Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die geestelike ooreenstemming van die kraanvoëltrek

102 (Die Heer:) “Sien, alles in die natuurlike wêreld, bevind hulle in elk van die drie ryke, en al die nog so onbetekenende verskynsels, is skrif en taal vir die verligte siel van die mens. En so was en is dit deur ons waargeneemde vlieënde kraanvoëls ook. Dat hierdie voëls vir My hier `n bepaalde eer betuig het, is baie seker; maar dit sou onverstandig wees om aan te neem dat hierdie diere My op die een of ander wyse herken het. Die saak lê baie anders en wat vir julle volslae wonderlik voorkom, sal ons terugbring tot iets volkome natuurlik.

[2] Kyk, elke mens is `n wese wat leef in sy gees, in sy siel en in `n natuurlike liggaam en het tewens `n uitwendige lewensatmosfeer (aura) om hom heen, net soos ook elke hemelliggaam dit het, elke afsonderlike klip op sy eie spesifieke wyse, en eweso elke boom en elke gewas ooreenkomstig sy aard en so ook elke dier; want sonder `n dergelike uitwendige lewensatmosfeer sou nóg `n planeet nóg `n klip, nóg enige ander mineraal, nóg `n gewas of `n dierlike lewende wese kan bestaan.

[3] Dat dit so is, kan julle sonder meer aflei uit eie ervaring dat jy byvoorbeeld in `n eikebos ander gevoelens duidelik van jou meester maak as in `n sederbos. `n Ander gevoel bekruip die mens, wanneer hy hom op `n kalkrots bevind; weer `n ander gevoel op `n granietrots, en in `n wingerd het die opmerksame mens `n ander gevoel as in `n tuin met vyebome; en dieselfde veranderlike gevoel het die mens by die nader van verskillende diere en nog sterker by die nader van verskillende mense. `n Baie gevoelige mens ervaar dit reeds op `n aansienlike groot afstand en voel dan, of daar `n goeie of `n slegte mens hom tegemoet kom.

[4] Wel nou, dit ervaar ook alle diere en baie daarvan baie skerper as een of ander materiële en weinig oor die goeie en ware denkende mens.

[5] As die aard van `n mens volkome goed is en hy in sy siel vervul is met die Gees van God, sal sy uitwendige lewensatmosfeer ook steeds sterker tot op groot afstande gaan reik. Wanneer selfs die mees verskeurende diere dan so `n mens nader, raak hy deurdring van sy uitwendige lewensatmosfeer en word hy sagaardiger; hy sal hom baie vriendelik nader en hom geen kwaad aandoen nie, en hy sal hom selfs met sy wil kan gebied, waarop hy hom sal gehoorsaam.

[6] Voorbeelde van die waarheid van wat Ek julle nou, sê tref julle aan by die stamvaders van die aarde, by die aartsvaders en by die profete; en in hierdie tyd het julle dit self dikwels aan My sy ervaar. 

[7] Wel nou, Ek self is beslis die meeste, en julle saam met My ook, en het wel sekerlik die omvangrykste, bo onsself uitreikende uitwendige lewensatmosfeer van baie hoë krag, goedheid en volmaaktheid!

[8] Vir die kraanvoëls wat ons gesien het, wat gedurende die somer in die meer noordelike moerasse en klein mere van Griekenland vertoef het, het nou in die herfs die tyd van hulle trek aangebreek, wat hulle skerp instink hulle aangee. Hierdie kraanvoëls, wat ons uit die nabygeleë moerasse sien kom het, het ons uitwendige lewensatmosfeer ook die eerste en die allermeeste gevoel en het hulle innerlike aandrang gevolg. Toe hulle naby kom, word so `n magtige gevoel van welbehae van hulle meester, dat hulle nie verder vlieg nie, maar tot in ons nabyheid afdaal en hier om ons heen sirkel, en in `n groot geluksaligheid verkeer. Hulle raak as`t ware heeltemal versadig en neem daarom ook water - ten eerste om hulle dors te les en ten tweede om vir hulle verdere vlieënde vlug `n voorraad te hê, aangesien hulle eindpunt van hulle reis in die groot vlakte van Indië lê.

[9] Wat julle dus as wonderbaarlik aan die kraanvoëls waargeneem het, was in feite iets baie natuurlik, wat natuurlik alleen Hy maar kan weet, wat die algehele inrigting van alle skepsele goed ken!

[10] Weliswaar is dit alles ook `n wonderwerk, maar nie so `n wonderwerk waarvan die blinde mensdom dink dat dit `n wonderwerk is nie, naamlik so `n wonderwerk dat `n soort goddelike magie sou wees; maar dit is `n wonderwerk wat vir die mens wat in die gees gewek is, van baie natuurlike aard is.

[11] As daar nou byvoorbeeld oor `n uur nog `n tweede vlieënde kraanvoël vlug sou volg, sal julle presies dieselfde verskynsel meemaak, maar dit ook beter begryp as die eerste keer.

[12] Maar wat se betekenis het so `n kraanvoëlvlug eintlik in die skrif en die taal van die innerlike geestelike ooreenkoms? Wie kan die beeld lees en dit getrou en waar en begryplik onder woorde bring? - Sien, dit is `n heel ander vraag, wat sekerlik moeiliker te beantwoord is, as die verskynsel wat julle as `n suiwer wonderwerk beskou!

[13] Hierdie voëls bewoon slegs skoon moerasse naby mere wat skoon water het; in stinkende en smerige poele sal mens hulle nouliks aantref. Hulle voedsel bestaan uit gesonde en lewende vissies en ook ander skoon wurms uit die meer.

[14] Wel, die skoon water beteken in die geestelike analogie skoon en deur niks meer vertroebelde kennis van die volle waarheid uit die hemele nie.

[15] Hierdie diere stel dus die mens voor, wat voortdurend daarop gerig is om na suiwer kennis te strewe en hulle siel met die lewende skoon vissies (die lewende woord uit God) en skoon wurms (suiwer ervaringskennis vanuit die natuur) te versadig.

[16] As gevolg van die feit dat die diere, waaroor ons dit nou het, hulle dus slegs met die suiwere inlaat, sien ons by hulle `n opvallende intelligensie en orde in alles wat ons van hulle aktiwiteite ken. Waar hulle woon plaas hulle oplettende wagters, wat deur `n bepaalde geluid die hele gemeenskap moet waarsku as daar `n vyand nader, wat deur die geplaaste wagter met sy skerp gevoel onfeilbaar waargeneem word deurdat sy uitwendige lewensatmosfeer ver voor hom uitgaan. So merk hierdie diere dit ook presies as dit die tyd is om te gaan trek; en wanneer hulle hiermee begin, gebeur dit steeds met die grootste versigtigheid en orde, waarvan julle julleself alte dikwels kan oortuig.

[17] Kyk, so sal ook die mens, en uiteindelik `n hele groot gemeenskap, deur sy suiwer kennis alles in die bes moontlike orde plaas, in al sy doen en late die korrekte versigtigheid en wysheid betrag en daarvan bygevolg ook die beste en veiligste resultate vir die hele lewe en vir ewig verkry!

[18] Die reglynige vinnige vlug van die kraanvoëls beteken die vaste en ernstige karakter, om nooit af te wyk van die eenmaal ingesiene waarheid nie; want deur hierdie duidelike baie reguit lyn van die geestelike rigting en weg kom die mens die vinnigste by die vrugbaarste doel vir die lewe.

[19] By die verder vlieg van hierdie voëls het julle heel vooraan die leiers van die hele lang lyn opgemerk. Kyk, ook dit kom voort uit die suiwer kos!

[20] Wanneer die siele van die mense van `n gemeente nou met die suiwer waarheidskos gevoed word, sal hulle ook weldra sonder moeite die mees wyste in hulle midde vind en vir hulle die leiding en die bestuur in hulle hande gee en volledig toevertrou; en hulle bly dan ook hulle leiers en bestuurders solank hulle op hierdie aarde lewe; en as daar één van hulle oorgegaan het, dan word hy spoedig vervang deur een van die waardigste uit die gemeente. Die oorgegaande gees sal ook vanuit die ander kant as `n ware beskermgees waak oor die agtergelate gemeente en sal die saligste gemeenskap en omgang daarmee saam hê en haar onderrigtend beïnvloed, soos ook dit die geval was by die stamvaders, aartsvaders en baie profete. En so sal `n dergelike goeie geordende gemeente hulle ook reeds op hierdie aarde verseker voortdurend in `n ware, hemelse geluksaligheid bevind.

[21] Want slegs die mens wat in die lewe reeds in die volle besit is van die innerlike lewenslig, deurdat hy homself, God en Sy baie liefdevolle en wyse bedoelinge met die mens duidelik insien, en geen dood vir hulle sien nie, maar alleen `n ewige, allersaligste lewe, kan ook reeds hier op aarde op `n baie hemelse manier salig wees. Daarenteen val `n ander mens, wat hom nie in `n dergelike lewensorde bevind nie, van die een twyfel in die ander, maak hom bang met allerlei duistere gedagtes en werp hom, om dit te verjaag en te verdoof, ten slotte in die arms van alle sinlike genietinge, en word so, in plaas van `n kind van die hemel, maar net `n kind van die hel en haar ou oordeel.

[22] Die sewe leiers stel ook die volledige getal van die goeie en ware van die hemele uit God voor, omdat met die volledige getal wat aan julle reeds bekende sewe geeste van God aangegee word, as werksaam en handelend in die korrekte orde. Daarom is ook vir elke gemeente sewe hoofde, in die orde van die sewe geeste uit God, voldoende; wel moet die sewe geeste in elkeen van hulle volledig werksaam wees, maar nogtans moet julle by die leiding van die gemeente één hoofgees verteenwoordig.

[23] So `n gemeente sal dan in die oë van God as `n volmaakte mens wees, soos dit ook in die hemele die geval is, wat uit tallose baie verenigings bestaan en waar elke vereniging in `n sekere sin `n volmaakte mens voorstel. Die verskille tussen die vereniging bestaan alleen daarin dat in tallose verskillende verhoudinge van die meer of minder, die een of die ander gees van God rykliker en sterker verteenwoordig is in elke afsonderlike vereniging.

[24] Uit die aangeduide variasies, wat tussen meer of minder tot in die oneindige gaan, ontstaan ook die eindelose baie en uiteenlopende vorms in die materiële skepping, net soos uit sewe enkelvoudige basiskleure `n eindelose verskeidenheid aan alle moontlike kleure, en uit die sewe enkelvoudige tone in die suiwer musiek `n nimmereindigende verskeidenheid aan melodieë en verruklike harmonieë geskep kan word. 

[25] En soos Ek julle dit ook nou hier in `n kort skets van die natuur en die vlieënde vlug van die kraanvoëls `n ooreenkomstige geestelike en hemelse beeld getoon het, so bestaan daar ook `n ooreenstemmende beeld van alles wat hierdie aarde julle laat sien, laat hoor, laat ruik, laat proe en laat voel! Maar nie die liggaam nie, nóg julle angstige siel nie, maar slegs die lewende en ewige gees uit God in die hart van julle siel kan julle die sleutel daarvoor gee; streef daarom na die wedergeboorte van julle gees in julle siel, dan sal die hele skepping met al haar tallose baie verskynsels soos `n groot oopgeslane boek voor julle wees, waarin julle die grondslag van die goddelike Liefde, Wysheid en Mag baie goed sal kan sien en baie duidelik kan begryp! - Het julle dit nou goed verstaan?”

[26] Almal sê: “Ja, Heer, groot God en Majesteit van die ewigheid, want hierdie keer het U weer eens baie helder en openlik gespreek! Wie in U skool nie goed, verlig en wys word nie, die sal dit seker ook nooit êrens anders word nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205