Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die waarde van die vryheid van wil van die mens. Die ervarings van die profete aan die anderkant. Oor die saligwording

62 Nikodemus sê: “Ja, ja, U alleen het ewig gelyk, en ons mense kan geen gelyk hê nie, omdat daar in ons geen waarheid, geen wysheid en geen ware lewenskrag heers nie! Maar dit is en bly vir die mens, wat deur louter wêreldse dinge omring is, tog steeds baie moeilik om hom heeltemal van die wêreld los te maak en dan heeltemal in die geestelike oor te gaan. Die eenmaal blind geworde mens kan selfs die mees wyse lesse aanhoor, maar dit help hom weinig of niks, wanneer hy nie deur eie aanskouing en ervaring tot die waarheid van die geestelike kan deurdring nie.

[2] En as slegs één mens wel ervarings opdoen en duisende om hom heen nie, dan het die mensdom daar ook weinig daaraan, omdat hy sodoende slegs één ervare mens moet glo, sonder om in homself ooit `n sigbare bevestiging te vind van wat hy gedwing word om te glo. Dit sou natuurlik iets baie anders gewees het as alle mense visioene en ervarings sou gehad het; dan sou die suiwer geestelike ontwikkeling van die mense immers vooruit moes gaan!”

[3] Ek sê: “Netsoos `n blinde oor kleure oordeel, so oordeel jy nou oor die geestelike dinge! Ek is van mening dat juis Hy, wat die mense geskape het, wel die allerbeste sal insien hoe Hy vir die mense moet sorg en hoe Hy hulle moet behandel, sodat hulle na korte of lange tyd die doel kan bereik wat Hy vir hulle gestel het. Ek het nou tekens vir julle gedoen, wat julle genoodsaak het om te glo dat Ek die beloofde Messias is en ewiglik niemand anders nie. Hierdie dwang dien nie werklik tot julle sieleheil nie, maar julle sal eers salig word wanneer sal julle leef volgens My woord.

[4] Glo My, as Ek julle mense tot masjiene wou maak, dan kos dit My slegs één met My wil verbonde gedagte en die hele tempel, die hele Jerusalem en die hele groot land waarin die Judeërs woon, sou My onmoontlik as iets anders kon beskou as die Messias - JaHWeH Sebaot! Maar sou alle Judeërs en ook alle heidene daarmee geholpe gewees het? Ek sê vir jou: waarlik, net so weinig as hierdie houtbak, wat hom –soos wat jy dadelik sal sien - volgens My wil in alle rigtings sal beweeg!

[5] Kyk, die bak leef al en sweef soos `n voël in die lug rond! Sou jy nou jou bestaan met die van die bak wil ruil? Kyk, hy leef heeltemal en kan na alle kante toe beweeg; hy het egter geen eie bewussyn nie, maar My hoogs eie bewussyn deurdring hom en maak hom lewend. Jy kan selfs vrae aan die bak stel, dan sal hy jou sonder mond en tong antwoord. Maar sal jy wel ooit kan glo dat die bak op sigself leef, verstandelik dink en sonder mond en tong spreek?!

[6] Ek sê jou egter nog meer: Ek kan hierdie bak deur My almag dié skynlewe vir ewig laat behou. Sal hy daarom ooit `n eie, selfstandige en vry lewe hê netsoos Ek? Ewig nie, want solank Ek die bak net deur My mag lewend hou, is hy op sigself so goed as heeltemal dood. Want sy skynlewe is slegs die krag van My wil daarin, en dus My hoogs eie lewe. As Ek dit terugtrek, is die oue ook dood en die oue, noodsaaklike oordeel van alle materie weer aanwesig, en dan sal jy niks meer lewend daaraan ontdek nie, - hoe lewendig hy nou ookal in alle rigtings heen en weer beweeg.

[7] En sien, presies so `n lewe sou die mense gehad het as Ek hulle deur My almag of deur sulke tekens sou dwing, wat hulle geen ruimte vir vrye gedagtes meer sou laat nie. En derhalwe is `n vry ongeloof vir die mens oneindig veel beter as `n geloof wat deur wondermiddels afgedwing is; want die volkome en selfstandige vryheid van wil in die mens is God se groot plan in die mens. Die mens kan wel sonder enige skade deur God onderrig word in wat hy moet doen om in homself tot lewensvoleinding te kom; maar deur God asook deur `n ander gees mag hy nooit met krag daartoe gedwing word nie. Want word hy dit, dan is die mens geoordeel en dus volkome dood, en dan bestaan hy heeltemal nie meer as `n vry en selfstandige wese nie.

[8] En sien nou, juis om hierdie rede word die deur jou gewenste visioene en ervarings in die ryk van die suiwer geeste so selde moontlik deur My toegelaat, en wanneer dit so nou en dan wel toegelaat word vir sommige mense, wat netsoos die profete daarvoor uitverkore is, dan moet slegs die uitverkorenes - wat van bo kom en reeds op `n ander wêreld die liggaamlike lewensproef deurgemaak het sulke visioene en ervarings met betrekking tot die anderkant meemaak, omdat so-iets hulle nooit kan skaad nie, maar die medemens nie, omdat hulle die profete maar net kan glo as hulle dit wil. Wil hulle dit egter nie - wat helaas meestal die geval is - dan bly hulle tog volkome vry in hulle denke en in die selfbestemming van hulle handeling, en daarby het hulle duidelik altyd nog meer baat as wanneer hulle van buite af of selfs van binne af gedwing word om te glo.

[9] Die mens word weliswaar maar net deur God en in God salig, maar slegs vir sover hy deur sy eie wil die wil van God tot syne gemaak het en in sy selfbewussyn in `n sekere sin één geword het met God. As God egter die mens sy vrye wil sou afneem en in die plek daarvoor deur Sy almag Sy eie wil in die hart van die mens sou bring, dan sou die mens, netsoos reeds gesê, so goed as volkome dood wees, omdat slegs die opgedringde almagtige wil van God die mens lewend sou maak netsoos My wil hierdie bak lewend gemaak het. Maar God het die mens geskape en tot lewe gewek en hom so gemaak, dat hy hom stap vir stap self kan en moet ontplooi, en dit is so wys, dat die mens hom met al sy kennis en al sy verstand niks vir hom kan voorstel wat nog wyser is nie. - En Ek is nou van mening dat Ek jou dit alles voldoende uitgelê het. As jy dit nou begryp, dan staan Ons van tafel af op en gaan weer na buite om te sien wat daar alles gebeur!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205