Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 87

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die here van die tempel gaan op besoek na Nikodemus

87 Nadat Ek dit gesê het, staan alle aanwesiges weer op en gaan saam met My na die hoër deel van die berg. Ook die groep slaweseuns gaan saam; hulle metgeselle bly egter eerder bymekaar en vermaak hulle met die skape, waarvan die oorsprong al bekend is. Toe Ons Onsself egter op die welriekende hoogte bevind en Onsself in goeie orde geïnstalleer het, sien Ons op die weg na Emmaus die afvaardiging van die Hoë Raad loop, wat by die wonderpilaar van die engel bly staan en dit met verbasing van alle kante bekyk, want hulle kon hulle nie voorstel hoe so `n skitterende pilaar daar kon gekom het nie. Dit kos seker `n aantal maande om so `n pilaar daarheen te bring en op te stel, en hulle het hierdie weg nog `n paar dae gelede afgelê en toe was daar van hierdie pilaar nog heeltemal niks te siene gewees nie. Nikodemus sou hulle dit egter wel die beste kon uitlê, omdat die pilaar heeltemal op sy grond gestaan het.

[2] Ek vertel dit vir die aanwesiges, en dit vind elkeen baie grappig, en almal kyk opmerksaam na die fariseërs en die ander aartsjode, wat haas nie by die pilaar weg te slaan was nie.

[3] Toe sê Agricola aan My: “Majesteit en Heer, dit sou nou heeltemal nie so gek wees om van die swart, goddelose afvaardiging te kan hoor watter dom en seker ook slegte menings hulle te berde bring oor die ontstaan en die doel van hierdie pilaar nie.

[4] Ek sê: “Beste vriend, dat hulle menings buitengewoon dom is, kan jy jou ook so - sonder om hulle te hoor - goed voorstel; want hoe sou hulle ooit in staat wees om `n wyse oordeel te vorm oor iets besonders?

[5] Wie `n goeie en ware oordeel oor iets wil vorm, moet in homself goed en waaragtig wees; maar hulle daar, sit vol van alle slegte en verkeerde dinge. Hoe sou daar dan ooit `n goeie oordeel uit hulle mond kom?! Maar om jou te laat sien hoe verskriklik blind en dom die huigelagtige selote oor die pilaar oordeel, sal Ek jou `n paar van die uitgesproke menings laat hoor. Luister dus!

[6] Sien, één sê: “Die duiwel het die pilaar uit die hel omhoog geskuif; want toe hy daaraan voel was hy nog behoorlik warm. - Die pilaar het nou deur die son wat daarop skyn werklik behoorlik warm geword. - Dit sou gebeur het omdat Nikodemus nie in alles met die Hoë Raad instem nie. - Kyk, dit is nou so `n loflike oordeel van één van die tempelgeleerdes! Enkeles van hulle, wat nog `n aantal dom dinge daaraan toevoeg, is dit heeltemal eens daarmee.

[7] Maar daar is één, wat Nikodemus `n bietjie in beskerming neem; wat sê: “Ek wil die moontlikheid dat hierdie pilaar op die wyse ontstaan het, nie dadelik uitsluit nie, maar ek wil die oordeel ook nie as `n reeds uitgemaakte saak sonder meer aanneem nie; want as die duiwel op die grondstuk van elke oudste, wat dit nie in alles volledig met ons eens is nie, netsoos byvoorbeeld Lasarus van Betánië, so `n pilaar uit die hel en die aarde omhoog moes geskuif het, dan sou daar nou wel `n groot aantal van die pilare in die hele Judese land gestaan het.

[8] Maar ek het `n ander mening. Nikodemus was en is nog steeds `n vriend van alles wat hy buitengewoon vind. Alle magiërs word by hom dan ook, waar hulle ook vandaan mag kom, altyd goed ontvang. Ek dink dat `n aantal egte Indiese of Persiese towenaars hom, deur middel van hulle geheime kuns en wetenskap, en gehelp deur die kragte van die elemente - netsoos byvoorbeeld die lug-, water-, aarde-, en vuurgeeste - uit dankbaarheid die monument daar vir hom neergesit het, en daarmee sou hulle aan hom `n groot genot verskaf het. Want vir sulke aartstowenaars sal sulke dinge tog nie onmoontlik wees nie.”

[9] Ook vir hierdie mening is daar aanhangers. Die eerste beoordelaar voeg slegs `n wyse opmerking daaraan toe: “Dit is dan tog wel byna dieselfde; want ons weet immers dat sulke towenaars beslis `n verbond met die hel het en met behulp van die duiwel hulle kunste doen.”

[10] Die tweede beoordelaar sê: “Nou, nou, ons weet immers ook nie waartoe die geeste van elemente alles in staat is nie! Ook in bepaalde kruie moet veel verborge kragte aanwesig wees.”

[11] Ook daarmee is `n aantal dit eens.

[12] Maar nou kom daar `n derde wat sê: “Ook ek is onder bepaalde omstandighede gedeeltelik met julle menings eens, maar vir myself het ek tog nog `n ander opvatting en mening. Die pilaar kan ook van die Romeine afkomstig wees, wat hom hier snags as `n onderskeiding vir Nikodemus neergesit het, omdat hy in die geheim `n baie spesiale vriend van hulle moet wees. Vir die Romeine sal so-iets egter nie onmoontlik wees nie. Waens en ander middele het hulle in groot hoeveelhede, en ook baie sterk mense. As alles voorberei is, kan so `n pilaar ook wel in één nag geplaas word. Dat hierdie pilaar volgens al ons verskillende menings niks goeds vir die tempel beteken het nie, dit staan wel so goed as vas. Maar laat ons daaroor ophou en na Emmaus gaan! Daar sal ons wel iets naders oor die oorsprong en die doel van hierdie pilaar verneem.”

[13] Kyk nou eers hoe die swart geselskap by die pilaar weggaan en meermale na die pilaar omkyk, nou verder na Emmaus wandel, wat elkeen wat `n bietjie skerp oë het, beslis nog baie goed kan sien!

[14] Daar is egter nog `n aantal baie dom en kwaadaardige uitsprake oor die ontstaan en die doel van die pilaar gedoen, maar om dit te vertel sou jammer wees oor die tyd, omdat niemand se siel daarby sou win nie. Ek wil julle nou liewer vooraf iets vertel oor die ontvangs van die Hoë Raad by Nikodemus en wat die afvaardiging daar sal bereik. Vir `n beter begrip sal Ek dit baie in die kort so vertel asof dit al gebeur het. Luister dus!

[15] Nikodemus sien al van ver die afvaardiging na sy woning toe aankom, wat vir hom en `n paar vriende - waaronder ook twee Romeine - beslis nie welkom was nie; maar in die geval is die advies: Wees slim soos die slange en toegewend soos die duiwe!

[16] Die ou rabbi gee as sy mening: “Daar moet iets besonders in die tempel gebeur het, wat hierdie aartsjode en fariseërs beweeg het om hulle vir niks so ver buite die stad te begeef, terwyl hulle tog andersins geen tree versit sonder om baie geld daarvoor te vra nie.”

[17] Daarop sê Nikodemus: “Dit het jy baie goed gesien! Maar in die geval moet ons baie oppas, want dit is die sluuste jakkalse van die tempel. Bly julle hier, dan sal ek, as meester van die huis, hulle met die vriendelikste gesig van die wêreld tegemoet gaan, - want as ek dit nie sou doen nie, sou hulle my dit dadelik as `n groot vergryp teen die aansien van die tempel aanreken!”

[18] Nikodemus gaan nou vinnig die naderby komende manne vriendelik tegemoet en groet hulle volgens die gebruik van die tempel, welke begroeting hulle ook dadelik beantwoord. Wanneer almal nou bymekaar is, vra Ons Nikodemus hulle dadelik waarom hierdie eer hom te beurt geval het.

[19] Die een sê dan dadelik: “Vriend, daaroor kan ons in jou waarlik mooi en skitterende huis makliker praat as hier, want die lang wandeling het ons al aardig vermoei; maar allereers wil ons weet watter gaste jy het.”

[20] Nikodemus sê: “Alleen maar die ou rabbi, Josef van Arimatea en `n paar Romeine, wat hier, netsoos julle weet, my bure is, en wat tydens hierdie geleentheid tog nie oorgeslaan mag word nie. Verder is my familie ook hier om hulle ietwat te herstel van die skrik van die afgelope nag. Dus almal mense wat julle ken!”

[21] `n Fariseër sê: “Wel, as daar verder niemand by jou is nie, dan maak dit nie saak nie; want waar hulle by is, kan ons wel praat, en die twee Romeine kom ons in `n bepaalde opsig selfs baie te pas. Die res sal ons in die huis bespreek.”

[22] Nou gaan hulle die huis binne en word deur Nikodemus met die gebruiklike gasvryheid na die aanwesige geselskap gebring, wat hulle ook baie vriendelik en eerbiedig begroet en verwelkom, en hulle aan tafel ook dadelik die beste plekke gee, - iets wat die fariseërs baie belangrik vind, netsoos julle self ook goed weet. In silwer bekers word hulle nou dadelik die beste wyn aangebied met brood en eiers en sout. Hulle eet en drink daar nou aansienlike, wat ook `n bekende deug van die fariseërs is; want die tempeldienaars hou baie van flink eet- en drinkgelag.

[23] Maar omdat hulle nou die wyn behoorlik aangespreek het, raak hulle tonge los, en een van die fariseërs sê: “Noudat ons heeltemal versterk is, sal ons julle die verskillende redes van ons persoonlike koms hierheen sonder enige terughoudendheid vryuit meedeel, en dan kan jy na beste wete, wil en gewete jou mening daaroor gee.

[24] Toe julle nog voor die middag vanweë enkele meningsverskille die Hoë Raad verlaat het - waartoe julle as oudstes ook die volste reg gehad het; - word daarna nog oor die één en ander beraadslaag, en natuurlik die meeste oor die rusverstoorder uit Nasaret.

[25] Dat die Man groot dinge presteer, bestry niemand van ons nie; ook wat Hy sê is wys en bondig. Maar dit is tog nog altyd sake wat elke begaafde mens by geleentheid kan aanleer. Ons het tog self gereeld genoeg magiërs uit die môreland gesien wat die ongelooflikste wonders kon verrig, wat deur die heidene gereeld selfs vir gode aangesien was, omdat hulle nie wis dat hierdie gode van vlees en bloed hulle toorkunste deur hulle geheime middele tot stand bring nie. Maar die middele laat die towenaars absoluut deur niemand sien en deur niemand noukeurig ondersoek nie. En netsoos dit was en nog is met al dergelike towenaars, so sal dit ook beslis met die Nasarener wees. Wat besonder gevaarlik aan Hom is vir ons Judeërs, is dat Hy alle mense sonder enige skroom openlik sê dat hy die beloofde Messias van die Judeërs is en dat slegs hulle wat in Hom glo die ewige lewe sal hê.

[26] Ons het egter Sy plan deursien en weet baie goed dat hy Hom mettertyd koning van die Judeërs wil maak, wat ons land dan in `n staat van oorlog sou bring; want die magtige Romeine sou dan beslis nie barmhartig met ons omgaan nie. Om dit te voorkom het ons daarom die besluit geneem om die Man met alle middele op te spoor en Hom dan aan die streng oordeel van die Romeine oor te lewer. Mog Hy werklik die Messias wees, dan sal hy as God beslis nie te dood wees nie en dan kan en sal ons ook in Hom glo; word hy egter gedood, dan lê dit tog duidelik voor die hand dat Hy slegs `n towenaar is, wat Hom deur Sy toorkunste `n troon in die Judese land wil besorg.

[27] Maar om hierdie gevaarlike Man gevang te kan kry, moet jy weet waar Hy Hom bevind. Vir die doel het ons na die raadsbyeenkoms dadelik twintig van ons sterkste en sluuste geregsdienaars na Lasarus toe gestuur, wat hom, sover ons weet, in die feesweek altyd op sy Olyfberg bevind. En ons het die geregsdienaars na Lasarus toe gestuur omdat ons te wete gekom het dat hy seker weet waar die towenaar uit Nasaret Homself bevind. Die geregsdienaars sou ons dadelik moes berig gestuur het oor wat hulle deur hulle lis van Lasarus te wete gekom het, en dat hulle dit binne `n uur kan doen. Maar geeneen van die geregsdienaars het tot nou toe teruggekom nie, en daarom het ons na jou toe gekom, omdat ons gedink het dat Lasarus die geregsdienaars miskien na jou toe gestuur het in die mening dat jy as hoof van die burgers van Jerusalem so-iets deur jou vele opsieners die eerste sou weet. Ons sien egter hier dat dit nie so is nie.

[28] Maar noudat ons tog hier is, vra ons self aan jou of jy nie dalk weet waar die Nasarener Hom êrens bevind nie. Want as ons dit weet, dan weet ons al wat ons te doen staan. Die teken in hierdie nag kan Hy baie maklik - moontlik met medewerking van die deurtrapte Essene - tot stand gebring het; want Hy moes met bepaalde Arkadiese spieëls in staat gewees het om sulke dinge te produseer. Ons vermoed dat Hy na die Essene gegaan het. Mog dit die geval wees, dan sou ons natuurlik nie veel aan ons plan hê nie. Vriend Nikodemus, wat kan jy ons hieroor vertel en aanraai?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205