Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die jong Judeër vermoed wie die Heer is

25 Nou eers begin daar by die dogter innerlik `n helder lig oor My op te gaan, sodat sy daarop met haar moeder na My toe kom en sê (die jong Judeër): “O Majesteit en Heer, my hart sê vir my wat net U hier doen, vir geen mens, geen profeet en sonder U wil ook geen engel nie, maar alleen vir `n God moontlik is en daarom is U ook `n God! Daarom is ook U alleen al ons verering en liefde werd ons hele lewe lank! U alleen kom alle eer en alle lof toe!”

[2] Ek sê: “Wie My woorde glo en daarvolgens handel, sal salig word! Maar julle glo nou, omdat julle `n teken gesien het en sê dat Ek `n God is, maar sou julle geen teken gesien het nie, dan sou julle ook nie geglo het nie en nie gesê het dat Ek `n God is nie. Wel, hoe gebeur dit?

[3] Kyk, dit gebeur omdat daar in julle tot nou toe nog geen waarheid is en ook nie kan wees nie, omdat julle nou eenmaal nog nooit `n waarheid gehoor het nie! Maar Ek sê julle nou: Streef almal na die suiwer Waarheid, want Sy alleen kan julle volkome vry maak na liggaam en siel; na die liggaam omdat die waarheid aan julle sal sê waarom julle `n liggaam te dra gegee is, en na die siel omdat die siel julle vanuit die waarheid in haar self sal sê dat julle bestaan vir dit verkry van die volledige vryheid en die ewige selfstandigheid!

[4] Wel, my arme, liewe dogter, Ek sou dit egter nie aan jou gesê het, as Ek nie geweet het dat jy in alle opsigte, uitsonderlik goed opgevoed is nie. Maar Ek sê jou dat Ek mense, wat soms aan hulle eie mening vashou, liewer het as hulle wat al gou na enkele aanwysings en bewyse so vinnig soos `n rietstingel in die storm meebuig en hom aan hierdie regter (die storm) onderwerp, wat duidelik bewys dat hulle nie veel eie krag besit nie. Wanneer iemand egter self geen krag besit en met sy verstand geen goeie oordeel kan vel nie, is hy vir die ryk van God net so min geskik as diegene wat `n akker ploeg en daarby voortdurend agtertoe kyk.

[5] En sien, lieflike meisie, so staan dit nou met jou! Jy het My so pas wel `n God genoem, daartoe gedwing deur die teken en My wysheid, maar op daardie selfde oomblik het jy die God van Abraham, Isak en Jakob verwerp. Want jy dag by jouself: “Wie so wys kan spreek en sulke onbegryplike wonders kan doen, is volgens my sonder meer `n God!” Maar nou betreur jy al heimlik in jou hart dat jy dit gesê het, omdat jy dadelik daarna weer gedink het aan die wet van Moses en jy is nou bang, omdat jy in `n gemoedsopwelling die ou JaHWeH vergeet het en My die eer gegee het wat slegs die ware God toekom. En sien, dit heet die hand aan die ploeg slaan en daarby agtertoe kyk!

[6] As jy My egter wel sien as `n God, dan moet jy My ook heeltemal as God erken en buiten My, aan geen ander God dink nie. Want as jy nou sê dat Ek `n God is, maar daarby ook aan die ou God dink en vrees om daardeur teen die wet van Moses te sondig, dan het die getuienis van jou vir My geen waarde nie en daardeur is jy nie veel beter as `n heidin, wat ook wel aan die God van Moses glo, maar daarnaas tewens aan Jupiter, Apollo, Mercurius en nog veel meer ander gode glo.

[7] Kyk, toe jy na My toe gekom het, dag jy dat Ek één van die genoemde gode van die heidene was en terwille van die hoë Romeine eer jy My! Maar dadelik dink jy aan die God van Moses, wat sê: “Jy sal slegs in één God glo en geen vreemde gode naas My hê nie!” Die berou oorval jou, omdat jy dit hardop gesê het en sien, dit was dus duidelik nie eerlik van jou nie! Want as jy in die God van Abraham, Isak en Jakob glo, dan kan jy My nie as God begroet nie. Glo jy nou egter werklik dat Ek `n God is, dan moet jy jou ou God laat vaar, omdat daar maar één God kan wees en geen twee of nog meer, netsoos daar ook maar één oneindige ruimte en maar één ewige tydsduur is waarin alles bestaan en gebeur.

[8] Alleen wanneer jy sou kan glo dat Ek en jou ou God miskien één en dieselfde is - hoewel daar geskryf staan dat niemand God kan sien en lewe nie - dan sou jou gewete tenminste rustiger bly en jy sou daardeur vir jou ou God minder bevrees wees! - Maar sê My nou wat jy sal doen!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205