Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die sien van God se Wysheid deur die wedergeboorte

55 Nikodemus sê, nadat hy `n rukkie diep nagedink het: “Majesteit en Heer, groots en diepgaande is dit wat U ons nou so helder laat sien het en ek sal U wel nooit genoeg daarvoor kan dank nie; maar omdat dit alles so veelomvattend en diepgaande is, het ek dit, netsoos miskien ook sommige ander, nie heeltemal deur en deur kon begryp nie. Ek sien wel in dat dit ook nie deur verdere uitleg vir my helderder sal word nie, daarom sê ek dan ook: Heer, maak dit nog duideliker en meer verstaanbaar vir my!”

[2] Ek sê: “Daarin het jy ook volkome gelyk. Dit is vir jou en vir menigeen nie duideliker uit te lê nie, maar jy sal dit alles en nog veel meer eers begryp wanneer jy in die gees wedergebore is.

[3] My woord en My prediking aan julle kan nie gegee word op die verstandelike manier waarop die mense van hulle wêreldse kennis spreek nie, maar hulle moet blyke gee van die gees, wat aan julle volledig onbekend is, en van sy krag, sodat julle geloof en toekomstige kennis nie gebaseer is op die wysheid van die geestelik blinde mense nie, maar op die wonderbare Krag van die Gees uit God.

[4] Wel, My manier van leer en spreek is in die oë van die wêreldse geleerdes `n dwaasheid, omdat hulle niks weet van die Gees en Sy Krag nie en met hulle growwe sintuie niks waarneem nie; maar tog is My leer `n wysheid van die diepste en verhewendste soort, egter alleen vir die oë, ore en harte van die volmaakte mense, wat van goeie wil is en wat altyd die gebooie van God gehou het. Maar vir die wyses en leiers van hierdie wêreld, wat netsoos hulle wysheid vergaan, is My leer dit natuurlik nie.

[5] Ek spreek tot julle oor die verborge Wysheid van God, wat Hy reeds vóór die skepping van hierdie materiële wêreld ingestel het vir julle ewige lewensglans, en hierdie verborge wysheid het nog geen fariseër, geen oudste en skrifgeleerde of tempelowerste met sy wêreldse verstand in die Skrif ontdek nie; want as hulle hierdie verborge wysheid ooit sou waargeneem het, dan sou hulle nie voortdurend beraadslaag het hoe hulle My, die Heer van ewigheid, kon dood en vernietig nie. Maar laat hulle dit maar probeer en beraadslaag; want na hulle werk sal ook hulle loon kom!

[6] Teen julle sê Ek egter, netsoos wat daar geskryf staan: “Geen oog van `n mens het ooit gesien, geen oor gehoor, en in geen mensehart het opgekom wat God vir diegene berei het wat Hom liefhet en Sy gebooie hou nie!”

[7] Wat Ek julle nou openbaar, dit openbaar God se Gees aan julle gees, sodat ook julle gees God se diepe Wysheid sal ondersoek en leer ken. Want alleen die gees deursien en ondersoek alle dinge en, daardeur gelouter, ook God se diepe Wysheid. En so ontvang julle van My nie die gees van die wêreld, wat julle nooit nodig het nie, maar die Gees uit God, sodat julle deur hierdie Gees volledig kan opneem en begryp wat julle deur My soos deur God gegee is.

[8] Daarom kan Ek nie met julle daaroor praat net soos wat dwaasheid dit doen nie, maar alleen met woorde waarmee die Gees van God onderrig en alle dinge vanuit die gees rigting gee, en julle kan My daarom ook nie heeltemal begryp nie, omdat julle siele nog nie heeltemal vervul is van die gees nie. Maar wanneer julle siel haarself met alle liefde en `n vrye goeie wil heeltemal in die Gees uit God sal bevind, wat julle nou ontvang, dan sal ook julle self alle dinge vanuit die gees benader en alles goed sien en begryp wat vir julle nou nog duister en onbegryplik voorkom.

[9] Julle verneem nou egter tog al iets van die ewige ware Gees van God en julle kan ook al baie vanuit `n geestelike standpunt sien. Maar die deur en deur natuurlike mens merk niks van God se Gees in homself nie, en as mens met hom daaroor praat, is dit vir hom `n dwaasheid, omdat hy niks in hom het waarmee sy siel die dinge vanuit die gees kan beoordeel nie. Want as `n mens geestelike dinge wil verstaan en begryp, moet eers sy siel en alles van die gees deurdring wees, want al die lewe en al die ware lig en alle ware krag is slegs in die Gees aanwesig, wat alleen aan alles die regte rigting gee en kan deur niemand teengehou word nie.

[10] Die natuurlike mens, wat nog sonder gees is, bestaan uit die geoordeelde materie, en sy natuurlike lewe is maar net deur God se Gees aan hom as `n middel gegee waardeur hy in staat sal wees om die ware geestelike lewe in homself op te wek, as hy dit wil. Hy kan dus God se gebooie met sy natuurlike verstand goed herken en dan die wil opneem om dit ook na te volg en daarvolgens te lewe en te handel. En as hy dit doen, dring God se Gees ook in sy siel in soverre hy in die hou van God se gebooie en in die geloof aan die een God en in die liefde tot Hom en sy naaste gevorderd is.

[11] Wanneer die siel so sterk daarin geword het, dat sy nooit meer kan terugval nie, is dit al `n seker bewys dat sy geheel en al deurdring is van God se Gees, wat alles wat sy sien en weet `n geestelike rigting gee; so `n siel het daardeur haar vroeëre dooie materie volkome oorwin en het met die Gees van God, wat haar deurdring het, één gees, één krag, één lig en één ware, onverwoesbare lewe geword, wat deur niemand meer geoordeel kan word nie.

[12] Julle moet daarom vóór alles die ware ryk van God en Sy Geregtigheid soek, al die ander sal julle dan vanself daarby gegee word, want dit sal God se gees dan in jou doen. Wees gladnie besorg oor aardse dinge nie, nie eers oor wat julle die komende dag sal eet en drink en waarmee julle jul liggaam sal beklee nie, want dit is iets waaroor die heidene hulleself besorg maak en ander mense van die wêreld wat die ware God nog nooit leer ken het nie. As die ware gees in julle sy volle wedergeboorte bereik het, sal julle daarmee ook alles bereik het wat julle nodig het.

[13] As julle op My weë sal wandel en bly, netsoos Ek julle dit leer en geleer het, dan sal julle ook in My wees en My Gees in julle, en daarmee sal julle alles kan doen en tot stand bring wat julle wysheid julle sal sê en wat julle wil in julle sal wil. En daarmee is julle alle noodsaaklike wêreldse versorging vir die tyd van julle aardse lewe ook in meer as oorvloedige mate gegee.

[14] Julle het nou van My gesien wat alles vir die gees moontlik is; wat egter vir My Gees moontlik is, sal ook vir julle gees moontlik wees, as hy één word met My. Hoe hy met My één kan word, het Ek julle herhaaldelik laat sien, handel dan daarvolgens, dan sal julle hierdie belofte van My in julleself volledig in vervulling sien gaan!

[15] Maar nou sal Ons, omdat Ons vandag veel gedoen en tot stand gebring het en dit al enige ure na middernag is, `n bietjie rus neem en môre met die werk begin vir die nuwe dag!”

[16] Lasarus sê: “Heer, vir soveel mense sal ek nouliks voldoende slaapplekke hê!”

[17] Ek sê: “Maar waarom? Laat elkeen op sy plek bly sit, op sy arms steun en uitrus, dan sal hom dit baie goed bekom!”

[18] Daarmee was Lasarus volkome tevrede en hy doen dit self ook.

[19] Nikodemus wil nou na sy huis gaan om nie oordag op die berg gesien te word nie, want hy was bang vir die fariseërs.

[20] Maar Ek sê aan hom: “Wees nie bang vir diegene wat jou niks kan doen nie! As Ek dit wil en jy dit glo, kan jy ook op `n klaarligte dag hierdie berg ongesiens verlaat en na jou werk gaan.”

[21] Nikodemus sê: “Dan bly ek, want my familie sal sekerlik dink dat ek in die tempel aan die werk is.”

[22] Ek sê: “Seer seker, bly dus en rus ook `n bietjie uit.”

[23] Na hierdie woorde van My word dit stil in die saal en elkeen gee hom oor aan `n kort rus, wat die liggaam baie versterk.

[24] Maar ons RafaEl gaan op My innerlike bevel na die slawe, wat nog nie slaap nie, en bring hulle op dieselfde wyse tot rus, en bly tot sonsopgang by hulle en sorg daarvoor dat hulle almal mooi seldsame drome kry; want dit was kenmerkend vir hierdie kinders uit die noorde om allerlei voorspellende drome te hê. En as hulle in hulle drome mooi en wonderbaarlike dinge gesien het, dan was hulle oordag in `n verhewe stemming en vroom, geduldig en opgewek.

[25] En so kry elkeen syne hier.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205