Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die wese van die siel en van die gees. Die siel aan die anderkant

66 Daarop sê Ek nogmaals aan Agricola: “Nou kan jy jou vraag na vore bring, praat nou maar!”

[2] Agricola sê: “Majesteit en Heer, dat die siel van die mens ook na die dood van die liggaam verder leef, is `n volkome uitgemaakte saak van die helderste waarheid. Maar waarheen gaan sy, en wat is eintlik haar wese en wat is die wese van die suiwer gees? Omdat die ruimte volgens U onderrig oneindig is, moet ook die siele en selfs die suiwerste geeste hulle binne die eindelose ewige groot ruimte bevind, want `n ruimte buite hierdie kan immers onmoontlik êrens bestaan nie.

[3] Dan nog `n vraag: Watter gestalte het `n siel of selfs `n suiwer gees, en waarom kan `n natuurlike mens nie steeds die siele en geeste sien nie? Heer, gee my slegs op hierdie vraag nog `n verhelderende antwoord, dan sal ek U na niks meer vra nie; want ons volkome onwetendheid in hierdie saak is dit eintlik wat die sterf vir ons so bitter en angstig maak. As ons mense egter ook daarin `n voldoende helder lig kan kry, dan sal die sterwe vir ons lig wees en sal ons nie angsvallig aan die dwase liggaamlike lewe vasklou nie.”

[4] Ek sê: “Ja, dit sou vir My baie maklik wees om dit vir jou uit te lê, as jy maar `n onbelemmerde insig daarin sou gehad het; maar dit besit jy juis nog nie, alhoewel daar vandat jy hier is, juis in hierdie opsig al baie deur My duidelik aan jou uitgelê is en jyself deur wondertekens ook veel gesien en ervaar het. En daarom is dit `n moeilike saak wat nog beter vir jou belig kan word as dit wat reeds gebeur het.

[5] Die siel van die mens is `n suiwer eteriese substansie, dus - as jy dit kan begryp - uit baie ligatome of kleinste moontlike deeltjies tot `n volmaak menslike vorm saamgestel, deur die Wysheid en die almagtige wil van God; en die suiwer gees is die van God uitgaande wil, wat die vuur van die suiwerste liefde in God is.

[6] Die suiwer Gees is `n gedagte van God, wat voortkom uit Sy Liefde en Wysheid, en wat tot `n ware bestaan kom deur God se wil. Omdat God egter in Homself `n vuur is uit Sy liefde en wysheid, is dit ook die geval met die in sekere sin uit God na buite getrede gedagte wat in `n selfstandige bestaan geplaas word. Netsoos die vuur egter `n krag is, is so `n gedagte uit God op sigself ook `n krag, wat van homself bewus is en wat self in dieselfde helderheid kan werk as waaruit hy voortgekom het. As suiwer krag deurdring hy alles wat jy materie noem, maar kan self nie deur die materie deurdring word nie, omdat die materie verder niks anders is as `n uiterlike uiting van die Gees uit God nie.

[7] Die siel is in `n sekere sin materie wat weer deur die krag van die gees opgelos is en wat deur die krag genoodsaak is om in die eie oervorm van die gees oor te gaan, en daarna met haar gees verenig wanneer sy die ware diensbare ligeteriese-substansiële liggaam vorm. Ook die siel vorm en ontwikkel, suiwer deur die wilskrag van haar gees, haar toekomstige omhulling uit die materie wat haar liggaam omgeef, wanneer dit totaal vergaan en ontbind het.

[8] Hier het jy nou `n baie kort en volkome ware voorstelling van wat die siel eintlik is, en wat die suiwer gees as sodanig is.

[9] Maar om die plek in die ruimte aan te gee waar `n siel heengaan wanneer sy haar liggaam verlaat, sal vir jou nog wel moeiliker te begryp wees, maar Ek sal jou desondanks `n wenk gee, waardeur jy vir jou `n voorstelling daarvan kan maak. Want hoe dit eintlik is sal jy eers in jouself te wete kom, wanneer jy ook in jouself tot die volledige wedergeboorte of tot volkome éénwording van die gees met jou siel gekom het, omdat die siel dit nooit heeltemal kan begryp solank sy haar nie deur die krag van die gees in haar so ontwikkel het, dat sy in staat is om haar volkome met die gees te verenig nie.

[10] Ruimtelik gesien bly `n siel na die afval van haar liggaam - veral in haar eerste bestaansperiode - gewoonlik op die plek, waar sy haar liggaamlik op aarde bevind het, dit wil sê, as sy nog nie geheel voleindig na die onstoflike ryk aan die anderkant oorgegaan het nie.

[11] In daardie geval sien en hoor sy egter niks van die natuurlike wêreld wat sy in haar liggaam bewoon het nie, hoewel sy haar ruimtelik presies in dieselfde wêreld bevind. Haar bestaan is min of meer soos `n helder droom, waarin die siel in `n streek of omgewing leef wat as te ware uit haar ontstaan het, en waar sy haar heeltemal gedra en optree asof sy haar in `n baie natuurlike wêreld bevind, en waar sy die wêreld wat sy verlaat het, nie in die minste mis nie.

[12] Maar omdat God dit toelaat, word die streek wat deur haar bewoon word, gereeld vernietig en dan bevind die siel haar in `n ander omgewing, wat heeltemal ooreenkom met haar innerlike toestand. By so `n siel duur dit dan gereeld wel baie lank voordat sy na veel onderwysing sover kom, dat sy besef dat alles wat sy dink dat sy besit, ydel en nietig is. Kom sy deur veel ervarings en verskynsels eenmaal tot dié insig, dan begin sy eers ernstiger oor haar toestand en haar bestaan na te dink, en daardeur ook meer en meer te besef dat sy die vroeëre, aardse wêreld verlaat het, en dan word die verlange in haar sterker om `n meer blywende en onveranderlike plek te kry om te lewe.

[13] In so `n toestand word sy deur reeds meer voleindigde geeste onderrig in wat sy moet doen; en as sy dit doen, word dit ook steeds ligter in haar, omdat haar innerlike gees haar meer en meer deurdring. Hoe meer die innerlike gees haar deurdring en as te ware in haar groei soos `n kind in die moederliggaam, des te duursamer begin alles om haar heen te word.

[14] As `n siel eenmaal so ver gekom het dat haar innerlike gees haar heeltemal deurdring het, dan kom sy ook tot `n volledige helder sig en tot `n helder insig, tot volledige bewussyn en `n duidelike herinnering aan alles: wat sy was, wat sy geword het, wat sy gedoen het en hoe die wêreld, waarin sy liggaamlik geleef het, daaruit gesien het en hoe dit daarmee gestel was.

[15] So `n siel kan dan sowel hierdie aarde asook die maan, die son, alle ander om hierdie son sirkelende planete of aardes - wat tot nou toe nog geen sterrekundige, nóg enige Griek, nóg een van die ou Egiptiese landmeters waargeneem het - en ook die ander sonne in één of meer hulssfere, wat Ek julle gister al voldoende beskryf het, uiters presies deurgrond, en hulle in hulle wonderbare vorm en inrigting werklik in die hoogste mate verlustig en die ware en grootste vreugde beleef aan die Liefde, Wysheid en Mag van die enigste God.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205