Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die uitvlug van die Judeër

26 Toe dink die jong Judeër `n rukkie na, wat sy nou daarop moes sê, want sy was diep geraak.

[2] Maar haar moeder, wat minder aangedaan was, wil haar vinnig uit die verleentheid help en sy sê aan haar (die moeder): “Waarom staan jy nou so angstig en verleë na te dink oor wat jy sal sê? Is daar dan iemand wat die ou God van Abraham, Isak en Jakob ooit gesien het? Niemand weet iets anders oor Hom as wat hy uit die Skrifte, wat suiwer deur mense geskryf is, oor Hom gelees het of wat hulle die priesters oor Hom hoor sê het. Maar die priesters, wat die ou God die beste ken en wat in alles Sy gebooie die ywerigste sou moet opvolg, doen juis die teendeel en gee deur hulle doen en late vir elke weldenkende mens die bewys dat die ou God van die Judeërs egter netso min bestaan het as alle gode van die heidene, wat ook nooit deur `n mens uit ons tyd gesien is nie. Maar hierdie God sien ons, ons hoor Sy wyse woorde en bewonder Sy buitengewone dade, wat slegs vir `n almagtige God moontlik is. Wat hou ons dan nog verder daarvan af om Hom as die enigste ware God te erken en Hom alleen die eer te gee?!”

[3] Daarop sê die dogter: “Ja, ja, moeder, dit sou alles wel waar wees, as ons met volkome sekerheid sou kan beweer dat daar nooit `n Moses en nooit `n profeet bestaan het en al die geskrewene vanaf Moses maar net `n versinsel is van steeds gelykgesinde fariseërs. Maar dit is tog nie sonder meer te bewys nie en daar staan, netsoos bekend, in die boeke van Moses en van die ander profete, tog baie dinge wat buitengewoon goed en waar is en waarvan, na my wete, die fariseërs steeds `n afkeer het en waar hulle hulleself nooit mee besig hou nie, netsoos mens weet. En dus kan ons tog nie sonder meer aanneem dat die fariseërs, wat een na die ander, die hele sogenaamde Heilige Skrif onder allerlei versinde name saamgestel het. Dit is duidelik dat dit geskryf is deur mense wat deur God besiel was en dit is dan ook God se woord, al het die deur God besielde manne God nooit gesien nie! En dit is daarom altyd `n baie gewaagde saak om `n mens, vanweë sy spreek en buitengewoon wonderbare dade dadelik as God te erken en te prys.

[4] In my eerste verrassing het ek dit ook gedoen, en ek het in my waan nie in die minste rekening gehou met die groot blindheid van my hart, waardeur ek baie gou twee gode sou aanbid het. Die verhewe Man het my egter dadelik op die regte spoor gesit deur my baie duidelik en baie begryplik te verstane te gee, dat hy geen God nie, maar slegs `n groot, deur God besielde profeet is - en meer het ons nie nodig nie.

[5] Weet ons dan nie dat die profeet Elia nog vroeër sal kom as die groot Messias nie?! En - netsoos u, moeder, wel weet - vergis ek my nou eenmaal nie so maklik en daarom sê ek dat hierdie buitengewoon verhewe Man die opnuut gestuurde Elia is en hierdie meer as mooi jong man sy leerling Elisa. Maar van nou af aan sal ons waarskynlik nie meer lank op die groot Messias hoef te wag nie!

[6] Dit is nou my mening en omdat hierdie verder so wyse Man die wonders doen, dink dat ek in my geloof `n rietstingel is, wil ek sy mening nou met die grootste stelligheid weerlê. Netsoos dit in die wêreld nie alles goud is wat daar blink nie, sal ek ook hier aantoon dat alles ook nie swak is, wat as sodanig daar uitsien nie.

[7] Daar is maar één God, maar daar kan baie profete wees, en ek reken hierdie verhewe Man nou ook baie duidelik onder hulle. Daarom glo ek nou dat ek u en hierdie origens verhewe Man op sy vraag aan my tog sekerlik die beste antwoord gegee het. Sy opmerking aan my oor die God van Abraham, Isak en Jakob was baie goed en ek voel my daardeur baie aangespreek en ek is Hom vir hierdie les en vir alle ander weldade wat hy ons bewys het in hoë mate dank verskuldig; maar of Hy die beloofde Messias is, dit is nog lank nie in orde nie! O, ek is alles behalwe `n swak rietstingel!”

[8] Toe vermaan die moeder haar dogter om nie so ydel en weerbarstig te wees nie.

[9] Die dogter sê: “Ek is nie weerbarstig en glad nie ydel nie, maar ek rig my volgens dit wat hierdie verhewe Man en groot Heer ons leer en ek is Hom van ganser harte dankbaar vir die oorgrote weldade wat Hy ons bewys het. Wat kan ek en wat kan ons almal nog meer doen? Maar ek wil ook nie onwillig wees om hierdie verhewe Heer as `n ware Messias en Verlosser van die mense te beskou nie, want dit was immers in `n sekere sin elke groot en onder bepaalde omstandighede ook elke klein profeet, omdat Hy die mense wat in die algehele nag van die lewe versonke was, weer die lig van die lewenswaarhede gebring het en hulle uit die slyk van die wellustigheid weer na `n suiwerder geestelike en waaragtige lewe verhef het. En dit doen, netsoos ek dit nou baie goed bemerk, ook hierdie man, wat vol heerlikheid en vol waaragtig goddelike krag en mag is en daarom is Hy dan ook beslis `n ware Messias vir die mense wat hulle deur Hom laat onderrig.

[10] In my oordeel oor Hom kan ek my onmoontlik baie vergis, want ek oordeel nou slegs volgens wat ek van Homself gehoor en gesien het. Miskien kan die saak nog baie anders staan - wat ons nie kan weet nie - maar ons kan dit onmoontlik mis hê as ons nou maar net daardie een aanneem wat ons kan aanneem volgens dit wat ons gehoor en gesien het. God se gees, krag en barmhartigheid bly Hom steeds lei tot welsyn van alle mense!”

[11] Die moeder sê: “Liewe dogter, ek sou jou nog veel meer liefhê as jy maar nie so ontsettend ouderwets was nie! Die ou rabbi het jou kop twee jaar lank volgeprop met al die moontlike wat `n mens op hierdie wêreld maar aan kennis kan besit en jy weet alles al dadelik beter as ons, jou ouers, en daardeur het jy dalk volkome onuitstaanbaar geword, en ek merk nou dat hierdie groot Heer ook al byna genoeg van jou gehad het! Daarom lyk dit vir my nou raadsaam om Hom om vergewing te vra en dan na ons plek terug te gaan!”

[12] Toe sê Ek: “O, dit is nog lank nie nodig nie, want Ek het immers nog niks aan jou dogter Helias kon sê nie, omdat jy, as haar moeder, maar net met haar gepraat het! Laat My nou ook met die mooi Helias praat, dan kan sy as `n knap jong vrou vir haarself en daarna ook vir vele ander, met wie sy in aanraking sal kom, volledig volgens waarheid te hore kry met wie sy in My persoon te make het. Want tot nou toe weet sy nog niks en jy as haar moeder nog minder! Spreek jy, moeder, daarom eers wanneer Ek jou iets vra!”

[13] Toe sê die moeder niks meer nie, maar vra My tog om in My omgewing te mag bly, wat Ek haar dan ook toestaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205