Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die lewe aan die ander kant

106 Agricola sê: “Ja, Heer en Leraar, nou het alles vir My inderdaad duidelik geword, en ons dank U almal uit die diepste van ons hart vir hierdie les, wat U ons so liefdevol en barmhartig gegee het!”

[2] Toe die Romein hierdie dank uitgespreek het, begin dit in die ooste al goudagtig lig te word, en die natuur kom volop tot lewe. Die voëls begin elkeen op hulle eie wysie hulle lied aan te hef, die fris oggendwind begin kragtiger te waai en die mooi wateroppervlakte van die nie onaansienlike vywer begin op en af te golf, asof hy genot put uit die liefkosing van die oggendwind. So kom ook die gras tot lewe en die oggendwind waai ook die blou en newelagtige rook uit die skoorsteen van die huise uiteen tot allerlei besondere vorms en draaiinge in die lug, en so lewer dit `n egte mooi en opgewekte, lewendige oggendtafereel op.

[3] Toe ons die ooggendtafereel almal met baie genoeë en blydskap `n tydlank bekyk het en dit steeds ligter en ligter word, kom daar `n groot groep tortelduiwe uit die ooste aangevlieg, wat ook rondom die vywer neerstryk en water drink.

[4] Dit beval die Romeine en ons Markus dink en sê: “Heer en Leraar, kyk, as daar rondom hierdie tyd groot groepe van die soort voëls uit die ooste kom, sou dit vir ons dalk seker nie onbekwame wiggelaars `n vroeë winter, hoewel van korte duur, aandui; maar in die maand Januarie sou daar dan al `n bestendige voorjaar kom. Wel, dit het al verskeie kere waar geblyk en veel meer as die teendeel; maar U, as Heer van die gehele natuur, sal ons beslis iets beter daaroor kan sê, en dit sou ook goed vir ons wees, sodat ons tuis op grond van ware kennis menige misvatting kan bestry en alleen die suiwer waarheid in die plek daarvoor kan stel. - Wat vind U van dit wat ek U oor die betekenis van hierdie voëlvlug aangegee het?” 

[5] Ek sê: “Daaraan, vriend, sal ons nie baie woorde verspil nie! Al dergelike aanduidings van tekens is weliswaar van ou ervaringe afgelei, en so hier en daar kan nog wel iets waarskynlik daaraan kleef; maar reeds by die Grieke en in die besonder by julle Romeine is julle deur allerlei fantastiese toevoegings al dermate misvorm dat daar nou byna geen woord meer daarvan waar is nie.

[6] Maar hier beteken die vlug van die tortelduiwe niks anders as dat die duiwe in die oggende gewoonlik met groot swerms tegelyk na hierdie vywer vlieg om daar water te drink, sodat hulle dan meer krag kan kry om rond te vlieg; want sonder water sou geen voël uiteindelik meer kan vlieg nie.

[7] Maar waarom elke voël water nodig het om te vlieg, kan julle nou nog lank nie verstaan nie; maar die mens in die komende tye sal geleidelik aan ook agter sulke geheime kom. Kyk, nou het hierdie voëls hulle dors geles en verhef hulle hulleself en vlieg meestal weer na waar hulle vandaan gekom het! Laat hulle maar vlieg!”

[8] Toe Markus dit van My gehoor het, vra hy nie meer na die betekenis van tekens nie en kyk weer welgemoed na die taferele van die mooi oggend.

[9] Toe ons almal so baie opgewek die mooi oggendtafereel bekyk, wat nog aan lewendigheid wen, deurdat die herders hulle diere na die weidingsplekke dryf en ander mense na hulle werk op die velde gaan, begin daar aan die horison `n aantal sogenaamde skaapwolkies hulleself te vorm, skerp verlig deur die lig van die son, wat al byna opgekom het, wat `n buitengewone mooi skouspel oplewer.

[10] Toe sê die Romein Markus: “Heer en Leraar, werklik, hierdie oggend is so mooi dat ek My nie kan herinner om ooit `n mooier een te gesien het nie! Mens sou byna wel kan sê: In U egte hemele kan dit ook nie mooier en heerliker daaruit sien nie!”

[11] Ek sê: “O My vriend, jy is nou wel baie bly en entoesiasties in jou siel en maak `n vergelyking met die ware, ewige hemel, deur dit met hierdie verganklike oggendprag gelyk te stel; en dit is jou wel te vergewe, omdat jy jou nie op hierdie aarde die allerminste `n voorstelling kan maak van die eindelose, onverganklike skoonheid en heerlikheid van God se hemele nie! As Ek jou nou vir maar één oomblik in die gees daarin sou verplaas, sou jy nie meer op hierdie aarde kan lewe nie, want die onbeskryflike groot skoonheid van die hemele, die lig, die vriendelikheid en die hoogste gevoel van welbehae van die lewe sou jou vlees in één oomblik vernietig en die sintuie van jou siel dermate verswak en verdoof dat jyself sou neerval en `n lang tyd as`t ware dood en volkome bewusteloos sou bly lê. Ek sou jou dan die herinnering aan wat jy gesien en ervaar het, volledig moet ontneem, anders sou `n bestaan as dan ook buite die hemele absoluut nie meer moontlik wees nie. Maar daarom moet elke siel ook stap vir stap gelei en gestuur word en moet sy suiwerder en suiwerder word as die suiwerste goud, sodat sy dan in staat kan wees om die eindelose vreugde van God se hemele binne te gaan. 

[12] Kyk, die lig van die aardse son is ten opsigte van die lig van die hemele werklik soos `n totale duisternis en tog kan jy nie met die oë van jou liggaam reg daarin kyk nie; as jy dit maar `n halfuur sou doen, sou jy blind word. Wat sou jou oog, wat nie gewoond is om in die hoogste lig te kyk en nie daarvoor ingerig is nie, dan doen by die aanblik van die hoogste en magtigste lig, as dit deur My toegelaat sou word om dit waar te neem?

[13] Daarom, My beste vriend, is jou vreugdevolle opwinding by die aanskoue van hierdie mooi en heldere môre wel baie goed en iemand wat op dieselfde manier voel soos jy, het beslis `n goeie hart en is oor die algemeen reeds as beter en edeler te beskou – maar om te dink dat die hemele van God nouliks iets heerlikers aan te bied het as hierdie heerlike oggend, dit sou `n groot vergissing wees! Maar verder is Ek baie tevrede met hoe jy dit aanvoel.”

[14] Daarop sê Markus: “Heer en Leraar, toe ons die eerste dae na ons aankoms op die Olyfberg by U was, het U ons gedurende enkele oomblikke die skare van tallose baie engele laat sien, wat in `n soort verligtende lug gesweef en deurmekaar beweeg en van U getuig het. Was dit nog nie die eintlike hemel nie?” 

[15] Ek sê: “O ja, vriend! - Maar net so gehul en bedek soos wat die aartsengel RafaEl hom aan julle vertoon het. As julle hom in sy suiwer hemelse glorie en skoonheid sou aanskou het, sou dit julle liggaam oombliklik dood en julle siel vir `n lang tyd verdoof gewees het. Daarom is sy innerlike wese met `n soort liggaamlike kleed omhul, sodat diegene met wie hy in My Naam omgaan en spreek sy persoonlike aanwesigheid kan verdra. Daarom het Ek julle ook gesê dat geen menslike oog ooit aanskou het, geen oor gehoor en geen menslike sintuig ooit gevoel het, wat se vreugde en saligheid God in die hemele berei het vir diegene wat Hom bo alles waaragtig liefhet nie.

[16] Kyk, omdat julle liggaamlik baie naby My is en ook geestelik, deur julle geloof in My en deur julle liefde vir My, bevind julle julleself nou almal weliswaar in die allerhoogste en mees volmaakte hemel, maar van die aanblik daarvan mag julle tog niks gewaar word nie, omdat `n dergelike gewaarwording julle liggame sou dood solank julle nog nie geheel en al in die gees wedergebore is nie! Maar wanneer julle geheel en al in die gees wedergebore sal wees, sal julle ook die aanblik van die hemel begin waar te neem, wat uit julle gees sal voortkom soos ook `n boom uit die kiem van `n saadkorrel begin te waarneem. - Maar nou sal ons son dadelik bo die horison oprys en ons sal dan ook baie oplettend daarna kyk!”

[17] Toe Ek die gesprek oor die aanblik van die hemel beëindig het, styg die son ook in volle majesteit op bo die verre horison, terwyl hy reeds `n halfuur vooraf die hoë toppe van die berge met sy strale vergul het. Ons kyk solank rustig na die pragtige sonsopkoms tot die hele son bo die horison staan en sy strale ook die dale begin te verlig.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205