Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die nagtelike ligverskynsel van die tien wolkepilare

44 Ek het dit nouliks gesê, of elkeen staan op en kom agter My aan na buite. Toe Ons almal buite staan, bewonder vele die mooi tente met hulle baie praktiese inrigting en verbaas hulle oor die vinnige vervaardiging daarvan, omdat hulle in die môre nog niks daarvan bemerk het nie. Daar kom net vinnig `n einde aan hierdie verbasing, omdat Ek die aandag van alle aanwesiges dadelik op iets anders wil rig. Maar wat was dit, waarop Ek alle aanwesiges opmerksaam wou maak?

[2] In die ooste rys naamlik `n gloeiende wolkpilaar op, wat hoër en hoër styg, sodat dit vir almal wat haar sien, voorkom asof sy dadelik al tot aan die sterre reik. Die pilaar word ligter en ligter tot sy so lig as die maan was en dit in die hele omgewing byna so lig was as in die middel van die dag. Nou vra almal My wat dit was en wat dit beteken.

[3] Maar Ek sê: “Julle moet maar geduld hê, beste vriende, daar kom nog meer! Eers as julle alles gesien het, sal Ons sien waar dit eintlik vandaan kom en wat dit beteken. Kyk dus maar aandagtig na alles wat nog daar sal verskyn, want daar staan immers in die profete geskryf dat daar in hierdie tyd ook aan die hemel tekens sal geskied en nie alleen op aarde nie. En omdat daar nou sulke tekens geskied, sien julle ook selfs met julle liggaamlike oë dat die woorde van die ou profesieë nou vervul word. Maar let nou verder op wat daar nog alles te voorskyn sal kom!”

[4] Almal kyk nou weer na die ooste en sien, `n tweede, gelyke pilaar wat omhoog styg en ewenaar weer die skynsel van die maan, en die omgewing word nog veel ligter! En dit duur nouliks enkele oomblikke of daar styg `n derde wolkpilaar op, wat die omgewing nog sterker verlig. Dit sien egter nie alleen diegene wat by Ons op die berg staan nie, maar ook vele in Jerusalem en vele in die hele Judese land en daardeur ontstaan daar `n groot rumoer in alle stege en strate van die stad, sodat mens dit op die berg selfs goed kon hoor.

[5] Toe sê Lasarus aan My: “Heer, as dit nog lank duur, sal Ons hierdie berg baie gou vol mense kry! Daarom moet Ons die poort benede maar vinnig gaan sluit.”

[6] Ek sê: “Broer, wees maar nie besorg daaroor solank Ek by jou is nie, want sonder My wil sal daar selfs geen vlieg in hierdie tuin kom nie, laat staan `n mens! Maar let nou wel goed op, want daar sal nog sewe sulke pilare opstyg!”

[7] Nouliks het Ek dit gesê of daar styg ook al die vierde, dadelik daarop die vyfde, sesde, sewende, agtste, negende en tiende pilaar omhoog op redelike afstand van mekaar, en hierdie tien pilare, waarvan die lig dit van die volle maan ewenaar en nog toeneem, versprei uiteindelik so `n sterk lig oor die hele omgewing, dat mens die lig tot aan die oewers van die Middellandse See nog baie goed kon waarneem en tot aan Klein-Asië, en verder in die ander rigting na die ooste tot in die verre streke van die Eufraat-rivier.

[8] Elkeen in die stad was met stomheid geslaan. Die heidene beskou dit as `n Malum Omen (slegte voorteken), die Judeërs spreek al oor die Jongste Oordeel. Ander sogenaamde voorspellers kondig weer tien vrugbare jare aan, ander weer tien baie warm en dus onvrugbare jare.

[9] Maar één `n ou rabbi roep hardop deur alle strate: “Dit beteken die koms van die Messias en die tien pilare is die simbole van Sy krag en omdat hierdie pilare in die ooste staan, gee dit aan dat die Messias van daar af na Jerusalem sal kom!”

[10] Maar hierdie rabbi word nie geglo nie en word deur vele wat hom gehoor het, uitgelag en die wêreldse mense sê aan hom: “Skei uit en hou op met jou ewige gesanik oor die Messias; want jy sien al so lank in elke wolk wat deur die maan verlig is, die Messias kom! Toe ons `n paar dae gelede `n maansverduistering gehad het, wat ook veel verwarring veroorsaak het, het jy ook al die koms van die Messias aangekondig. Die slim Essene, wat in die streek hulle groot nedersetting het waar hulle hulle magiese kunste beoefen, het die maansverduistering al `n jaar gelede baie akkuraat bereken, maar jy sien daarin dadelik jou Messias in lewende lywe aankom! Jy kry straks nog wat van jou Messias! Hierdie tien pilare is baie mooi om te sien en is niks anders as `n produk van die Esseense toorkuns nie! Gaan na die Essene, hulle sal jou vinnig genees van jou Messias!”

[11] Hierdie radikale natuurlike en wêreldse uitleg maak op die ou rabbi egter geen indruk nie en hy bly skreeu en roep hardop (die ou rabbi): “Sê julle maar wat julle wil, binnekort sal dit wel blyk of ek verkeerd geoordeel het! God rig Hom nie volgens wêreldse praatjies van sulke wêreldse mense soos julle nie, maar volgens die woorde van Sy eie voorspelling, wat Hy aan die mense bekend gemaak het, deur die mond van Sy profete. Kyk maar uit, julle slegte en bose jongeres, dat daar geen duiwel kom om julle almal te haal nie! O, sondig nie teen `n ou rabbi nie!”

[12] Ek vertel ook op die berg aan Myne wat die verskynsel daar benede in die stad aan menings en uitsprake opgeroep het en dit stem almal vrolik.

[13] Lasarus en ook My leerlinge dink dat die rabbi eintlik wel gelyk het en dat dit gemeen was van die jong dwase van Jerusalem om die ou man so te bespot.

[14] Ek sê: “Daarin het julle wel deels gelyk, maar die ou is ook `n tempeljakkals en benut sulke geleenthede, waarby hy steeds ywerig die koms van die Messias verkondig, om op slinkse wyse ook sommige offers daarby te sleep. Vir homself is dit egter agteraf baie welkom, wanneer die vervulling van sy straatprofesie ten slotte tog nog sal uitbly en verder op hom sal laat wag, want daar kan in hierdie land, wat ryk is aan natuurwonders, immers baie gou weer `n verskynsel voordoen wat hy dan weer goed kan gebruik. Nou ken die weliswaar baie uitgelate jeug van Jerusalem hom as so `n straatprofeet en dwarsboom hom net wanneer hy ietwat te hard skreeu en bespot hom dan, en in die geval is die profeet nou nie bepaald veel beter as diegene wat hom bespot nie. En Ek sê vir julle, dat die onfatsoenlike jong seuns My tog veel eerder sal volg as die ou rabbi, wat altyd maar net druk besig is om vir sy eie voordeel te profeteer, maar in wese self aan niks glo nie. Maar Ons laat die saak nou vir wat dit is; die verdere verloop van die verskynsel sal nog wel `n groter druk teweeg bring! Hoor julle nie van die hoë torings van die tempel die basuine se geskal nie!”

[15] Almal sê: “Ja, ja, ons hoor dit baie goed!”

[16] Ek sê: “Dit gee aan dat die tempelhere ook al wakker geword het en self nie weet wat hulle van die verskynsel moet dink nie. Daarom roep hulle alle fariseërs en skrifgeleerdes wat buite die tempel woon met hulle basuine byeen, om inderhaas te beraadslaag wat daar gedoen moet word en hoe mens die verskynsel aan die volk, natuurlik teen aansienlike offers, sou moet uitlê. Maar Ons laat hulle nou kort beraadslaag en as hulle voor die volk, wat hulle al naby die tempel versamel, hulle verklaring met groot stelligheid afgelê sal hê, sal Ek die verskynsel dadelik aanmerklik verander; dan sal die tempelhere opnuut beraadslaag en die volk voorlieg. Die betekenis van die hele verskynsel sal Ek julle eers aan die einde so kort moontlik waarheidsgetrou meedeel. Maar kyk nou na benede hoe die domme en volledig blinde volk van alle kante na die tempel stroom! Binne `n kwartier sal die verskynsel baie anders daar uitsien; daaraan sal julle kan sien dat die paniek nog veel groter geword het! Maar nou rus Ons eers gedurende die kwartier!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205