus wat dit betref wel heeltemal gerus wees. Maar laat jou dogter maar op haar manier verder praat, dan sal ons daardeur tog nog by die hele waarheid kom.”

[8] Toe was die arme ouers heeltemal gerusgestel en die dogter mag nou onbevange sê wat daar in haar opkom.

[9] Sy rig haarself nou dadelik weer tot die Romein en sê aan hom (die Judeër): “O beste, hoë meester en vriend, u is wel `n baie goeie mens en al u metgeselle skyn dit ook te wees, maar u kan in u wêreldse voorspoed tog nooit heeltemal aanvoel wat die arme in haar geheel hulpelose en groot nood moet voel nie! As mens as jong, en deur God se natuur nie verwaarloosde meisie, nie alles doen wat die magtiges en rykes begeer nie, dan is mens bykans heeltemal verlore. Geen mens kyk meer na jou nie, jy word bespot as `n ydel, dom en trotse wese en word verslete en as jy dan noodgedwonge na iemand toe gaan vir hulp, wys mense jou die deur en mag jy jou nie meer voor so `n deur laat sien nie. Dit is en bly vir ons soort mense tog altyd iets wat baie onaangenaam is en dit ontneem ons ten slotte alle vertroue, selfs in die beter mensdom. Ons is ten slotte almal mense en behep met allerlei swakhede en onvolmaakthede. Is dit waar of nie?”

[10] Agricola sê: “Jy het weliswaar heeltemal volgens waarheid en korrek gespreek, maar daar is tog nog iets wat jy by jou beskrywing van armoede en nood vergeet het! Kyk, wie God liefhet, die beproef Hy eers baie duidelik voordat Hy hom volledig help! En dit lyk of JaHWeH God dit met julle gedoen het. Toe julle nood egter op die hoogste was, het Sy hulp ook gekom en nou is julle eers werklik gehelp. Want ek het julle in die Naam van JaHWeH God my belofte gegee en ek sal my woord ook hou en wel suiwer uit liefde en dankbaarheid vir julle ware God en nie vanweë een of ander spesiale liefde en geneentheid vir jou, omdat jy `n baie mooi Judeër is nie. Want my liefde tot God is veel groter as wat ek ooit vir alle skoonheid en prag van die wêreld gevoel het. Dus oor jou lewensonderhoud hoef jy van nou af aan nie meer te bekommer nie, maar dat jy `n nader kennismaking met die verhewene nog `n rukkie weerhou word, het `n baie wyse rede en ons is dus nie op een of ander wyse hard teen jou as ons jou nie dadelik alles sê wat ons almal heeltemal verseker en volkome waar oor Hom weet nie.

[11] Dat daar agter Hom iets heel buitengewoon skuil, kan jy jou goed voorstel, maar waaruit daardie buitengewone bestaan, dit sal jy vinnig en maklik merendeels vanself ontdek as jy maar, netsoos ek jou aangeraai het, goed op alles let wat Hy sal sê en doen. Ek het jou immers al in die begin op die vaatwerk op ons tafel gewys, wat Hy enkel deur Sy wil in `n sekere sin geskape het. Verder was jy nou ook getuie daarvan dat Hy tydens die uitleg van Sy wonders beide goue bekers, wat nou nog voor Hom staan, uit die lug laat ontstaan het; hulle is volkome gelyk aan die bekers wat ons gasheer Lasarus binnegebring het, waarby hy vertel het hoe hierdie jong man, wat nou aan die klein tafel saam met Lasarus eet en drink, dit net so wonderbaarlik uit die lug laat ontstaan het as wat die verhewe Man dit hierbinne gedoen het. Noudat jy alles gehoor en gesien het, moes jy, netsoos jou ouers en jou broer, al `n ietsie meer lig oor die verhewe Man gekry het, wat so uiters wys kan spreek en sulke buitengewone dade tot stand kan bring.”

[12] Die Judeër sê: “Ja, ja, dit is baie korrek en waar wat u daar sê, maar daar lê vir ons vier nou juis die eintlike probleem, wat ons nie so maklik uit die weg kan ruim nie. Want vir `n profeet, hoe groot ookal, spreek Hy te duidelik en te wys en doen Hy te ongelooflike, buitengewone dinge. Vir u, Romeine, is dit nie moeilik nie, omdat u so `n buitengewone Mens dadelik as `n God beskou en Hom as sodanig aanneem en kan vereer en aanbid, maar dit gaan nie by ons Judeërs so nie, omdat ons slegs aan één enkele God glo, wat niemand kan sien sonder om te sterf nie. Die wysheid van hierdie verhewe Man gaan seker alle huidige menslike begrippe te bowe en ook sy dade en Hy moet daarom baie van die suiwer Goddelike Gees in Hom hê. Maar daarom kan ons, Judeërs, Hom tog nie as `n God aanvaar nie! Wat dink u nou daarvan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205