Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die vra van die Romein na die Messias

23 Agricola sê: “Ja, my liewe dogter van Jerusalem, teen so `n uitspraak van jou is vanselfsprekend natuurlik nie so veel in te bring nie, maar daar sal nog wel `n tyd kom dat jy baie anders sal oordeel en spreek oor die verhewe Man.

[2] Het jy as Judeër dan nog nooit iets oor `n Messias van die Judeërs gehoor wat moet en sal kom om Sy volk te verlos uit die ysterkloue van die tirannie van die sonde, wat nou die hele wêreld kliphard met ewige vernietiging bedreig nie? Sou die verhewe Man dan nie toevallig die beloofde Messias van die Judeërs en tewens van alle mense op die hele aarde kan wees nie? Hoe dink jy daaroor?”

[3] Die Judeër sê: “O vriend, so `n voorspelling klink wel baie, baie troosryk, maar al ons profesieë is in sulke bewoordings gestel dat hulle ten eerste nie deur die priesters begryp word nie en ten tweede nog veel minder deur ons leke! Bowendien is alles in die voorspellings van die profete so vaag gestel dat mense soos ons nie daaruit kan wysword wanneer die Messias sal kom, hoe Hy daar sal uitsien, watter eienskappe Hy sal besit en waaraan mens Hom die vinnigste en maklikste sal herken nie.

[4] Die een keer is Hy `n kind, die ander keer `n Lam, die Leeu van Juda, dan weer `n hoëpriester in ewigheid - en wel op die manier van Melgisédek - afstammeling van Dawid, `n ewige koning van die Judeërs, en so is Hy nog onder verskillende ander name en aanduidings belowe, sodat jy uiteindelik heeltemal nie meer kan uitmaak as wat en in welke menslike vorm, op welke manier en in welke amp Hy in hierdie wêreld na ons Judeërs toe sal kom nie.

[5] Origens sou ek ook werklik heeltemal niks daarteen hê as juis die verhewe Man daar die ware Messias sou wees nie; ek begryp net nie dat juis ons priesters hulle om hierdie welhaas ware Messias gladnie skyn te bekommer nie! Hulle sou tog in die allereerste plek - terwille van die volk - sodat hulle dit eers glo - volledig op hoogte daarvan moet wees. Want hy was immers saam met U benede by die groot stadspoort, toe U, verhewene, met die owerste van die tempel, vanweë my broer `n twisgesprek gehad het, en kyk, hy skyn Hom heeltemal nie te ken nie! Hoe is dit dan?”

[6] Agricola sê: “Dit het gebeur omdat die tempeldienaars te heerssugtig en inhalig is en vir niks anders oë voor het as maar net vir alle soorte en vorms van aardse luuksueuse lewe nie, netsoos jy self ondervind het. Om dit te bereik, neem die tempeldienaars hulle toevlug tot alle moontlike leuens en bedrieëry en hulle is, netsoos ek myself oortuig het, vyande van elke waarheid en daarom ook van al die waaragtige. Hulle het die mond wel vol van die naam van Moses en die ander profete, maar hulle leer en voorskrifte verag hulle en hulle gee aan die volk hulle eie slegte en selfsugtige reëls in plaas van die van Moses en die ander profete en kwel die volk deurdat hulle allerlei onnodige laste vir hulle oplê om hulle geestelik en fisies te onderdruk.

[7] Maar hierdie verhewe Man is die liefde, die waarheid en die hoogste wysheid self en Hy getuig van die groot slegtigheid van die fariseërs, wat hulle as priesters en skrifgeleerdes vir die volk aanbied en wat hulle mateloos laat vereer en ook gewoonweg laat aanbid, asof hulle dienare van God is, aan wie hulle nie glo nie en wat hulle ook heeltemal nie ken en ook nie wil ken nie. Daarom is hulle Hom vyandig gesind en wil niks van Hom hoor of weet nie, wat maar al te duidelik blyk.

[8] Ek het myself `n paar dae gelede direk na my aankoms daarvan oortuig hoe hulle Hom, toe Hy in die tempel geleer het, wou stenig, omdat Hy hulle die volle waarheid gepredik het. As jy dit nou weet, sal jy ook wel die rede sien waarom julle tempelpriesters hierdie verhewe Man nie as die beloofde Messias en Verlosser van die wêreld wil aanvaar nie, wat egter in feite geen saak maak nie, want of julle tempeldienaars dit nou aanneem of nie, Hy bly tog die Een, wat Hy volledig volgens waarheid is. Lieftallige dogter, begryp jy dit nou goed?”

[9] Die Judeër sê: “O ja, dit begryp ek nou baie goed; u sal wel volkome gelyk hê! Voor hulle daar benede sou Moses en Elia nou wel sigbaar uit die helder hemel af kan daal en aan hulle hulle groot skanddade toon en hulle tot ware boetedoening maan en hulle dan hierheen bring en hulle in die verhewe Man die beloofde Messias toon, dan sou hulle selfs hierdie twee grootste profete nie glo nie, maar hulle maar net vervolg en belaster! O, dit is vir ons maar `n al te bekende saak! Maar laat ons nou ons gesprek beëindig, want ek merk dat iemand anders ook iets wil sê en die verhewe Man skyn iets te doen, waarop ons baie goed moet ag slaan!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205