Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Hoe die gees op die materie inwerk

74 (RafaEl): “Hierdie gees wat in sy kiemhuisie afgesonder is, wat in die besit is van `n helder intelligensie en self bewus is van sy krag, wat hy eintlik self is, weet presies wanneer die saad, wat sy deur homself geboude materiële woonhuis is, sover is, dat hy as suiwer gees met sy werk kan begin.

[2] As die saad in die vogtige aarde gelê word en die uitwendige substansieel-materiële bekleding week word, omdat haar substansiële sielsdele begin om ooreen te stem met die dele wat haar in die vog van die aarde omgeef, dan begin die suiwer gees dadelik `n korrekte gebruik te maak van sy intelligensie en wil. Hy herken die deeltjies in die aarde wat presies met hom ooreenkom, in die water, in die lug en in die lig en in die warmte uit die son, trek die na hom toe en skep daarmee volgens sy ordening daardie een wat met sy wese ooreenkom, en so sien jy dan `n plant uit die aardbodem opgroei met steeds dieselfde kenmerkende eienskappe. Die plant of te wel die uiterlike liggaam van die plant, vanaf die wortel tot die hoogste punt van die stam, is maar net deur die gees voortgebring, sodat die suiwer gees homself in die nuwe saadkorrels skeppend kan verveelvoudig en so is ek oneindig verveelvoudig, hoewel die gees wat eenmaal so werksaam was, homself, verenig met die sielsdele wat hy na hom toe getrek het, oorgegaan het tot die vorming van hoër en meer volmaakte vorms en wesens.

[3] En wat ek jou nou oor die plante vertel het, geld in mindere mate ook vir alle minerale en in meerdere mate vir alle diere, en ten slotte ook veral vir die mens. Vanaf die oerbegin geld dieselfde vir die vorm van alle hemelliggame, alle hulssfere en die hele Grote Wêreldmens, wat die Heer Self voldoende duidelik vir julle beskryf en laat sien het.

[4] Aan dit alles kan jy tog duidelik sien dat alle waarheid, werklikheid en realiteit maar net in die suiwer geestelike te vinde is, en dat al die materiële slegs bestaan deur die vashoudende wil van die Gees, wat die materie geleidelik kan versag, langsaam aan losser kan laat word en ten slotte na korter of langer tyd in `n aan hom gelyke substansiële sieleliggaam kan omvorm, na gelang `n sielesubstansie haar as gevolg van die ook in haar ontwaakte vrye wil meer of minder blyk te kan voeg volgens die innerlike, lewende orde van die gees.

[5] Wanneer jy van nou af aan die hele natuur aandagtig bekyk, sal jy daar vind wat ek nou vir jou uitgelê het! Want jy kan in die kort tyd dat ons nou saam is nie van my verlang dat ek van alle minerale, alle plante en alle diere afsonderlik laat sien, in hoeverre hulle uit suiwer gees en in hoeverre hulle uit pure sielesubstansie bestaan nie. Dit is voldoende dat ek jou nou baie duidelik uitgelê het hoe die suiwer geestelike, die substansiële en ten slotte die materiële ten opsigte van mekaar in verhouding staan. Want die reël wat ek jou nou gegee het geld vir die hele ewigheid en vir die hele oneindigheid; as jy die alfa begryp, begryp jy ook die omega. Vir wat daar tussenin lê, geld presies dieselfde, afgesien van die tallose verskillende vorms.

[6] En noudat ek jou soveel op `n buitengewone manier onthul het, kan jy ook baie openlik sê of jy dit alles met jou verstand begryp het. Ons het nog tyd om die een en ander met mekaar te bespreek. Nou is die woord weer aan jou, en kan jy ons almal vertel hoe jy dit begryp het!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205