Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die bekering van die slawehandelaars

4 Eers toe die volk hulle op die manier vinnig heeltemal versprei het, loop Ek saam met RafaEl, Agricola en Lasarus na die vernaamste handelaar toe en sê in sy taal aan hom: “Wie gee julle om te begin die reg om mense en hulle kinders as koopware op die publieke markte te verkoop en hulle daardeur tot slawe van tirannieke, geil kopers te maak?”

[2] Die leier van die handelaars sê: “As U hulle van my wil koop, dan laat ek U sien dat ek die reg daartoe het; koop U hulle egter nie, dan sê ek U, as U dit wil, eers vir die landvoog dat ek die reg daartoe het. Vroeër was ek immers self as slaaf verkoop, maar my meester, wat ek getrou dien, het my daarna my vryheid en baie geld geskenk. Ek het weer na my geboorteland gegaan en handel nou self met dieselfde koopware as waarmee ekself twintig jaar gelede `n ander moes dien. As slaaf het ek gelukkig geword, waarom hulle dan nie?! Bowendien is dit in ons land al `n baie ou gebruik en ons wyses het ons nog nooit daaroor tot verantwoording geroep nie. Ons sondig daardeur nie teen die wette van ons land nie en vir die van U land betaal ons `n losprys; dus hoef ons onsself teenoor niemand te verantwoord vir ons goeie reg nie!”

[3] Ek sê: “Maar dertig dae gelede was jy tog in die berge, waar jy dertig skape, tien osse, tien koeie en tien kalwers geoffer het en jou waarsêer het aan jou gesê: “As jy op jou reis geen bliksem sal sien en geen donder sal hoor nie, sal jy slaag!” Jy het dit as `n goeie saak geïnterpreteer omdat jy gemeen het dat daar so laat in die jaar wel geen onweer met bliksem en donder sou voorkom nie, en jy aanvaar saam met jou medehandelaars die verre reis. Maar nou het dit dan tog gedonder en eers gebliksem! Wat gaan jy nou doen?”

[4] Nou kyk die leier van die handelaars My vol verbasing aan en sê: “As U slegs `n mens is net soos ek een is, kon U dit nie geweet het nie! Want ten eerste was U nog nooit in ons land gewees nie, en ten tweede weet niemand in die hele wêreld waar die grootste en beroemdste waarsêers woon nie. Ook kan geen mens dit aan U verraai het nie, want ons verraai mekaar nie, ook nie vir alle skatte van die wêreld nie. Hoe ken U dus my grootste geheim? Vriend, vertel my net dit, dan is al hierdie slawe U s`n!”

[5] Ek sê: “Het julle waarsêer nooit gesê dat daar nog een groter god was van wie hy slegs uit ou, geheime skrifte gehoor het nie? Maar vir sterflinge was dit te groot en onbegryplik en daarom moes hulle hulleself nie verder daaroor bedruk gemaak het nie! Het julle waarsêer dit nie so gesê nie?”

[6] Nou raak die leier van die handelaars heeltemal buite homself en sê: “Ek het dit al gesê en ek sê dit nog eens: U is geen mens nie, maar - U is `n god! En wat sal ek, `n nietige erdwurm, my teen U verset, aangesien U my immers met één blik kon vernietig?! Dit is waar, aards gesien doen ek geen goeie sake nie, maar al het ek nog duisend maal soveel slawe as wat ek hier het - en die is egter baie geld werd - dan sou dit alles U eiendom wees! Want weet U, groot en onbegryplik verhewe Vriend, in ons land weet ons merendeels goed waar die skoen wring, maar help kan ons onsself nie! Help U ons, Vriend, dan sal nie alleen hierdie slawe nie, maar duisend maal meer en hoeveel U daar ook maar meer wil hê, U s`n wees, want U is geen mens nie, maar U is `n volkome waaragtige God!”

|7] Ek sê aan die omstanders: “Neem almal `n voorbeeld daarvan! Dit is slawehandelaars van die slegste soort, en hoe vinnig het hulle My nie herken nie! En daar bo staan die tempel wat Dawid en Salomo vir baie geld vir My laat bou het, maar wat `n ontsettende verskil bestaan daar tussen hierdie slawehandelaars, wat slegs die liggame van die mense verkoop, en hulle wat die siele verkoop aan die hel!”

[8] Kyk, hierdie slawehandelaars is Elia`s vergeleke by die ellendige sielesluipmoordenaars daar bo! Daarom sal dit met Sodom en Gomorra later ook beter gaan as die gemene helse gebroedsel daar bo. Want as daar in Sodom en Gomorra sou gebeur het wat hier gebeur, dan sou hulle in sak en as boete gedoen het en salig geword het. Maar hier is Ek Self aanwesig en hulle staan My as mens na die lewe!

[9] Kyk, hier naas My staan My lieflingsengel RafaEl en Ek sê vir julle: Daar bestaan meer ooreenkomste tussen hom en hierdie slawehandelaars as tussen hom en die dienare van God daar bo! Ek sê vir julle: Hierdie slawehandelaar is reeds `n engel, maar die daarbo is duiwels!”

[10] Toe rig Ek My weer tot die slawehandelaar en sê aan hom: “Vriend, hoeveel verlang jy vir al hierdie slawe van jou? Sê dit maar!”

[11] Die leier van die handelaars sê: “My God, wat moet ek, `n swak sterflike mens, dan wel van U verlang? Al hierdie slawe en nog duisend maal meer gee ek U as U my slegs die barmhartigheid werd ag om my te sê wat daar nou eintlik met ons makeer!”

[12] Ek sê: “Laat hulle dan almal vry, dan sal Ek jou die ewige vryheid van jou siel en die ewige lewe gee!”

[13] Daarop sê die leier van die handelaars: “Die koop is gesluit, want met gode kan jy maklik sake doen. Laat alle slawe vry, want ons het nou die beste koop gesluit! Dat ons slawe nie sleg daarvan afgekom het nie, is ek al by voorbaat van oortuig. Self het ons egter die grootste wins gemaak, want ons het daarmee by God die ewige lewe gekoop. Metgeselle, is julle dit daar alles mee eens?”

[14] Almal sê: “Ja, Hibram, nog nooit het ons meer wins gemaak nie! Maar ons waarsêer het hom die keer baie vergis, want juis die bliksem en die donder het ons die grootste geluk besorg! Maak die boeie van die gevangenes los en laat hulle die gratis eiendom wees van hierdie suiwer God! Ons sal die terugtog dadelik aanvaar!”

[15] Ek sê: “O nee, die geboeide mense neem Ek wel aan, maar self bly julle nog drie dae hier, egter nie op eie koste nie, want vir julle sal Ek tydelik en ewig die Een wees wat betaal!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205