Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die voedsel van die engele. Verwysing na die sesde en sewende boek van Moses

61 Nou was die oggendmaaltyd gereed en Lasarus kom na My toe om Ons almal daarvoor uit te nooi. Ons gaan dadelik en neem die maaltyd tot Ons.

[2] Ons Nikodemus sien die engel ook aansienlike eet en drink, wat hom verbaas, en hy vra My of hemelse geeste ook so eet en drink soos die materiële mense op hierdie aarde.

[3] Ek sê: “Ten eerste sien jy wel dat hierdie gees netso goed eet en drink as Ekself, terwyl Ek in My wese tog die Allerhoogste Gees is. Maar omdat hierdie gees vir die tyd wat hy hier is, ook `n liggaam moet hê om hom vir julle sigbaar te maak, moet hy daardie liggaam, ook al is dit hoe lig-eteries, ook met die voedsel van hierdie aarde voed om vir julle sigbaar te bly solank dit nodig is; maar as dit nie meer nodig is nie, sal hy ook self in `n ondeelbare oomblik sy liggaam oplos en as `n suiwer gees nie meer vir julle sigbaar wees nie.

[4] In die hemel van die suiwer geeste word egter ook geëet en gedrink, maar geestelik en nie materieel nie. Die geestelike spys bestaan uit die suiwer Liefde en uit die Wysheid uit God. Dit deurdring die hele oneindigheid en voed al die tallose wesens, en wel eers die geeste en daarna deur hulle die hele materiële skepping en daarvan eers die onmeetlike eterruimte, waarin die tallose miriades sonne en planete of aardes rondswem soos visse in die see en soos voëls in die lug. Uit die eter kry die hemelliggame dan eers hulle noodsaaklike voedsel en uit die hemelliggame vervolgens ook alle skepsele wat daarop en daarin is. Maar eers word die lug van die hemelliggame gevoed uit die eter wat hulle oral omring en daardeur eers die hemelliggaam. Het jy dit nou ook goed begryp?”

[5] Nikodemus sê: “Ja, Majesteit en Heer, altans so goed as wat `n swak mens sulke sake van U onbegrensde Wysheid kan begryp! As ek eenmaal geesteliker sal wees, sal ek dergelike geestelike sake ook beslis beter begryp; maar nou ontgaan veel my nog, omdat ek nie weet wat `n suiwer gees eintlik is nie, en hoe hy daar uitsien, en omdat ek ook nie weet wat die verskil is tussen eter en lug nie, en ook heeltemal geen idee het wat `n son nou eintlik is nie, hoe groot sy is en hoe ver sy van die aarde af staan nie. U spreek byvoorbeeld oor meerdere sonne, en U wysheid sal wel alles daaroor weet. Maar hoe kan ek dit weet? Ook al sou ek daardie een wat van hierdie wêreld is, hoe goed en duidelik ken, dan kan ek tog van wat suiwer geestelik is, onmoontlik iets weet nie, omdat dit vir ons materiële sintuie nie toeganklik is nie en dus vir ons verstand ook onverstaanbaar is en bly.

[6] Wat is `n gees? Welke vorm het hy, en waar en hoe leef hy? Dit is vrae wat nooit voldoende deur `n sterfling beantwoord sal kan word nie. Het ek gelyk of nie?”

[7] Ek sê: “O ja, jy het heeltemal gelyk; want solank die mens `n sterfling bly, sal hy selfs die allerduidelikste antwoord op jou vier vrae nooit kan begryp nie. Maar as hy deur die opvolg van My leer tot die wedergeboorte van sy gees gekom en daardeur onsterflik geword het, sal hy die sonneklare antwoord op jou ietwat vreemde vrae wel in homself vind; want alleen die gees deurdring homself en sodoende ook God se diepe geestelike Wysheid, netsoos Ek julle gister in die nag duidelik genoeg laat sien het. Maar omdat jou geheue nie van die beste is nie, vra jy nou weer na sake wat Ek al duidelik belig het. As jy egter nie die aardse dinge kan vat nie, dan moet dit jou tog nie verbaas dat jy nie die geestelike en hemelse dinge en omstandighede nog minder kan begryp nie.

[8] Waarom het julle dan die sesde en sewende boek van Moses en die profetiese aanhangsel verwerp, opsy gelê en nooit gelees nie? Daarin staan baie wat vir julle `n helder lig sou gewerp het op die sterrehemel en die wêreld van die geeste en hulle bestaan. Soek die boeke maar eers op en lees hulle, dan sal dit wel ligter word in jou hart! Sou daar ooit materie gewees het as die krag en die wil van die geeste dit nie geskep, georden en in stand gehou het nie?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205