Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die wese van die eter

72 (RafaEl): “Julle sien hier die lug, wat totaal deursigtig is, en daarom veronderstel julle dat dit so goed as niks is. Maar as hierdie lug vinnig in beweging gebring word, sodat dit met die geweld van `n storm die magtigste seders ontwortel en die see so onrustig maak dat daar berghoë, skuimende golwe opbruis, dan moet julle tog wel toegee dat die lug iets baie magtig is. Ja, die lug kan dus wel `n liggaam genoem word, wat ook alle denkbare stowwe en vorms bevat in `n nog min of meer ongebonde oertoestand.

[2] Die water, veral die reën- en bronwater, is dieselfde as wat die lug is, maar slegs in `n meer gebonde toestand. Die soutwater van die see is natuurlik nog digter, meer gebonde.

[3] Maar as ons hoër op gaan, so ongeveer tien uur bokant die aarde, dan sal ons glad geen lug meer aantref soos die wat ons hier omgeef nie, maar slegs suiwer eter, wat in julle oë so volkome niks sou wees dat jy moeilik so-iets nietig vir jouself sal kan voorstel. Want kyk jy oor `n afstand van vele ure regoor die aarde, dan sal die lug tussen jou en die verafgeleë berge, al is dit hoe helder, vóór die berge as `n blou waas sigbaar word; maar as hierdie ruimte maar net met suiwer eter gevul sou gewees het, sou julle die berge nie blou nie, maar in hulle oorspronklike kleure gesien het. Sien nou, die aarde en die son is so ver van mekaar verwyder dat ek werklik nie in staat is om vir julle op hierdie aarde die korrekte afstand begryplik aan te gee nie, netsoos wat die Heer dit ook al Self vir julle uitgelê het! En hierdie ruimte wat vir julle begrippe ontsettend groot is, is gevul met eter, wat vir julle sintuie na totaal niks lyk nie.

[4] Maar hierdie eter is, ofskoon dit lyk asof dit glad nie daar is nie, beslis nie so nietig as hy vir julle daar uitsien nie; want in die eter is daar alle ontelbare stowwe en elemente in `n toestand, wat nog minder gebonde is as in die suiwerste atmosferiese lug van hierdie aarde. Maar daar bestaan hulle nog meer as vrye kragte en is veel digter bymekaar en meer verwant aan die oervuur en die oerlig, en hulle voed die lug van die aarde, en hulle voed vervolgens die water en die water voed die aarde en alles wat op haar leef, beweeg en streef. As dit alles in die eter aanwesig is, is dit wel deeglik iets en geen niks nie, ook al lyk dit vir julle sintuie so.

[5] Die eter is egter nog lank nie iets suiwer geestelik nie, maar hy kom innerlik meer ooreen met die substansie van die siel, maar slegs in soverre as hy `n ruimtelike medium is waardeur tallose oerkragte uit God bymekaar kom, hulle met mekaar verbind en ten slotte saamwerk.

[6] Jy sal my nou natuurlik weer vra: “Ja, maar hoe is daar by sulke verskillende kragte dan `n homogene (gelyksoortige) werksaamheid moontlik?” En ek sê jou: Niks is natuurliker en makliker as dit nie!

[7] Kyk, op hierdie aarde van die Heer het ons in die seë en ander waters tog ook so `n vir julle onbegryplike groot aantal soorte van plante, struike, bome en ook van diere en minerale, dat selfs die beroemdste geleerde van hierdie tyd nie in staat sou wees om dit alles te registreer en op te noem nie! Hulle vorm saam met die hele aarde één geheel en dien almal vir die eén hoofdoel, en tog is hulle hier op die aarde en in die aarde so verskillend geaard en georden, dat jy hulle op die eerste oogopslag onmoontlik sodanig sou kan verwissel dat jy ten slotte `n vyeboom nie van `n distelstruik, `n os nie van `n leeu, `n swaeltjie nie van `n hoender, `n vis nie van `n skilpad en lood nie van goud sou kan onderskei nie.

[8] Op die aarde sien jy dergelike verskille maklik, maar in die eter, in die lug en in die water kan jy dit nie waarneem nie, nóg met jou gesig, nóg met jou gehoor, nóg deur jou reuk en smaak, nóg met jou tassin, hoewel die tallose verskillende soorte kragte en die deur hulle geproduseerde oerstowwe en elemente in die eter, in die water en in hierdie lug nog veel duideliker van mekaar afgeskei is as wat die dinge op die materiële aarde sulke verskille laat sien.

[9] Dus agter die substansie van die eter wat vir jou sintuie `n nie-sigbare geestelike vuur is, is daar `n ewig heersende krag wat van God uitgaan, wat ewig die oneindige ruimte vul en aan één stuk deur werk en skep. God Self is egter die ewige Oergees en die ewige Oermens gelyksoortig in Sy sentrum en vul die ewig uit Hom voortkomende oneindigheid met Sy verhewe gedagtes en idees, wat van Sy liefde vervul tot `n aan Hom gelyke lewensvuur word, en deur Sy wysheid tot geordende vorm en deur Sy wil tot van mekaar afgeskeide en op sigself bestaande wesens word, waarin die vermoë gelê word om homself as sodanig vir ewig voort te plant, verder te ontwikkel en hom mettertyd op die leer van God se ewige orde te verenig en op te klim tot `n ewebeeld van God.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205