Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 105

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Wat “die hemelryk geweld aandoen” beteken: 

105 Ek sê: “Vriend, wie van ernstige wil is, is elke inspanning en arbeid `n sagte juk en `n ligte las; maar wanneer julle by `n ernstige werk sku is vir die moeite, dan sal julle daarmee nie soos wat dit hoort, die gewenste doel bereik nie, en die regte moeite en kraginspanning is nou die geweld, wat elke mens die ryk van God sal moet aandoen, om dit volkome sy eie te maak!

[2] Kyk, julle self doen die ryk van God `n werklike groot geweld aan; maar omdat julle dit in volle erns julle eie wil maak, spaar julle ook geen moeite en geen offer nie, en My juk kom julle dan ook baie sag voor en die opgelegde las deur My is baie lig en gering. Bedink maar net eers dat julle uit liefde vir My, die baie jonges met julle saamneem na Rome en hulle daar in My Naam ook uitstekend sal versorg! Maar behalwe hulle, neem julle ook nog die arm gesin uit Emmaus, die gesin van Helias en verskeie bekeerde tempeldienare met hulle vroue en kinders ook saam met julle en sal ook vir hulle sorg, - en kyk, dit is `n baie groot geweld, wat julle as heidene die ware ryk van God sal aandoen om dit volkome na julle toe te trek, en julle sal dit nog `n groter geweld aandoen, omdat julle volle geloof in My, julle liefde vir My en julle vaste en geheel en al goeie wil julle sal noodsaak om nog meer te doen as wat julle tot nou toe gedoen het! En tog sal dat alles slegs `n sagte juk en `n ligte las vir julle wees, omdat julle dit self so graag en in volle erns wil doen.

[3] Wanneer julle dit nou so met die blik van die regte verstand bekyk en beoordeel, vriend, sal julle goed insien dat die sagte juk, die ligte las en die geweld wat die ryk van God aangedoen sal moet word op een en dieselfde neerkom. 

[4] Maar as julle nou byvoorbeeld na ons tempeldienare kyk en daarnaas na baie wêreldse mense, vra jouself dan eers af of vir hulle dit wat julle nou baie maklik doen om die ryk van God te wen, nie so `n enorme geweldsinspanning vir hulle sou wees dat hulle daar as`t ware die berge op aarde wel saam sou kon versit nie! En wanneer hulle, wat dit sou kon doen, die ryk van God nie `n dergelike geweld sal aandoen soos ook julle dit al met baie vreugde gedoen het nie, sal hulle dit ook werklik nie verkry nie!

[5] En soos dit ook nou in hierdie dae en in hierdie tyd is, so sal dit by die wêreldse mens ook in die komende tye die geval wees; want op hierdie aarde sal dit nooit heeltemal ontbreek aan wêreldsugtige mense nie, en hulle sal my juk nie sien en My las nie lig vind nie. En as hulle in hulle laaste dae miskien tog nog van plan is om in die lang nag van hulle aardse lewe die ryk van God te verwerf, sal hulle ook op die deure moet gaan klop, om slegs `n klein bietjie brood vir die lewensversadiging van hulle siel slegs uit die onderste hemele te verkry.

[6] Daarom sal hy wat ter wille van My baie doen en baie daadwerklike offers bring, ook baie van die ryk van God ontvang; maar wie net soos die nagtelike reisiger aan die einde van sy reis deur hierdie wêreld ernstig op My deur sal begin te klop en te vra, sal weliswaar ook nie verstoot word nie, maar hy sal slegs min ontvang, omdat hy ook maar min moeite gedoen het om die ryk van God te verwerf en dit eers begin soek het toe die uiterste nood hom daartoe gedwing het.

[7] Dat `n dergelike mens die ryk van God maar baie weinig geweld aangedoen het, is maklik te begryp en daarom is dit ook maklik te begryp dat so `n mens geen groot aandeel van die ryk van God kan verwag nie! Want met dieselfde maat as waarmee iemand hier meet, sal ten aansien van hom ook in die ryk van God gemeet word.

[8] Wie dus die ryk van God `n groot geweld aangedoen het om dit te wen, sal ook reeds hier op aarde groot mag en heerskappy kry; maar wie die ryk van God maar weinig geweld aangedoen het, om dit te wen, sal ook baie weinig mag en heerskappy kry en sal aan die ander kant ewig nooit dit bereik van die wat in My oë reeds hier op hierdie aarde groot en magtig geword het nie. - Het jy, My vriend, dit nou goed begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205