Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Agricola verhoor `n tempelowerste

7 Ek het dit nog maar skaars gesê of daar kom al `n groot groep mense aan, wat die ongelukkige meedoënloos in hulle midde voortsleep.

[2] En Ek sê aan Agricola: “Nou gaan Ons albei hierdie geregsdienaars, wat deur `n tempelowerste aangevoer word,tegemoet!”

[3] Ons tref hulle juis nog by die verlaat van die groot poort aan en Ek lê die Romein die woorde in die mond wat hy moes spreek en hy sê met die magtige, diep ernstige stem en gelaatsuitdrukking van `n Romein: “Wat is hier aan die gang?”

[4] Die owerste sê: “Ons het sowel die ou reg van Moses as die “jus gladii” en kan dit by `n baie groot misdadiger ook op eie gesag ten uitvoer bring!”

[5] Die Romein sê: “Maar ek het nou as vernaamste keiserlike gesant uit Rome hierheen gekom om die vele misbruike te ondersoek wat julle maak van die voorregte wat deur Rome aan julle geskenk is! Waar is die vonnis van die wêreldse regter?”

[6] Hierdie vraag kom die tempelowerste baie ongeleë en hy sê: “Laat my maar eers sien of jy werklik `n afgesant uit Rome is, want swaardreg, reg oor lewe en dood, iemand kan hom maklik as Romein aantrek en ons in naam van die keiser nuwe wette voorskryf!”

[7] Toe haal Agricola uit `n goue koker `n perkamentrol te voorskyn wat van alle offisiële kentekens voorsien was, wat die owerste geen oomblik daaroor laat twyfel dat die besitter van die dokument `n magtige, vername Romein was nie.

[8] Vervolgens sê Agricola ernstig: “Wel, ek het jou die verlangde dokument onmiddellik op jou versoek laat sien; waar het jy nou die vonnis van die wêreldse regter oor hierdie misdadiger wat deur my verlang word?”

[9] Die owerste sê: “Ek het jou tog netnou al gesê dat die tempel, op gesag van Moses, die ou reg het om`n erge misdadiger teen die tempel, met die dood te straf, en die reg is nou ook vanuit Rome bekragtig en dus handel die tempel korrek, deur as afskrikwekkende voorbeeld so `n misdadiger teen God en Sy tempel te bestraf met die dood deur steniging, wat Moses voorgeskryf het!”

[10] Agricola sê steeds ernstiger: “Het hierdie tempel dan ook al in die tyd van Moses gestaan?”

[11] Die owerste sê: “Dit nie bepaald, maar Moses was `n profeet en in sy gees wis hy beslis dat Salomo, die wyse, groot koning, vir God `n tempel sou bou en daarom is `n misdaad teen die tempel en die baie heilige instellings netsowel strafbaar as `n misdaad teen God Self!”

[12] Agricola sê: “Waarom het Moses later dan self, vir dergelike gevalle, eie regters aangestel en het hy die jurisdiksie nie in hande van die priesters gegee nie? Hoe het julle dan nou ook regters oor lewe en dood van `n mens geword? Moses het julle maar net priesters gemaak en Rome het nou, omdat mense hulle ten tye van julle koning Saul self daardie reg geneem het, julle almal ook `n wêreldlike regterfunksie gegee onder die uitdruklike voorwaarde dat alle misdadigers, en veral die een wat die dood verdien het, altyd oorgedra moet word aan die plaaslike, wêreldlike regter en dat geen enkele priester hom dan verder daaroor hoef te bekommer wat die regbank oor die misdadiger beslis nie. Dit kom julle dus nooit toe om iemand ooit te bereg en te veroordeel en uiteindelik selfs die hand aan hom te slaan nie!

[13] Laat hierdie misdadiger daarom nou oombliklik vry! Ekself sal hom dan verhoor en aan die hand daarvan beoordeel of sy misdaad die dood verdien of nie; en wee julle as ek `n onregverdigheid van julle kant teen hierdie man vind!”

[14] Na hierdie skerp berisping laat die geregsdienaars en knegte van die tempel die misdadiger vry en bring hom voor Agricola.

[15] En die owerste sê: “Hier is die booswig! Ondersoek hom self. Ek en al hierdie knegte is hopelik getuie genoeg en kan teen sy hardnekkige ontkenning optree!”

[16] Agricola sê: “Baie goed, maar ek het juis hier naas my `n baie betroubare getuie en verklaar julle hiermee netsoos tevore dat ek elke leuen, van die kant van hierdie misdadiger asook van julle kant af baie streng sal bestraf! Maar nog strenger sal ek teen hulle optree wat oor hierdie arme man uiteindelik `n boosaardige en dus baie strafbare oordeel gevel het!”

[17] Na hierdie bepaald nie vriendelike woorde van die Romein, oorval `n groot angs die owerste en sy knegte en die owerste maak aanstaltes om weg te gaan, en ook die knegte sê: “Wat moes ons daarby gedoen het? Ons het geen wil nie, maar ons moet self die wil van die tempel gevolg het. Die owerste moet hierdie saak met u, hoë gebieder, maar self uitsorteer en afhandel! As daar `n misdadiger bestraf moet word, is ons die fisieke voltrekkers van die oordeel; waaroor iemand eintlik veroordeel is, daarvan weet ons self niks anders en niks meer as wat altyd slegs in kort deur die regters aan ons meegedeel word nie. Hoe sou ons dan nou teen of vir hierdie misdadiger kan getuig? Hoë gebieder, laat ons daarom gaan!”

[18] Daarop sê Agricola: “Dit gaan hier beslis nie gebeur nie en julle bly hier vanweë die owerste, net soos wat hy ook hier moet bly totdat ek die misdadiger verhoor het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205