Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die dank van die bevryde slawe

64 Daarop sê Lasarus aan My: “Heer, self is ek ook wel `n bietjie nuuskierig hoe hierdie geskiedenis in die tempel vandag sal afloop, want ek sien nog baie mense langs alle strate wat verbykom. As hulle almal na die tempel toe gaan, sal daar `n gedrang en `n geskreeu ontstaan soos wat mens beslis in `n lang tyd nie meegemaak het nie. Daar sal Nikodemus nie veel met sy swak stem kan uitrig nie! Dan kan daar werklik baie maklik veel opskudding ontstaan!”

[2] Ek sê: “Maak jou maar oor iets anders besorg! Ek het nog wel genoeg middele byderhand om `n te groot opskudding te verhinder, maar dit sal waarskynlik nie so ver kom nie.

[3] Nou het ons jong mense egter ook al wakker geword en het honger. RafaEl, gaan jy daarom na hulle toe en sorg dat hulle te ete kry en bietjie wyn, maar gemeng met tweederdes water!”

[4] RafaEl sorg vinnig daarvoor, wat die jongeres veel genoeë doen, sodat hulle nouliks kon wag om My op kinderlik hartlike wyse te bedank.

[5] Binne `n kort tyd staan hulle almal heeltemal versterk buite en RafaEl bring hulle na My toe. Daar stel hulle hulleself in `n lang ry op, bedank My hardop vir die goeie versorging en vra My om na hulle toe te kom, sodat elkeen My één vir één blyke kon gee van hulle liefde; want omdat hulle so baie was, kon hulle nie almal tegelyk na My toe kom om hulle groot liefde aan My te betoon nie.

[6] Toe sê Ek aan hulle: “My liewe kinders, dit is nou nie nodig nie! Maar as julle dit tog wil doen, kom dan liewer één vir één na My toe om My julle liefde te laat blyk, want as Ek na julle toe sou gaan, dan sou daar ligte naywer onder julle kan ontstaan, omdat julle dan onder mekaar sou oorleg pleeg en sê: “Maar waarom wend die goeie Vader hom nie tot my of tot hierdie of daardie een nie? Hy het die een of die ander beslis liewer as vir my of my buurman!” Kom egter, om dit te voorkom, self, alleen of beide na My toe en gee My blyke van julle liefde, dan sal julle nie kan sê: “Kyk, die of die het die goeie Vader meer aandag gegee!” Want dit hang suiwer van julleself af wie van julle die eerste na My toe wil kom.”

[7] Die jongeres sê: “Ja, goeie Vader, ons sou egter almal eerste by U wil wees, en dit sou dan `n lastige gedrang vir U word! Daarom kan U tog beter bepaal op welke plek of aan welke kant van ons ry ons moet begin; want orde moet daar immers ook in die liefde wees, omdat wanorde ook nie mooi in die liefde sou wees nie. Want die goeie God in die mooie land het alles so goed georden, dat ons uit hoogagting vir Hom ook alles op `n min of meer ordelike manier moet doen!”

[8] Ek sê: “Nou goed dan, as julle dit beslis so wil, begin dan maar aan die regterkant van julle ry, en kom maar!”

[9] Hierdie reëling geval die jongeres en dus snel hulle nou, die een paar na die ander, en wel eers die jong seuns en daarna ook die meisies vanaf die regterkant na My toe. Voor My aangekom, buig hulle diep, daarna pak hulle My hande en druk dit teen hulle bors, buig daarna weer en gaan baie ordelik weer terug na hulle rye toe.

[10] Toe hulle almal so hulle liefde vir My betuig het en weer in die vroeëre volgorde staan, buig almal nogmaals diep in My rigting en vra wat hulle nou mag gaan doen.

[11] En Ek sê aan hulle: “Vermaak julle met allerlei nuttige beskouings! Kyk eers rond in hierdie mooie omgewing, bekyk die blomme en al die ander, en bedink daarby hoe `n goeie God dit alles deur Sy wysheid en almag uit Homself geskape het, en wees Hom daarvoor in julle harte eg dankbaar, dan sal julle die tyd die nuttigste deurbring en tewens veel vreugde in julle hart hê! Maar julle hoef daarby nie steeds so in `n ry te staan en te loop nie, maar gaan en staan waar julle wil, netsoos julle dit vir My en alle ander mense hier sien doen, dan sal julle veel meer vreugde hê as wanneer julle maar steeds die stywe ordelike ry aanhou. - Gaan nou en volg My raad op!”

[12] Toe bedank die jongeres My vir die goeie raad, verlaat dadelik die ry en versprei hulleself in alle rigtings op die berg en hou hulle so baie goed besig in die frisse en vrye natuur.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205