Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Oor menslike kritiek. Die raad van die Heer om julle van alle twyfel te ontdoen. Die innerlike omgaan met die Heer

38 Helias sê: “O Majesteit en Heer, in U Gees van ewigheid! Wat moet ek, arm meisie, nog meer sê? Want om met U oor goddelike sake te spreek, kom my nou net so voor as wanneer `n onnosele dwaas hom sou voorneem om met `n eetlepel die hele onmeetlike see in `n emmer te skep. Alles wat U sê, o Heer, is waarheid; maar alle mense saam weet heeltemal niks nie. My kritiek op die laaste gebod het vir my so korrek as die mees onomstootlike waarheid van die hele wêreld gelyk, en wat het daar nou van my kritiek op die wet oorgebly? Nie net heeltemal niks nie, maar `n uitspraak waaroor mens hom `n hele ewigheid lank sou kan skaam, dat mens so dom was om dit uit te spreek en daardeur ook sy eie domheid egter vir elkeen duidelik sigbaar gemaak het. Majesteit en Heer, werklik, ek is nou in hoë mate ontevrede oor myself en ek het diep berou daaroor dat ek dit ooit gedurf waag het om my in `n woordewisseling met U in te laat! Wat sal al hierdie versamelde wyse manne nou van so `n eiesinnige en ingebeelde meisie dink? O Majesteit en Heer, ek begin my nou ontsettend te skaam!”

[2] Ek sê: “Wel, waarom dan eintlik? Ek het jou immers Self daarvoor gevra, en jy het steeds self gesê: wie doen wat Ek wil, sondig nie! Jy het maar net gedoen wat Ek wil, en daarom het jy dan ook nie gesondig en as jy nie gesondig het nie, dan hoef jy jou ook nie vanweë een of ander sonde voor My te skaam nie. Want wat jy gesê het, was nie alleen terwille van jouself baie belangrik nie, maar ook vir al die ander, want hulle het almal presies dieselfde twyfel en is nou geheel en al daarvan genees. En kyk, dit was ook min of meer die werk van jou waarlik baie bedrewe tong, en dit was iets baie goeds en heeltemal niks slegs nie en dus hoef jy jou nie te skaam oor wat jy gesê het nie. Jy het vir jou jeugdige leeftyd `n baie suiwer verstand en dit is die aanvanklike lig van die hart. En wie `n regte lig in sy hart het, kan ook gou en maklik die egte lewenslig vind. Begryp jy wat Ek jou daarmee gesê en laat sien het?”

[3] Helias sê: “O Majesteit en Heer, dit begryp ek goed, maar desondanks is ek tog volledig daarvan bewus dat ek die mees volkome niks in die niks is en U die volmaaktste alles in alles is! Maar van nou af aan vra ek U, o Heer, om my nie meer tot praat aan te moedig nie, want ek is baie blind!”

[4] Ek sê: “Jy sou nog wel moes gepraat het, omdat jy die profete ook verdag gemaak het; maar omdat jy nou insien en begryp dat die wet van Moses suiwer goddelik is en geen gebreke en haat in hom het, asof dit `n menslike wet sou gewees het nie, kan jy jou die res nou bespaar. Maar as daar nog iets is wat jou met twyfel vervul, dan kan jy dit vra, en dan sal `n lig aan jou gegee word.

[5] Hier om My heen sit My oudste leerlinge, en die skynbare jong man is My dienaar, netsoos wat Ek nog baie het; ook hom kan jy vrae stel, dan sal hy jou netsoos Ekself en netsoos My leerlinge oor alles die regte opheldering gee. Ekself gaan nou na My jong seuns wat hulle daar aan die ander kant van hierdie herberg in `n vertrek bevind, om hulle na buite te bring. Maar slegs Lasarus, Agricola, die Romein, en die slawehandelaar Hibram mag My begelei.

[6] Nou weet jy, Helias, wat jy moet doen as jy nog meer lig wil hê, want Ek moet nou iets anders doen, aangesien die son nog maar ruim `n halfuur aan die hemel sal bly. Dan kom die baie uitheemse gaste na sonsondergang, wat hulle aandmaaltyd buite onder die tent sal inneem en dan is daar vir My geen tyd om buite tussen die wêreldse mense rond te loop nie, maar Ek wil dan weer hier in julle midde wees. Maar as die vreemdelinge na die aandmaaltyd weer na hulle hutte toe gaan, sal Ons Onsself gesamentlik na buite begeef, en daar sal julle almal wonderbaarlike dinge beleef. Bly nou dus hier en versterk mekaar se gees tot Ek weer na julle toe terugkom!”

[7] Helias sê nou met `n bedroefde stem: “O Majesteit en Heer, waarom mag ek dan nou nie saam na buite nie? Ek sou tog so sielsgraag altyd so naby as moontlik by U wil wees!”

[8] Ek sê: “Dit is werklik baie loflik van jou, maar jy kan ook sonder My persoonlike aanwesigheid steeds baie naby wees, as jy in jou hart maar naby My is! Sien, in Genésaret is daar ook `n baie lieflike meisie, wat Jarah heet; sy het vir My as persoon al vir byna `n hele jaar nie meer gesien en tog is sy in haar hart nog veel nader aan My as wat jy nou is! Ek kan elke oomblik met haar praat en sy hoor elkeen van My woorde baie presies in haar hart en rig haar streng daarvolgens. Doen jy dieselfde, dan sal jy jouself ook netsoos Jarah steeds baie naby My bevind, ook wanneer Ek nie meer in die liggaam en vlees op hierdie aarde sal rondloop nie! Begryp dit en rig jou lewe daarvolgens in, dan sal jy die ewige lewe in jou hê!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205