Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 221

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Adam en Eva, die eerste mense van die aarde. Die pre-mense

221 (Die Heer): “Ons eet en drink gemoedelik en tydens die maaltyd, toe die wyn die tonge losser gemaak het, word deur die raadsheer wat met die geeste gespreek het, nogmaals die vraag gestel of daar voorheen slegs één mensepaar of meer op verskillende plekke van die aarde was. Want dit het die geeste hom nie duidelik gemaak nie en tog wil hy ook dit met begryplike sekerheid weet, omdat daar al voorheen sprake daarvan was.

[2] Daarop vra Cyrenius My of Ek nie die raadsheer uitleg daaroor wou gee nie.

[3] Maar Ek sê aan Cyrenius: “Ek sou dit wel kan doen, maar niemand sou egter iets daaraan hê nie! En wat die mense egter moet weet, het Moses baie duidelik uiteengesit in sy Genesis en ten slotte in nog twee boeke, waarin alles verklaar word, maar wat in ons tyd nie meer erken word nie en as apokriewe verwerp word. Wie dus wil weet hoe die ontstaan van die mense op hierdie aarde geskied het, moet Moses se skrifte lees en glo dat dit so en nie anders was nie, dan kom hy daardeur volledig waar en eg te wete of daar in die begin slegs één mensepaar of byvoorbeeld meerdere mensepare tegelyk op die aarde gesit is.

[4] Ek kan slegs daaraan toevoeg, dat daar van die mense wat daartoe bestem is om kinders van God te word slegs één paar, naamlik Adam en sy vrou Eva, op die aarde gesit is. Met hulle is ook die geestelike opvoeding vanuit die hemel begin, wat tot op dié uur voortgesit word.

[5] Dat daar egter ook reeds lank vóór Adam wesens bestaan het wat na mense gelyk het, is baie seker en waar, en daar bestaan nog van die wesens op aarde; maar tussen hulle en die eintlike vrye mense bestaan `n baie groot verskil.

[6] Want die ware mens kan homself ontwikkel tot volledige godgelykheid en kan God en Sy werk deur en deur erken, vergelyk, beoordeel en hulle doel begryp; maar die sogenaamde diermens sal wel nooit daartoe in staat wees nie.

[7] Dat egter ook die diere met verloop van tyd, deur baie inspannings van die ware mense, ook `n soort hoër ontwikkeling aanneem, het julle almal met julle huisdiere ervaar. Die mense sou nog meer kan bereik met die diere, wanneer hulle netsoos die eenvoudige oervaders van die aarde in `n ware en volledige verbinding sou staan met hulle gees van die anderkant uit die hart van God.

[8] In die verre Opper-Egipte lewe nog mense wat soos die oervaders lyk. Hulle is nog meester oor die natuur, wat hulle moet dien volgens hulle wil. Maar om meester oor die natuur te word, moet die ware mens hom in sy siel nie ónder die natuur, maar in die gees bo alle natuur van die materie en die vlees verhef. Want in die natuur van alle materie lê die oordeel, die onmag en die dood; slegs in die gees lê die ewige vryheid, die ware lewe en alle mag en soewereiniteit. En die bewys dat dit so is, het Ek julle buite by die see gelewer.

[9] Streef daarom daarna dat julle siel één word met julle gees, - sy sal julle dan vanself in alle wysheid binnelei; maar sonder die gees sal julle steeds skommel tussen lig en duisternis en tussen lewe en dood en tussen vryheid en oordeel!

[10] Tot éénwording van die gees uit God met die geskape siel, kom die mens slegs deur eg en waar aan die een ware God te glo, Hom bo alles lief te hê en sy naaste soos homself. Wie dit weet en doen sal dan ook in homself ervaar, dat Ek nou die volle waarheid tot julle gespreek het!”

[11] Almal was tevrede met My woorde en daar word verder geen vrae meer gestel oor die begin van die menslike geslag op hierdie aarde nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205