Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Oor die wese van die lug

70 (RafaEl): “Toe ek as mens gedurende vele jare `n liggaam bewoon het, het ek deur die barmhartigheid van die Heer bewus geword van hierdie innerlike lewensweg en ek het hierdie weg met steeds groter standvastigheid gegaan. Daardeur het my siel en my gees aan die einde van my lewe één geword en ek het die volle mag oor my aardse liggaam verkry, sodat ek dit net so skielik kon oplos soos wat ek nou die klip opgelos het, en slegs soveel daarvan behou het sodat jy my nog met jou liggaamlike oë kon sien.

[2] As ek nou egter weer `n liggaam wil hê netsoos die van jou, hoef ek dit slegs te wil en dan sal die liggaam ook weer daar wees. Sien, ek wil dit, en raak my nou maar weer aan, dan sal jy sien dat ek weer net so stewig is as voorheen!

[3] Die Romein doen dit en ontdek dat RafaEl weer heeltemal mens was soos voorheen.

[4] Toe vra hy (Agricola) aan die engel: “Toe jy, terwyl jy as volmaakte mens op aarde was, jou liggaam opgelos het, kon jy dit toe ook weer opnuut skep?”

[5] RafaEl sê: “Ja verseker, netsoos nou, maar ek wou dit nie, omdat `n suiwer geestelik, onliggaamlike bestaan eindeloos veel volmaakter is as `n bestaan wat aan `n liggaam gebonde is - ook al gebeur dit deur die eie wil. Kyk, in die liggaam kan ek minder doen as sonder die liggaam! As jy my egter `n wonder sien doen, dan is die liggaam al weg en word eers weer na die daad geskape. Ek kan weliswaar ook in die liggaam alles doen, maar nie so volmaak as buite die liggaam nie. - Het jy nog vrae, stel dit dan, dan sal ek dit beantwoord!”

[6] Agricola sê: “O, vrae het ek nog meer as genoeg in voorraad! Kan jy deur die standvastigheid van jou wil ook `n deel van die vrye lug in een of ander materie verander?”

[7] Die engel sê: “Seer seker, want ten eerste is die lug al materie en bevat alle denkbare stowwe en daarom kan dit egter eerder in elke gevraagde materie verander word, en ten tweede staan dit my gees werklik vry - en dit in die hoogste graad - om my wil volledig te laat werk en dus die lug wat jy my aanwys, onmiddellik in `n bepaalde materie te verander. Sê my nou maar waarin ek die lug moet verander!

[8] Agricola sê: “Vriend, dit laat ek aan jou beste en wyse beoordeling oor! Doen wat jy wil, ek sal dit alles goedvind!”

[9] Die engel sê: “Nou, goed dan! Dan sal die lug wat hom nou op `n afstand van twaalf treë voor ons bevind, oombliklik in `n stewige ronde pilaar verander van vyf manshoogtes lank en met `n deursnee van één manslengte! So is dit! Gaan nou daarheen en kyk of die pilaar, wat al daar staan, nog uit lug bestaan en of dit egter `n stewige granietpilaar is!”

[10] Alle Romeine gaan dadelik daarheen en ondersoek die pilaar.

[11] En almal sê: “O wonder van die wonders! Dit is meer as verbasingwekkend! Dit is egter `n massiewe graniet pilaar soos ons dit selfs nie in Rome het nie! Ja, ja, in die suiwer gees lê die wese, en alle materie is maar net `n gevolg van die vashoudendheid van die vrye wil van `n suiwer gees!”

[12] Daarop sê die engel: “Hoe swaar dink julle is hierdie pilaar?”

[13] Agricola sê: “Ja, vriend, dit is wel baie moeilik vir ons om dit te bepaal! Maar so te sê kan jy wel aanneem dat hierdie pilaar seker honderd duisend pond swaar is, en nouliks deur duisend man opgelig kan word.

[14] Die engel sê: “Dit het jy taamlik goed beoordeel! En tog sê ek vir jou, dat dit vir my as `n suiwer gees, baie maklik is om hierdie swaar pilaar enkel deur my wil so hoog as jy maar wil op te tel. Sê maar hoe hoog of waarheen ek die pilaar moet ophef, dan sal dit ook dadelik uitgevoer word!”

[15] Agricola sê: “Wel, as jy dit nou eenmaal so wil, sê ek: Tel die pilaar honderd manshoogtes reg omhoog in die lug en sit hom dan neer in die veld, wat presies halfpad in die rigting van Emmaus is!”

[16] Die engel sê: “Baie goed, dit alles sal nou dadelik geskied!”

[17] Nog maar nouliks het die engel dit gesê, of die pilaar bevind hom al op die gewenste hoogte in die lug en vlak daarna sien mense hom op die veld staan in die rigting van Emmaus.

[18] Elkeen was nou tog wel met stomheid geslaan, en natuurlik wel baie in die besonder die Romeine, want aan hulle verbasing kom geen einde nie.

[19] “Maar”, sê die engel, “waarom verbaas julle jul so daaroor? Is daar vir `n suiwer gees dan ook maar iets wat onmoontlik is? Alles berus immers op die vaste wil van `n suiwer gees! As ons, suiwer geeste, aardes, sonne en allerlei sentrale sonne in die ruimte kan ronddra en uiteindelik selfs hele hulssfere, waarom sou dit dan vir my en alle suiwer geeste nie nog veel makliker wees om so `n pilaar in `n oogwenk te bring waarheen jy dit wil nie? Wie met leeus kan speel asof dit vlieë is, sal beslis nie vir muggies opsy gaan nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205