Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 226

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die brand in die huis van die bure

226 (Die Heer): “Terwyl daar ywerig en aansienlik geblus word, sê Josef nog heimlik aan My: “Het Jy nie ook oor die alles verwoestende element dieselfde mag as oor winde en water nie?”

[2] Ek sê: “Ek weet wel wat jy nou wil; maar dit is hier nog nie die regte tyd daarvoor nie! Laat die bose kneg hom nou maar goed afsloof totdat hy uit angs gewoonweg hoor en sien laat vergaan! Nou dadelik sal hy aansienlike letsels opdoen deur `n val en weggedra word onder hewige pyn. Eers dan sal Ek deur My wil `n definitiewe einde maak aan die brand. Maar waarvoor Ek nou al sorg, is dat die vlamme die huis geen noemenswaardige skade kan toebring nie. - Maar let op wat daar nou gaan gebeur!”

[3] Daar kom nou `n hele boel mense uit die stad, meer uit nuuskierigheid en vir die sensasie, as dat hulle wil meehelp met die blus van die brand. Die ywerige kneg begin van die nuwe inkomelinge te eis dat hulle moet help met die blus en hulle wat geen gevolg gee aan sy woorde nie, op growwe wyse uit te skel. Hulle raak baie kwaad vir hom daaroor, gryp die kneg vas en stamp hom met baie geweld op `n hoop brandende balke van die dak.

[4] Daardeur breek die kneg sy arm en kry `n paar brandwonde in sy gesig, sodat hy daar weggedra moes word. Ek sê aan Josef: “Kyk, hy het sy loon gekry, wat hom uiteindelik nog tot `n beter mens sal maak; Ek wil nou egter dat die brand ophou!”

[5] Toe Ek dit, terwyl slegs Josef dit hoor, uitgespreek het, doof die vuur so vinnig dat daar aan of in die huis geen gloeiende vonk meer te vinde was nie. Ook was daar aan die huis geen ander skade te sien as die aan die dak, wat natuurlik vir meer as die helfte verbrand was. Maar omdat daar onder die dak niks was wat deur die vlamme verwoes kon word nie, was die skade nie te groot om te noem nie, en Ons word weer `n werk aangebied wat ons egter vir die buurman, wat niks aan die ongeluk kon doen, heeltemal gratis uitvoer en waarvoor Ons hom ook die nodige materiaal geskenk het.

[6] Onder die volk ontstaan egter groot verbasing oor die feit dat die vuur opeens heeltemal uitgeblus het en mens nêrens ook maar `n vonkie kon ontdek nie, dat daar ook nêrens meer rook opstyg nie en daarby ook nog die verkoolde balke heeltemal koud aanvoel. Vele sê dat dit onmiskenbaar `n wonderwerk was. Ander was weer van mening dat dit gebeur het deurdat mens op die laaste met vuil water geblus het. En weer ander sê dat God die bede van `n regverdige verhoor het en dit kon niemand anders wees as die kneg wat deur die heillose woede van `n paar beledigde niksnutte in die vlamme gestamp was.

[7] Maar die buurman, vir wie ons die kis bou, sê aan Josef: “Dat die hewige brand so skielik gedoof het, kom deur julle, en in die besonder deur jou jongste Seun! Want sedert Sy jeug het ek gereeld wonderbaarlike dinge aan Hom opgemerk, veral as Hy heeltemal alleen was; dan speel Hy met die elemente en kragte van die natuur. Maar voor die oog van die mense laat Hy al sedert meer as agt jaar niks meer merk van Sy innerlike krag nie en doen en werk soos ander mense.

[8] Maar ek het `n keer gesien hoe Hy heeltemal alleen `n groot eikeboom vel. Iemand soos ons sou vir die vel van so `n boom, wat ruim vyf tot seshonderd jaar oud was, wel `n paar dae nodig gehad het; maar Hy het nouliks die byl aan die wortel gesit of die boom val al om. Daarna word hy netso vinnig van sy dik takke ontdaan; die takke trek hulleself na die sykant en lê dadelik in die grootste moontlike orde, gekloof by mekaar. Toe word die stam gekap; en ook daardie kap gebeur netso vinnig as die ander werk en ten slotte ook nog die klein kap en bymekaar lê van die stukke hout wat van die boom af kom. Kortom, die hele werk het byna `n halfuur geduur. Toe Hy met die werk gereed was, neem Hy die byl, gaan huis toe en gee jou te kenne dat die eikeboom heeltemal klaar was om in die bouwerk te gebruik; jy moes dit net besigtig en mag die ander broers voorlopig niks daarvan vertel het nie.

[9] Kyk, dit en nog meer het ek so af en toe by Hom gemerk en daarom is ek nou ook vas daarvan oortuig dat Hy die brand so vinnig geblus het! Wel, broer, wat sê jy daarvan?”

[10] Josef sê: “Ja, ja, jy het heeltemal gelyk en dit sal ook wel so wees; maar wat jy nou glo en weet moet jy vir jou hou anders kry ons dadelik allerlei probleme met die mense van die sinagoge, wat ek baie vervelend sou vind! Ek herinner my die geskiedenis met die eikeboom nog baie goed - en nog meer dinge, veral van die laaste dae; maar ons moet daaroor swyg omdat ons Sy toekomstige planne en bedoelings andersins meer skade as nut sal toebring. - Begryp dit goed, beste vriend, en handel daarvolgens, dan sal jy goed doen!”

[11] Ons gaan van die plek van die brand weer huiswaarts en gaan dadelik slaap, omdat Ons hierdie dae baie gewerk het.

[12] Die volgende dag, `n Maandag, maak Ons die kis vinnig klaar vóór sonsopkoms en gaan na die oggendmaaltyd dadelik na die buurman, wie se huis deur die brand beskadig was. Hy versoek Ons om sy beskadigde huis weer te herstel.

[13] Toe sê Ek aan hom: “Wanneer jy sou kan swyg en slegs `n uur lank al jou bediendes, ook jou vrou en kinders, van jou huis sou kan weghou, sal jy God se groot heerlikheid kan sien! Jou huis sal dan spoedig in orde wees!”

[14] Die buurman sê: “Ek sal swyg soos die graf en ook my mense sal ek nou na die veld stuur waar hulle almal moet werk, dan kan Julle doen wat Julle goeddink!”

[15] Ek sê: “Goed, doen dit, dan sal Ek myne doen!”

[16] Die buurman sorg onmiddellik daarvoor dat sy mense weggaan. Ons was alleen en sonder getuie.

[17] Toe Ons daar so staan en die buurman My vra wat Ek nou sou gaan doen sê Ek: “Jou huis sal nou vir jou op `n wonderbaarlike wyse herstel word! Uit vroeëre jare is jy nog bekend, dat dit aan My gegee is om deur My wil menige wonderbaarlike werke te verrig, maar Ek het dit nie meer in die tyd na My twaalfde lewensjaar gedoen nie, vanweë die groot boosheid van die mense en hulle totale ongeloof. Maar jy behoort nog tot die klein aantal regverdiges en glo wat Ek vir jou sê en daarom sal jy nou weereens ervaar waartoe God se krag en heerlikheid in die mens in staat is. Kyk na jou baie beskadigde huis! Ek, Josef en My broers sal geen byl in die hand neem nie en tog sal jou huis goed en deeglik herstel word!”

[18] Die buurman sê: “Baie goed, my jong Vriend, ek glo vas dat alles vir Jou dit moontlik is; maar netsoos Jy sien, het ek nog geen boumateriaal nie! Waar sal ons dit nou vandaan kry en waarvandaan die geld en uiteindelik nog ander middele om daardie materiaal te koop en dan geskik te maak?”

[19] Ek sê: “Ek het gister al daaroor gepraat dat Ons jou verniet sal help, ook met die materiaal, en daarom hoef jy jou nou oor niks meer besorg te maak nie! Kyk net nog eers na jou huis, hoe dit daar staan met die halfverbrande dak, wat `n droewigwekkende gesig! Maar Ek wil dat dit nou oombliklik goed herstel daarby staan! En kyk, waar is nou nog die geringste skade aan jou huis te ontdek?”

[20] Die buurman was buitengewoon verbaas en sê: “Ja, my jong Vriend, dit is waarlik God se mag en heerlikheid! Daarom eer aan God in den hoë, dat Hy die mens sulke krag en heerlikheid gegee het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205