Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die herbergier uit die dal doen verslag oor die gebeurtenisse in die tempel

78 Na `n rukkie arriveer die twee leerlinge saam met die twee ander manne. Die een man was die herbergier uit die dal wat reeds aan ons bekend was, `n buurman van Lasarus uit die omgewing van Betánië, by wie Ek al `n paar maal oornag het, en die tweede man was `n bekende goeie vriend van hom en ook `n herbergier, maar uit die omgewing van Bethlehem, wat die groot herberg aan die hoofweg besit het en by wie Ek ook `n keer oornag en vele siekes genees het.

[2] Die twee leerlinge was Thomas en Judas Iskariot. Die laaste wil dadelik in geure en kleure begin vertel wat daar alles in die tempel afgespeel het.

[3] Maar Ek wys hom tereg en sê: “Spreek eers wanneer Ek daarom sal vra, want tot nou toe is Ek nog steeds julle aller Majesteit en Heer, wat wel die beste weet wie van julle vier Hy terwille van die volk die woord sal laat doen!”

[4] Na hierdie vermaning trek Judas Iskariot hom ietwat wrewelig terug en sê aan Thomas: “Ek het al vooraf geweet dat ek weer opsy geskuif sou word!”

[5] Thomas sê: “Ek het jou onderweg al gesê dat jy jou nie moet opdring nie! Weet jy na soveel onderrig van die Heer dan nog nie dat by die Heer iemand slegs iets beteken, wie homself altyd en oral verdeemoedig nie? Ek het my nie opgedring nie en daarom het ek ook geen teregwysing van die Heer gekry nie. Hou jy dit tog in gedagte! Daar is immers nog twee manne by ons, wat voor ons in die tempel was en alles gehoor en gesien het wat daar voorgeval het. Hulle weet dus meer as ons twee, en die Heer sal, vanweë die volk, alles deur hulle laat vertel, en aan ons sal hoogstens gevra word om te getuig as dit nodig mag wees. Laat ons nou maar baie rustig na ons ou plekke teruggaan en eers goed na die omgewing kyk, want daar is ook nog van alles te sien, waaruit mens vir homself ook menige goeie lesse kan put!”

[6] Met hierdie teregwysing van Thomas neem Judas Iskariot genoeë en hy gaan rustig op sy ou plek sit, en Thomas eweneens.

[7] Ek wend My nou tot die herbergier uit die dal by Betánië en sê aan hom: “Wel, vriend, vertel eers, terwille van die volk, wat jy alles in die tempel meegemaak het; want jy was vandag al voor die aanbreek van die dag met vele uit jou woonplek in die tempel! Wat sê die tempeldienaars oor die teken wat in hierdie nag te siene was, wat sê die volk daaroor, en wat sê jy ten slotte self daaroor?”

[8] Die herbergier sê: “Majesteit en Heer! Ek was werklik reeds voor die aanbreek van die dag in die tempel, en wel na aanleiding van die verskynsels wat hierdie nag plaasgevind het en wat dermate uitsonderlik was, dat geen Judeër of heiden ooit so-iets gesien sou het nie. As ek ook maar kon vermoed het dat U Uself nog in Jerusalem opgehou het, en wel hier op die Olyfberg, dan het ek met hierdie vriend, wat U ook goed ken, in plaas van na die tempel, reeds tydens die verskriklike verskynsels regstreeks hierheen gekom. My vriend het hierdie nag by my oornag en wou vanmôre weer huiswaarts keer - hy kom uit Galilea, waar hy verskillende sake te doen gehad het; - maar die verskynsels wat hulle hierdie nag skielik voorgedoen het, het hom daarvan weerhou om verder te reis, en ons het na Jerusalem opgegaan om moontlikerwys iets meer daarvan te wete te kom. Toe ons die tempel haastig binnegekom het, was daar so `n herrie dat jy jouself nie kon verstaan nie.

[9] Die een priester na die ander beklim die groot spreekgestoelte en begin die een en ander uit te lê, maar die volk, wat baie gou ingesien het hoe onsinnig alles was wat daar gesê word, wou niks meer van die prediker hoor nie en het `n ander geëis.

[10] Aanvanklik het die volk hom baie rustig aangehoor, maar sodra hy weer oor streng boete en groot offers begin praat het, word die volk baie gou onwillig en sê: “Julle skuif julle eie growwe sonde steeds op ons, armoedige volk af, en ons moet dan soos dit nodig is altyd die sondebokke vir julle wees! Hoeveel offers het ons nie al aan die tempel gebring nie! Watter gruwelike boetedoenings het ons nie al gedoen, waarvan julle sê dat JaHWeH daardeur Sy volk met vriendelike oë barmhartig sou aansien! In hierdie nag het ons egter Sy vriendelikheid maar al te goed gesien, en daaruit blyk dit baie duidelik dat alle offers wat ons vir die tempel gebring het en al ons bloedige boetedoenings vir niks goed was nie. Dit is nou geen oënskynlike nie, maar `n duidelike waarheid vir ons, dat alle offers wat ons gebring het en al ons boetedoenings onsinnig was, want hulle oorskry alle Mosaïtiese wette en wakker God se regverdige toorn maar net aan in plaas van om dit te versag. En die skuld daarvan lê veel minder by ons as by julle priesters, wat in hierdie tyd, danksy julle te groot priesterlike heerssug, ons al tot baie veel skand- en gruweldade aangespoor het deur te sê: “As julle dit of dat doen, kom julle op slag in die hemel!” En daarom is dit slegs julle wat die toorn van God opgewek het, en nie ons nie, wat ons helaas steeds trou hou aan dit wat julle ons geleer het, en dit altyd gedoen het wat julle van ons verlang. Bring julle maar liewer groot offers, en doen ware boete vir die vele sondes wat julle teen ons en teen die vele profete wat deur God gestuur was, begaan het, dan sal God ons wel weer aanneem. En dit is die mening van die volk!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205