Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die vlieënde kraanvoëls

101 Op `n afstand van ongeveer duisend treë van die stadjie Bethanië is daar voor ons `n aansienlike heuwel, wat ook aan Lasarus behoort het. Daarheen gaan ons en beklim hom ook weldra met gemak, omdat hy nie te hoog was nie; en aangesien hy heeltemal oop staan, gee hy rondom `n heerlike uitsig, en mens kon daarvandaan ook heeltemal tot op Jerusalem kyk.

[2] Toe ons onsself heeltemal bo-op die heuwel bevind, sien ons in die lug groot vlieënde kraanvoëls uit die noordweste kom, en Lasarus meen dat dit `n seldsame verskynsel was om hierdie voëls so vroeg in die môre te sien voorttrek; want gewoonlik trek hulle eers rondom die middag verby, maar meestal in die namiddag. Dit was volgens hom iets baie besonders, en het iets beteken; want hierdie voëls het `n baie skerp instink en voel al dae vooraf wanneer daar onraad vir hulle dreig in die natuur waar hulle hulleself vanweë hulle lewensonderhoud ophou; dan maak hulle hulleself gereed vir die reis en wanneer hulle leier `n teken gee, vlieg hulle almal tegelyk op en trek na `n ander, veiliger plek. 

[3] Ek sê: “Jy het die aard van hierdie voëls werklik baie goed waargeneem; dit is inderdaad aan hierdie voëls gegee; maar hier gee hulle ook iets anders aan. As julle goed tuis sou wees in die ou leer van die ooreenstemming tussen die geesteswêreld en die sintuiglike wêreld, wat julle nog sal word, dan sou julle die eintlike betekenis van hierdie vlieënde kraanvoëls in die oggend ook heeltemal begryp het; maar nou begryp julle slegs wat julle deur ervaring uit die aard van hierdie voëls afgelei het.

[4] Let nou baie goed op wat hierdie voëls, wat andersins uiters versigtig is, sal doen wanneer hulle presies oor ons heen vlieg!”

[5] Hierop neem ons die vlieënde vlug van hierdie voëls skerp in oënskou, soos wat hulle ons ook in `n baie mooi orde nader. Daar was byna honderd voëls in `n lang ry, en presies sewe vorm die kort hoek ry, wat altyd uit die ou, sterk en in `n sekere sin ervare manlike leiers bestaan.

[6] Toe die vlieënde kraanvoëls bo ons hoofde vlieg, minstens vierhonderd manslengte hoog, bly hulle stil, die ry word opgehef, en die honderd-en-sewe kraanvoëls begin in sirkels te vlieg en daal steeds laer en laer, totdat hulle nouliks sewe manslengte bo ons rondsirkel en ons met hulle, nou nie so welluidende gesang, in `n sekere sin eer betuig. Dit duur `n paar minute en daarna daal die voëls heuwel-afwaarts na die vlakte benede, waar daar `n taamlike groot vywer is waar Lasarus die visse vir sy huis kweek, wat weliswaar slegs van die gewone soort was. In hierdie vywer drink die voëls water, soveel as wat hulle nodig sou hê vir hulle verdere vlieënde vlug. Toe hulle kennelik almal daarvan voorsien was, gee die sewe oudstes die goeie herkenbare teken om op te breek en verhef alle voëls hulle eensklaps in die lug, maar maak vóór hulle definitiewe vertrek nogmaals enkele sirkels om die heuwel heen, waar ons onsself bevind. Daarop vlieg hulle vinnig in sirkels omhoog tot hulle oorspronklike hoogte, vorm dadelik weer die vroeëre opstelling daar en trek toe na die noordooste; eers op taamlike groot afstand wysig hulle hulle noordoostelike vliegrigting in `n suidoostelike, en raak buite ons gesigsveld.

[7] Nou sê Lasarus nogmaals: “Heer en Leraar, wanneer jy dit met die korrekte oplettendheid beskou, is dit `n volmaakte wonder!”

[8] Ek sê: “Hoe sou jy dit verklaar, gewoon so vanuit jou gemoed?”

[9] Lasarus sê: “Heer en Leraar! Suiwer natuurlik bekyk was dit ook slegs in hulle natuurlike gedrag al `n wonder; want hierdie voëls is baie slim en skyn baie goed te weet of sterk te voel dat ons mense, en veral ons Judeërs, nou nie as hulle vriende gereken moet word nie, en dit is daarom ook ongehoord dat hierdie voëls `n aantal mense so vriendelik genader het.

[10] By die Grieke, wat aan hierdie voëls `n soort goddelike verering betuig, moet dit `n enkele keer wel eens gebeur het dat hierdie voëls hulle op `n ewe vriendelike wyse genader het, soos dit ook hier die geval was; maar, soos ook gesê, by ons Judeërs was dit nog nooit die geval gewees nie, tenminste nie vir sover ek weet of gehoor het nie. En daarom beskou ek dit as `n ware wonderwerk! Want hierdie slim voëls het gemerk wie hulle nou hier op hierdie heuwel bevind - naamlik ook hulle Heer en Skepper - en dit het hulle daartoe beweeg om van die baie groot hoogte tot baie naby hierdie heuwel af te daal, om hier, so te sê ooreenkomstig hulle instink en hulle gevoel, hulle Skepper en Heer te begroet en eer te bewys.

[11] My vywer het bowendien ook nog nooit die eer gehad dat kraanvoëls, wat maar net suiwer water drink, met die enigsins troebel water daarvan hulle dors les nie; hulle moes dus goed aangevoel het dat U met U heilige en almagtige wil in stilte die water van die vywer geseën en vir hulle versterk het. Hulle het dit beslis duidelik ervaar, daarom het hulle hulleself na die drink van die water verhef om nogmaals rondom hierdie heuwel te sirkel om U so in `n sekere sin dank te betuig vir die seën van die water, en eers nadat hulle U die dank gebring het, en verhef hulle hulleself jubelend tot hulle voormalige vlieghoogte en sit, aldus deur U versterk, hulle geordende vlieënde vlug verder voort.

[12] Dat hulle hulle vlieënde vlug van hier af nie dadelik in `n suidoostelike rigting voortgesit het nie, kom waarskynlik deur hulle skerp, byna aan ons verstand grensende instink. Want in die rigting sou hulle te naby die Dooie See gekom het, waarvan die verreikende bose uitwaseming hulle maklik skade kon berokken. Daarom neem hulle - baie wys, sou mens kan sê - aanvanklik die noordoostelike rigting, en toe hulle hulleself buite die gevaar bevind, wat hulle naby die slegte see sou bedreig het, slaan hulle eers die rigting in waarlangs hulle sekerlik sonder gevaar die plek van hulle bestemming kon bereik.

[13] En dit is nou volgens my heeltemal natuurlike waarneming en opvatting beslis `n ware wonder in die oë van elke mens wat vanaf sy jeug gewoond was om alle verskynsels in die natuurlike wêreld waar te neem met `n skerper blik en ook met `n wakkerder verstand, as wat die gewone wysgere gewoond is om te doen en feitlik in staat was om te doen. - Het ek waar gespreek, o Heer en Leraar?”

[14] Ek sê: “Ja, ja, My beste vriend en broeder, jy het hierdie saak baie waar en goed opgeneem; want so was dit inderdaad, altans vanuit `n natuurlike standpunt bekyk. Maar daaragter sit nog `n ongelooflike baie diepere wysheid, wat slegs diegene egter kan sien wat sien en voel vanuit sy innerlike gees en die dood van sy materie in soverre oorwin het, wat nog invloed op die siel het en haar angstig maak.  

[15] Maar sodat elkeen van julle, die paar wat hier aanwesig is, dit van tevore, sonder dat die ander daarby was, ook sommige aanwysings daaroor gekry het, wil Ek julle dit gee nog voordat die ander ons sal vind; luister dus na My!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205