Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

RafaEl maak hom bekend

10 Dadelik daarna roep Lasarus vir RafaEl, volgens die instruksie wat Ek hom al in die groot eetsaal gegee het, en op dieselfde oomblik was hy reeds in die klein eetsaal, - waar die Fariseërs hulle met Lasarus bevind.

[2] Toe RafaEl so skielik voor die Fariseërs staan, verbaas hulle hulleself daaroor, hoe hy so vinnig na die oproep van Lasarus daar kon wees.

[3] Toe RafaEl tot groot verbasing van almal nou daar voor die Fariseërs staan en hulle hom met baie betekenisvolle blikke ondersoekend bekyk, sê die tweede spreker, huiwerend van `n heimlike diep ontsag: “Sê ons, geheimsinnige jongman: is dit inderdaad soos ons vriend Lasarus ons ook daarstraks gesê het?”

[4] RafaEl sê: “Waarom twyfel julle daaraan? Het julle dan nie so flussies self ondervind dat `n mens van my leeftyd onmoontlik my vermoëns kan besit nie? Ja, ek sê julle: Soos Lasarus dit ook vir julle nou, soos gevra is, onthul het, presies so is dit ook! Ek is ook nie `n aardse mens soos julle nie, maar ek is werklik `n bode van die Heer! My Naam is Henog; nou heet ek egter RafaEl omdat ek op hierdie wêreld, toe ek in die oertyd as aardse mens die vlees gedra het, nie die dood van die liggaam ervaar het nie, net so min soos die profeet Elia. Want JaHWeH God het My in één oomblik verander. Maar die barmhartigheid het die Heer nie net aan my bewys nie, maar ook aan ander, wat Hom bo alles liefhet.

[5] Maar julle is steeds vol ongeloof en is dit ook nou des te meer! Maar `n dergelike twyfelsug strek julle nie tot eer nie! Wanneer julle nie vry glo nie, sal geen uiterlike of innerlike mag julle ook daartoe dwing nie; want julle wil moet volledig vry wees, omdat sonder die vrye wil, soos vriend Lasarus dit ook al uitgelê het, julle geen mense nie, maar suiwer stompsinnige diere sou wees, en sal lyk soos die ape in die woude van Afrika.

[6] Ek sê nou vir julle: Wie die verganklikheid van hierdie wêreld en haar niksseggende slegte ampte met hulle beklaenswaardige aansien nou nog meer kan waardeer en liefhê as die Heer, wat nou liggaamlik onder die mense verblyf het, en ons, Sy hemeldienare, met Hom, die is met al sy wêreldse verstand `n groot dwaas en is die Heer nie werd nie, en Sy hulp sal hom nie ten deel val nie. Wie die Heer herken het en Hom nie soek nie, die sal ook nie deur die Heer gesoek word met Sy barmhartigheid nie!”

[7] Die tweede spreker, wat hom nie genoeg aan die mooi gestalte van RafaEl kon verlustig nie, sê: “Ja, ja, jy is werklik `n aartsengel! Ek glo nou alles en nou het die groot verlange in My opgekom om met die baie verhewe Galileër saam te kom, voor Hom neer te kniel en Hom om vergewing te vra vir al die groot sondes, wat ek al op hierdie wêreld begaan het!”

[8] Daarop sê die ander nege Fariseërs en Skrifgeleerdes dit ook.

[9] En RafaEl sê: “Nou goed dan, dan kan julle julleself in die oggend weer na die tempel begewe! As julle ampsgenote, wat nou byna sonder uitsondering boosaardige en duistere liede is, vra wat julle te wete gekom het, dan antwoord julle: “Ons het ywerig gesoek en het nuttige dinge verneem. Maar ons vind dit nodig om die ondersoek vir ons heil nog verder voort te sit om alles wat nodig is, te wete te kom en so goed as moontlik mee te deel. Daarom sal ons ook die ondersoek vandag voortsit en eers weer in die raad verskyn, wanneer ons alles verneem het!”

[10] Wanneer julle dit sal sê, sal hulle julle graag laat gaan. Vervolgens moet julle na Bethanië kom en wees oor niks meer bekommerd nie! Want vir al die ander sal deur my, volgens die almagtige wil van die Heer, goed gesorg word. Sê egter niks oor al die ander wat julle hier gehoor het nie! Doen, soos wat ek dit ook nou aan julle gesê het!”

[11] Daarop verdwyn RafaEl, en ook Lasarus neem afskeid van die tempeldienare.

[12] Die tempeldienare spreek nou nog tot na middernag met mekaar oor wat hulle beleef en gehoor het, en slaap daarby op die goeie russtoele.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205