Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die gesigsvermoë van die siel na die dood

65 Ons gaan egter nog ietwat verder, en wel na die hoogste punt van hierdie berg. Daar was `n aardige olyfbos, waar onder die bome `n groot aantal banke en sitplekke was, waarop almal hulle neervlei, terwyl hulle Lasarus prys oor die doelmatige aanleg van soveel gesellige rusbanke en sitplekke. Lasarus dank almal vir die pryswoorde, wat hom veel genoeë doen. Vanaf hierdie hoogte, wat na alle kante vry uitsig bied, geniet mens van die pragtige vergesig. Mens sien van hier af die Jordaan en die dal daarvan, en - weliswaar baie in die verte - ook `n stuk van die Dooie See.

[2] Sonder om iets te sê kyk almal `n tyd lank vol verrukking na die mooie omgewing met die omliggende stede, gehuggies en dorpies en Agricola sê, toe hy alles goed bekyk het: “Beste vriende, alle aanwesiges hier, en veral U, o Majesteit en Heer, ek moet baie openlik toegee dat ek in ons uitgestrekte ryk nog nooit so `n skitterende omgewing en so `n pragtige landskap gesien het as hier nie! Waarlik, in so `n heerlike omgewing moet `n mens die sterwe nog bitterder en moeiliker toeskyn as in `n woester en minder mooie omgewing! Want hier sou mens ewig verder wil lewe en geniet van so `n aanblik! - Wat sê U, o Majesteit en Heer, daarvan?”

[3] Ek sê: “Vriend, met hierdie mening sou jy wel gelyk gehad het as die siel nie in verbinding met die gees uit God na die dood van die liggaam die vermoë sou gekry het om oneindig baie mooier streke, ook in ander wêrelde te sien en daarvan te geniet - gestel dat die sien van mooie streke en landskappe vir `n siel al die hoogste gevoel van saligheid sou wees. Maar Ek dink dat daar na die afval van die liggaam vir `n siel, wie se lewe voleindig is, nog wel hoër gevoelens van saligheid sal wees as maar net die sien van baie mooie landskappe.

[4] Stel jou eers voor, dat jy hier, sê maar gedurende honderd jaar aan één stuk deur die landskap sou moet bekyk, waarby daar ook in alle ander lewensbehoeftes ryklik voorsien sou gewees het, dan staan Ek daarvoor in dat die mooie landskap jou al gou dermate sou gaan verveel, dat jy dit daarna in jou hele lewe nooit meer sou wil sien nie. Ja, so nou en dan te midde van goeie vriende maak die aanblik van `n mooie omgewing op die menslike gemoed altyd `n verheffende indruk, maar daarna verlang die siel baie gou na veranderings om daardeur groter en uitgebreider ervarings op te doen en daaruit ook steeds iets nuuts te leer.

[5] So goed as wat `n volmaakte siel nou met haar liggaamlike oë kan sien wat haar omgeef, sal sy in haar suiwer geestelike toestand die vermoë om te sien, te hoor en te voel beslis ook nog besit, en wel in `n veel hoër mate as nou in haar swaar en moeisame liggaam! Ek het julle daar straks benede voor die huis immers al laat sien hoe dit gestel is met die innerlike sig van die siel - waaroor jy jouself nog baie verwonder het - toe die mense wat deur My vir `n kort tyd geestelik in vervoering gebring was, wat nooit voorheen in Rome was nie, jou groot vaderstad nog noukeuriger beskryf het as wat jy dit ooit self met jou eie oë gesien het.

[6] Dan sal jy tog wel insien dat die siel in haar vrye en suiwer geestelike toestand `n veel omvattender gesigsvermoë besit as in die beperkte liggaam! En as dit die geval is, dan kan jy, as jy eg glo aan My woorde en tekens en ook aan die ervarings wat jy bewustelik met jou siel en gees meegemaak het, tog egter nie sê dat dit in so `n omgewing moeiliker is om te sterf as in `n verlate en duistere landstreek nie! Dat elke siel na die dood van die liggaam voortleef en sy volkome bewus is van haar lewe, sal jy tog nie meer in twyfel trek nie?”

[7] Agricola sê: “Majesteit en Heer, dit beslis nie, omdat ek immers al in Spanje, Sicilië en Egipte ervarings opgedoen het met betrekking tot die voortlewe van die siel na die dood van die liggaam, en dit op `n manier waarby geen bedrog moontlik was nie. Maar hier gaan dit om iets baie anders, en dit is juis die rede waarom ek my veroorloof het om netnou `n opmerking te maak!”

[8] Ek sê: “En waaruit bestaan die ander dan? Praat maar gerus verder, want Ons het tot aan die middaguur nog volop tyd om alles te bespreek!”

[9] Die vele aanwesige tollenaars kom nou ook na My toe en vra of Ek hulle dit nie sou kwalik neem as hulle tot die aand huiswaarts kon gaan om te sien of alles wel in orde was daar en of hulle bediendes dit nog steeds deur alle strate binnetrekkende volk by hierdie geleentheid nie te veel afpers nie.

[10] Ek sê: “Doen dit en doen nou iets goeds vir soveel boosheid wat julle die mense gedurende baie jare aangedoen het, dan sal julle sonde julle vergewe wees! Maar netsoos dit julle nou vry staan om te vertrek, so staan dit julle ook vry om terug te kom.”

[11] Daarop maak alle tollenaars `n buiging, bedank vir alles wat hulle ontvang en geniet het en vertrek vinnig.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205