Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die oorleg van die fariseërs

83 Ek sê: “Beste vriend, jy het die gebeurtenisse in die tempel baie goed vertel en in jou verhaal laat sien dat jy alles wat daar gebeur en wat veral op My betrekking het, met die grootste opmerksaamheid gevolg het. Maar Ek sê jou daarby dat My wil jou daarby baie behulpsaam was; want sonder My is alles swak in die mens, maar met My is alles sterk, kragtig en magtig.

[2] Daar het nou in die tempel baie gebeur vir Ons goeie, ware saak. Die volk, die ou rabbi en Nikodemus het My bekend gemaak as die Een wie Ek Is, en dan sou jy tog dink dat die tempel nou wel heeltemal bekeer sou wees. Maar niks van dit alles nie! Nou kry die rabbi en Nikodemus probleme met die ander fariseërs en met die hoëpriester, omdat hulle aan die volk verklaar het dat Ek die beloofde en enigste ware Messias is. Maar Ek het beide die regte woorde in die mond gegee, en Nikodemus het nou die hoëpriester sulke vurige woorde in sy gesig geslinger dat sowel hy as die fariseërs nie meer weet wat om terug te sê nie.

[3] Die hoëpriester het naamlik die ou rabbi en Nikodemus bitter verwyt dat selfs hulle My Naam openlik in die tempel voor die volk bely het en alle skuld op die tempel geskuif het, terwyl hulle My by hierdie geleentheid voor die hele volk so verdag moontlik moes gemaak het. Hulle moes aan die volk met groot erns gesê het dat God nou so toornig op hulle geword het, omdat hulle sulke dwaalleraars en opruiers agterna loop en hulle laat verlei en dat hulle daarom vervloek was.

[4] Maar Nikodemus antwoord die hoëpriester, wat Kajafas heet: “O, as julle so verstandig en wys is, gaan dan nou self die tempel binne, wat nog vol mense is, hoewel `n groot deel die tempel na my toespraak verlaat en huiswaarts gegaan het, en spreek op jou manier met die volk, dan sal jy gou genoeg merk hoe hulle jou sal ontvang! Was ons twee dalk die eerstes wat teen die volk gespreek het? Vele van julle het op julle manier tot die volk gespreek, en wat was die gevolg van elkeen van die preke? Die gevolg was dat die prediker moes vlug, as hy nie vreeslik mishandel wou geword nie.

[5] Wat sou julle dan gedoen het as die volk, as ons twee nie vir hulle op `n verstandige manier gesus het nie, in massa na julle toe sou binnegedring het en julle op `n waarskynlik ongehoorde wyse sou mishandel het? Is dit daarom nie verstandiger om in tyd van nood saam te huil met die wolwe in die bos en so heelhuids daarvan af te kom nie, as om die volk iets ten laste te lê wat hulle absoluut nie wil hoor nie?!

[6] Dit was in hierdie nag egter nie die tyd om aan die woedende en vertwyfelde volk `n strafrede te hou nie, maar wel om hulle te troos en tot rus te bring, - en dit het ons beide gedoen en daarmee het ons beslis geen fout begaan nie. Of julle egter voor die volk geen fout begaan het nie, is egter `n ander vraag! Gaan maar eers na die groot saal van die tempel om te probeer om die volk iets anders te leer, dan staan ek daarvoor in dat dit met julle nog erger sal gaan as wat dit met die vroeëre opperfariseër en skrifgeleerde gegaan het toe hy die bewering van die volk teengegaan het dat die stem van die volk gelyk was aan die stem van God!

[7] Bowendien het jy, Kajafas, my en die ou rabbi immers self gevra om as manne wat by die volk goed aangeskrewe staan, onder die volk te gaan om te probeer om hulle op alle moontlike maniere tot rus te bring. Wel, dit het ons gedoen. Waarom verwyt julle ons dan nou daaroor, noudat die volk rustig geword het? Dit staan julle immers nog altyd vry om die volk, wat sekerlik nog tot na die middaguur in die tempel sal bly, iets anders te leer! Ons twee sal ons beslis nie meer met die volk besig hou nie. Maar pas op, - die volk ken julle sonde!”

[8] Die hoëpriester sê: “As ons vir die volk bang moet wees, is ons ook geen priesters meer nie! Ons mag die volk geen haarbreedte toegee nie, laat kom wat wil! Dit is my vaste besluit en die basis van my optrede.”

[9] Daarop antwoord Nikodemus hom: “Jy is nou hoëpriester, en jy kan in baie opsigte doen wat jy wil; maar wanneer, soos wat dit nou daar uitsien, die hele volk binnekort van ons afvallig sal word en hulle onder beskerming van die Romeine sal stel, - wat gaan jy dan doen? Al vervloek jy die volk dag en nag aaneen, dan sal hulle net so na jou luister as wat die heidene, Samaritane en Sadduseërs nou na jou luister. Met welke middele wil jy die afvalliges dan weer vir ons en die tempel win, en aan ons kant kry?

[10] Wat het jy met jou hardnekkigheid by die ryk Lasarus bereik en wat het jy daarby gewen? Met al sy vele besittings is hy nou `n Romeinse burger, en jy het geen mag meer oor hom nie! Vroeër het hy elke jaar minstens `n honderd pond goud en vyfhonderd pond silwer aan die tempel betaal, en nou betaal hy aanmerklik minder aan die Romeine, en aan die tempel betaal hy geen stuiwer meer nie. Hy het slegs nog die tiende gegee, maar die sal hy in die toekoms waarskynlik ook nie meer gee nie, omdat hy, vir sover ek weet, ook dit alreeds met die Romeine gereël het. Ja, as gevolg van jou hoëpriesterlike hardnekkigheid, sal vele die voorbeeld van Lasarus volg, dan sal ons onsself baie gou alleen in die tempel bevind!

[11] Kyk, so dink ek daaroor, en daarvan is ek rotsvas oortuig, en in die toekoms sal dit blyk dat ek hier die volle waarheid gespreek het, en dit sou wel die begin kan wees van die vervulling van die tweede treurige en verskriklike teken, wat ons hierdie nag gesien het en wat nie lank op hom sal laat wag nie! Gaan maar so deur, dan sal ons almal ook wel gou met alles klaar wees! - Ek het nou gespreek.”

[12] Dat hierdie woorde nie besonder aangenaam vir die hoëpriester was nie, kan julle goed begryp. Maar hy kon weinig of niks daarteen inbring nie; want ook ander oudstes van die tempel en van Jerusalem was dit met Nikodemus eens.

[13] Maar na `n rukkie sê die hoëpriester tog weer enigsins geprikkel: “Maar nogtans weet ek wat daar gedoen moet word om weer vaste grond onder die voete te kry! Ook die valse profeet uit Galilea moet val, netsoos Johannes geval het, dan sal die volk weer na ons toe kom. Het ek korrek gespreek of nie?”

[14] Vele fariseërs en skrifgeleerdes stem toe met Kajafas in; maar Nikodemus, die ou rabbi en nog enkele oudstes skud die hoof, en die ou rabbi sê: “Ek is, glo ek, die oudste van julle en ek weet wat daar gedurende die laaste tagtig jaar in die tempel en in die hele Judese land alles gebeur het. Reeds gereeld het daar onder die volk, en ook in die tempel self, vrome en van God se Gees vervulde mense opgestaan, wat wys geleer het en ook wys gehandel het. Die baie heerssugtige deel van die tempel het hulle egter altyd met alle middele vervolg en so moontlik ook gedood. Maar vra julleself af, vra alle oudstes van die hele Judese land en slaan dit eers na in ons jaarlikse dagboeke, dan sal julle vind dat die ou aansien van die tempel nooit iets daarby gewen het nie, maar na elkeen van hierdie dade wel veel verloor het, en op so `n manier dat die verlore deel nooit weer herkry was nie!

[15] Waar is al die Samaritane, waar die Sadduseërs, waar sal die hele Galilea maar al te gou wees? Hoeveel van ons mense het Essene geword, hoeveel volledig Griek of Romein! Wie – buiten enkele Griekse kooplui - besoek ons nog uit Tirus en Sidon, wie uit die groot land Kapadocië, uit Sirië en uit die vele stede langs die Eufraat? Kyk, hulle almal het in my jeug selfs nog tot die vaste aanhang van die tempel behoort wat oorlaai was met allerlei offers en skatte, en daardeur baie oormoedig en meedoënloos geword het! Die priesters het die gebod van God oortree “Jy sal nie doodslaan nie!”, en die aanwysbare gevolg daarvan was die totale afval van vele lande en stede.

[16] As julle egter nog verder sal aangaan op die gruwelike manier van julle voorgangers, sal julle - netsoos die tweede teken dit duidelik laat sien het - binnekort ook nog diegene verloor wat tot nou toe tog al los genoeg aan die tempel hang. So dink ek daaroor; maar julle kan doen wat julle wil!”

[17] Hierdie uitstekende toespraak van die rabbi word deur vele met instemming begroet, en die jongeres kon weinig daarteen inbring.

[18] Toe rig Kajafas hom weer tot Nikodemus en vra hom of hy ook die mening van die ou rabbi deel en goedkeur.

[19] Maar Nikodemus sê: “Ek het al gespreek en sê nou nog één keer dat ek in julle raad niks daarvoor of daarteen sal sê nie. Netsoos my ou vriend dit nou gesê het, so is dit ook. Vir my innerlike oortuiging is ek aan geen enkele mens rekenskap verskuldig nie en in die openbaar sal ek van nou af nog weinig sê.

[20] Ek is owerste van die hele stad Jerusalem en deur die keiser geakkrediteer as hoof van alle burgers en ek het in geval van nood ook die Jus gladii (swaardreg) in my hand. Julle kan doen wat julle wil, ek en my vriend verlaat julle nou tot op die Sabbat; wie egter met my en hierdie ou, egte vriend van my op `n verstandige manier wil praat, sal my vind op my eiendom in Emmaus. En nou sal God die Heer alles aanbeveel!”

[21] Met hierdie ernstige woorde verlaat beide die groot raad, hoewel die hoëpriester hulle nog wou teëhou.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205