Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die gelykenis van die hongerige reisiger

104 (Die Heer:) “Daar was `n man, wat in die nag onderweg erg honger begin kry het. Voor middernag kom hy in `n dorp. Daar was `n huis, wat soos `n herberg gelyk het, maar elkeen in die huis het al geslaap. Maar die reisiger begin aan die huis se deur en ook op die vensters te klop, en omdat hy langdurig klop, word die Heer van die herberg wakker, kom na die venster en vra met wrewelige stem aan die laat reisiger wat daar aan die gang was dat hy op so `n laat nagtelike uur so onbeskaamd op deure en vensters klop. 

[2] Die reisiger sê: “O meester, ek kom van ver en het die hele dag niks te ete en drinke gehad nie omdat daar langs die weg deur die woestyn geen huis en geen herberg te vinde was nie; daarom vra ek u om u oor My te ontferm en My ietwat brood te gee, sodat ek my kan versadig en versterk, anders versmag ek!”

[3] Toe sê die meester van die herberg: “Hoe het jy dit in jou kop gekry om op so `n laat uur in die nag brood van My te verlang! Wag maar tot dit dag word!” 

[4] Maar die reisiger laat hom nie met die antwoord afskeep nie, maar vra die herbergier nog baie meer en baie dringender vir brood.

[5] Toe gee die herbergier tog maar toe - en al gee hy die gevraagde brood so gesê nie uit erbarming vir die reisiger nie, hy gee dit tog vir hom vanweë die onbeskaamde versoek so laat in die nag.

[6] Kyk, uit die beeld kan julle uitmaak hoe `n mens, wat sy hele aardse lewensdag langs die verlate weg deur die woestyn van die wêreldse dwaaltogte sekerlik geen brood vir die lewe van sy siel kon vind en kry nie, so in die diep lewensnag beland het en ten slotte, omdat hy tog verder gaan op die weg, in die nag tog nog by `n herberg kom, waarvan hy tenminste oortuig was dat hy `n brood van die lewe daarbinne sou vind!

[7] Toe begin hy dan ook te klop en te vra, en aan die einde van sy tyd val dit hom tog nog ten deel, wat hy in die woestyn van die wêreld vir `n lang tyd tevergeefs gesoek het.

[8] En sien, dit wil dus sê: in hierdie dae en nog meer in die komende duister tye, moet hulle die ryk van God met geweld na hulle toe trek; want wie sal soek, sal ook vind, as hy op die verlate weg nie bly stilstaan nie. Vir die een wat aan die deur sal klop, al is dit ook in die nag, sal tog oopgemaak word, en aan wie met volharding sal vra, sal ook gegee word waarvoor hy gevra het! - Het julle die beeld nou goed begryp?”

[9] Agricola sê: “Heer en Leraar, ons het die beeld goed begryp, maar soos ek dit ook begryp het, is dit nie baie vertroostend nie, soos ons ook dit goed uit U baie ander lesse en woorde ontvang het. Dit is wel waar dat vir die bereik van `n groot seëning ook vooraf groot offers en inspanning nodig is; maar as `n mens na my mening `n volkome ernstige en vaste wil het om volledig volgens U leer te lewe - wat ek vir sover ek kan beoordeel, nie as besonder moeilik en buitengewoon inspannend beskou nie, aangesien U immers Self gesê het dat U juk sag en U las lig is - dan moet ek nou eerlik beken dat ek uit hierdie woorde, waarvolgens `n mens die ryk van God in hierdie dae en ook in `n toekomstige, woeste tye slegs met geweld en inspanning na hulle toe kan trek, die vertroostende van die sagte juk en die ligte las nie kan ontdek nie.

[10] Maar ek vind wel in hierdie woorde van U dat die verbreiding van U leer, hoe buitengewoon goddelik waar dit ookal is, `n baie en hewige stryd en selfs die bloedigste oorloë daarmee sal saambring! Want as op hierdie aarde, ter wille van die instandhouding en die uiteindelike korrekte vorming van die vrye wil, wat baie duiwels en die slegs weinige egte engelmense `n gelyke reg tot handeling het, wat deur niks anders as deur streng staatswette enigsins ingeperk sal word nie, dan is daar vir die verkryging van die ryk van God inderdaad baie geweld nodig; maar met die sagte juk en die ligte las, Heer en Leraar, is dit dan maar yl gestel!

[11] So is dit my opvatting, en ek is van mening dat ek ook nie heeltemal ongelyk sal hê nie. Maar tog vra Ek U om ons nog ietwat van naderby toe te lig hoe mens eintlik die ryk van God met geweld moet aangryp om dit na hulle toe te trek! Want ek sou U sagte juk en die ligte las en die geweld `n bietjie nader bymekaar wil hê.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205