Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 228

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

In die bos van die buurman

228 Ek wil nou ophou met die lang verhaal; maar Ons Agricola vra My of Ek nog meer uit die tyd van My jeug wil vertel.

[2] En Ek sê: “Luister dan nog `n kort tyd na My!

[3] Beide burgers het dus vertrek en Ons sê aan Ons buurman: “Alles is by jou nou weer heeltemal in orde; maar hou die wonderwerk so lank vir jouself totdat daar `n tyd sal kom dat dit sinvol sal wees om dit ook aan ander mense mee te deel!”

[4] Die buurman sê: “Maar wat moet ek aan my mense sê as hulle vanaand na die huis kom en vas en seker stom verbaas sal wees wanneer hulle sien dat die hele huis weer heeltemal herstel is?”

[5] Ek sê: “Jou mense, wat tog geen geloofshelde is nie en eerder aan alles sal glo as aan `n wonderwerk, sal jou nie vra hoe die huis weer in so `n kort tyd herstel is nie; want hulle sal dink dat Ons met man en mag daaraan gewerk het en dit dus ook maklik in één dag herstel het. Jou vrou het selfs baie gereeld haar mening uitgespreek dat die timmerliede met gemak `n huis in `n paar dae sou kan bou as hulle harder sou werk. Wel, hierdie keer het Ons baie hard gewerk en het jou vrou dus `n keer gelyk gehad!”

[6] Met hierdie raad was die buurman dit volkome eens. Ons verlaat hom en gaan weer huistoe om daar tot die middag te rus. Toe nuttig Ons Ons middagmaal en pleeg oorleg wat ons die middag sou doen, omdat daar geen werk op Ons gelê en wag het nie.

[7] Joses, die oudste seun van Josef, dink toe dat Ons êrens werk kon gaan soek.

[8] Maar Ek sê: “Omdat daar in hierdie omgewing nog ander timmerliede is wat ook wil werk en lewe, moet Ons hulle nie vóór wees nie! Die mense ken Ons en Ons werk per slot van rekening, en sal kom as hulle Ons nodig het; maar Ons sal Ons nie op hulle afdwing nie!

[9] Wanneer Ons tog iets wil doen, laat Ons dan na die bos van Ons naaste wonende buurman gaan, wat hier slegs `n kort halfuurtjie vandaan is, daar sal Ons wel werk vind voor vanmiddag!”

[10] Josef dink toe dat dit wel die geval kon wees, ofskoon hy nog geen opdrag daarvoor gehad het van die buurman nie.

[11] Ek sê: “Laat dit maar heeltemal aan My oor! Die opdrag is al lank heimlik `n hartewens van hom en Ons sal hom self in die bos aantref, terwyl hy by homself oorweeg hoe hy die tien ou seders geskik kan maak om `n nuwe skuur daarmee te bou. Hy wil die seders hierdie week deur sy drie knegte laat vel en dan eers met jou daaroor praat om hulle deur Ons te laat gereedmaak vir die bou; maar omdat nou sy, soos wat hy dink, beste en eerste kneg siek in bed lê, dink hy altyddeur hoe, wanneer en deur wie hy sy tien seders geskik kan laat maak vir die bou.

[12] Hy het al `n paar keer aan My gedink, sedert ek die bewuste eik bouklaar gemaak het; maar hy het nie die moed om My of jou daaroor aan te spreek nie. En as Ons hom nou vandag in hierdie saak uit eie beweging te hulp sal kom, sal dit sekerlik des te meer welkom vir hom wees. Daarom kan Ons onmiddellik op pad gaan!”

[13] Josef sê: “Watter gereedskap neem Ons dan saam?”

[14] Ek sê: “Ons het slegs `n byl en `n saag nodig, dan het Ons meer as genoeg!”

[15] Toe neem Ons die byl en die groot saag en gaan op pad.

[16] Maria (Maria) vra weliswaar hoe dit tog is dat Ons so selde tuisbly.

[17] En Ek sê: “Omdat Ons tuis niks te doen het nie! As Ons tuis iets te doen het, bly Ons ook tuis; maar jy het tuis altyd baie te doen, en daarom is dit ook goed dat jy meer tuis bly as Ons!”

[18] Daarop sê sy niks meer nie en Ons gaan; Ons kom spoedig op die plek waar Ons buurman heeltemal alleen na sy seders staan en kyk en staan te wik en weeg hoe hy dit die beste kon aanpak.

[19] Opeens sien hy Ons, kom heel vriendelik op Ons af en sê aan Josef: “O broer, jy kom as duisend maal geroep! Jy weet dat ek netso dringend `n nuwe skuur nodig het as die nuwe graankis. In die wye omtrek kan mens geen mooier hout daarvoor vind as dit nie! Maar dit het my al baie hoofbrekens gekos hoe ek die hout moet gereedmaak vir die bou! Ek het daarby al dikwels aan jou gedink; maar die vel van hierdie kolossale bome is tog eintlik geen werk vir `n boumeester en sy meester Seun nie. Daarom durf ek tot nog toe ook nog nie met jou daaroor te begin praat nie, ofskoon ons al wel `n paar keer met mekaar gepraat het oor die noodsaak van `n nuwe skuur. Maar omdat julle tog nou hier is - seker hierdie weg nemend omdat julle miskien in hierdie berge `n opdrag het, wil ek graag kortliks met julle oorleg pleeg wat ek die beste sou kan doen.”

[20] Josef sê: “Jy vergis jou as jy dink dat Ons nou op weg is om hier êrens in die gebergte te gaan werk. Ons het spesiaal vir jou hiernatoe gekom om dit vir jou te doen waaroor jy my nie durf aangespreek het nie!”

[21] Toe die buurman dit hoor was hy baie bly en begin dadelik met Josef oor die loon te praat.

[22] Maar Josef sê: “Eers as die skuur klaar is, sal Ons oor die loon praat! Maar laat Ons nou maar onmiddellik aan die kap gaan; want die dag sal nog `n paar uur duur en Ons kan nog baie werk verrig!”

[23] Die buurman sê: “Doen, wat jou vaardigheid en kennis jou toestaan; want wat julle gereeld in uiters kort tyd kan, weet ek maar al te goed, veral jou jongste Seun! Maar daaroor praat ek nou verder nie!”

[24] Ek sê: “Glo jy aan My innerlike krag en almag?”

[25] Die buurman sê: “Heer, hoe sou ek nie daaraan kan glo, terwyl ek tog al soveel bewyse daarvan het nie?!”

[26] Ek sê: “Goed dan! Maar sorg alles daarvoor dat julle nie oor My praat vóór die tyd nie! En wanneer dit sal kom, sal julle wel van My verneem. Maar gee My nou die byl, sodat Ek hierdie tien bome onmiddellik kan vel!”

[27] Ek neem nou die byl en kap met elke slag `n boom om, waar ander houthakkers minstens `n volle dag voor nodig sou gehad het.

[28] Toe die tien bome nou daar lê het almal `n eienaardige gevoel en Josef sê aan sy ander seuns: “Julle het almal al aan hom getwyfel, ofskoon ek julle gereeld gesê het: Wie eenmaal deur God uitverkore is vanaf die wieg, verlaat Hy nooit weer nie! En nou het julle jul almal self daarvan oortuig hoe God nog geheel en al met Hom is en wonderbaarlik werk! Daarom moet julle voortaan nie aan Hom twyfel nie, maar Hom ook aan niemand verraai nie; want Hy weet self goed waarom Hy nou nog verborge wil bly!”

[29] Almal gee Josef gelyk en belowe ook plegtig om oor dit en ook elke ander wonderwerk, te swyg, solank Ekself dit wil.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205