Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Oor die maat van die goeie en die slegte

53 Nikodemus sê: “Majesteit en Heer, maar waarom moet daar eers so `n swaar oordeel oor `n volk kom as die bepaalde maat van al sy moontlike sonde vol geword het? En wat se maat is dit, en waaruit bestaan dit?”

[2] Ek sê: “Dit is tog wel ietwat vreemd, dat jy as oudste van die tempel en van die hele stad dit nie begryp nie, terwyl jy tog so vele male die wyse spreuke van Salomo vir jouself en vir die ander gelees het! As `n kind eenmaal in die moederliggaam volgroeid is, dan is sy maat as fetus vol en kom hy in die wêreld in. Een vrug aan die boom het sy maat bereik as hy volledig ryp is, waarop hy dan van die boom val. Een mens wat die wet goed ken, geheel daarvolgens leef en dit nie meer uit liefde tot God en sy naaste oortree nie, het daardeur die duidelike maat van sy eie lewensvoleinding volgemaak, en het daardeur reeds in die lewe `n burger van die hemel geword, omdat hy die geestelike dood in hom volkome oorwin het en vol van die ewige lewe uit God geword het.

[3] Maar `n mens, wat eerstens egter nooit die moeite gedoen het om die lewenswette van God beter en duideliker te leer ken nie - omdat die vermaak van die wêreld hom te veel daarvan afgehou het - en wat hom van die een sinsverrukking in die ander stort, hy begin God te vergeet, en daardeur verdwyn sy geloof in Hom steeds meer. As hy egter sy geloof in `n God verloor, dan word sy ouers ook hinderlik vir hom. Nie alleen dat hy hulle nie meer gehoorsaam nie, maar hy erger hulle steeds deur alle moontlike ongehoorsaamheid, slaan hulle selfs ten slotte, besteel hulle en verlaat hulle. En as hy sy ouers nie eerbiedig nie, het hy al heeltemal geen respek vir sy medemens nie. Hy bedryf hoerery in allerlei vorms, word `n dief, `n rower en `n moordenaar om hom middele te verskaf waarmee hy hom nog meer aan sy luste en slegte hartstogte kan oorgee. En so het hierdie mens hom ten slotte van alle lewenswette ontdaan en handel dan volgens die wette van sy slegte en bose aard, en sondig op die wyse volledig teen die hele wet. Daardeur het hy egter ook die maat van die bose volgemaak, het `n duiwel geword en het daardeur dan ook in homself en uit homself die oordeel oor hom laat losbreek; in sy groot kwelling en pyn moet hy hom nou self verwyt dat niemand behalwe hyself die skuld daarvan was nie.

[4] Dat egter, sodra die maat van die sonde vol is, die oordeel baie seker sal volg - wat die eintlike geestelike dood is - is deur God al sedert ewigheid so bepaal en onveranderlik vir die hele toekomstige ewigheid vasgestel; want as dit nie so was nie, dan sou daar geen vuur, geen water, geen aarde, geen son en geen maan en ook geen skepsel daarop gewees het nie.

[5] Die vuur is wel `n kwaai element, en as dit jou sou vasgryp, sou dit jou dood wees. Maar moet daar geen vuur wees nie, omdat dit vir die mense wel vinnig dodelik kan wees? Sien, die aarde het `n bepaalde aantrekkingskrag, as gevolg waarvan elke liggaam swaar word en onophoudelik na haar middelpunt toe getrek word! As gevolg van hierdie eienskap van die aarde kan jy van `n hoogte val en jouself dood. Moet die aarde dan nie hierdie eienskap besit nie, omdat dit die dood van `n mens kan veroorsaak? O, dan sou dit vir die aarde baie gou sleg daar uitgesien het, want sy sou uitmekaar val en nog vollediger oplos as `n stuk ys in die son, en dan sou dit met alle skepsele, wat hulle daarop bevind, gedaan wees! Want waarop sou hulle moet lewe as hulle geen vaste ondergrond het nie? En sien, hierdie noodsaaklike eienskap van die aarde en van al haar materie is ook `n oordeel wat van God uitgaan vir alle materie, anders sou daar geen materie gewees het nie!

[6] En so is alles wat jy in hierdie wêreld ook maar kan sien, `n oordeel wat deur God ingestel is, en wie hom van die geestelike en dus ook van God afwend en hom in sy siel op die materie van die wêreld rig, kan onmoontlik êrens anders teregkom as in die ou oordeel en die dood daarvan; want die vryheid en die volkome afwesig wees van oordele is alleen in die suiwer Gees uit God, wat elkeen ten deel kan en sal val wat volgens My leer leef, en glo dat Ek vanuit God as God Self in hierdie wêreld gekom het om alle mense die ware lewenslig en die ewige lewe te gee. Want Ekself is die Waarheid, die Lig, die Weg en die Lewe. - Begryp jy dit nou?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205